Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Pieter W Grobbelaar se Kinders van konings van hoogstaande gehalte
2009-09-11 "Pieter W Grobbelaar kon die talle publikasies agter sy naam bereik deur werksywer, deursettingsvermoë en ’n ongeëwenaarde toewyding aan die Afrikaanse volkswoordkuns."Bettina Wyngaard se Troos vir die gebrokenes ’n welkome bydrae tot die Afrikaanse prosa
2009-09-09 Troos vir die gebrokenes het my sonder meer laat dink aan Dido se roman Rugdraai en stilbly.Thula-thula is ontstellend, maar eenvoudig ’n moet
2009-09-03 Hierdie roman is een wat net geskryf móés word. Thula-thula lewer ’n belangrike bydrae tot die oopskryf van ’n ernstige sosiale kwessie wat soveel lewens verwoes: kindermolestering.Von Wielligh se Versamelde Boesmanstories: ’n uiters welkome publikasie
2009-08-13 So pas het daar 'n welkome heruitgawe verskyn van GR von Wielligh se Versamelde Boesmanstories (Deel 1). Von Wielligh het oorspronklik sy Boesmanstories in vier dele uitgegee; wat nou verskyn het, is 'n heruitgawe van die eerste twee van die ...Teenstrydige gesigte van 'n nukkerige voetsoldaat - IL de Villiers se Strooidak en toring
2009-08-05"By publikasies van hierdie aard resenseer mens die publikasie én die outeur se lewe. Dit kan nie anders nie met ’n boek waarvan die uitgangspunt is: Só is ek, take it or leave it."
Dié heer protesteer te veel oor sy skrywersblok
2009-07-22 In die onderhoud wat hy met homself gevoer het op LitNet (2 Julie 2009), merk Jaco Fouché op dat hy oor “randfigure” skryf en versot is op “die underdog”. Wat betref die titel van die bundel onder bespreking, merk hy in die onderhoud op: "Dit maak my raadop om ...Je moet het verhaal wel zelf maken: Coetzees roman Zomertijd voer voor collegezaal
2009-07-20 Een roman van Coetzee is een feest om te lezen. Alles klopt. Ook de nieuwe roman Zomertijd (Summertime) is zo'n boek waarin alles met alles samenhangt en waar ieder zijn eigen verhaal uit haalt. Coetzee situeert het verhaal na de dood van ...Die man wat riviere aan die vloei skryf – Chris Barnard word 70
2009-07-15"'n Beskeie mens wat weinig het om beskeie oor te wees. Want hy is een van die mees bekroonde skrywers in Afrikaans, met 'n stuk of agtien bekronings vir bykans al die genres wat hy beoefen, in 'n stuk of dertig boeke, van romans tot kortverhale tot jeugromans tot dramas vir die verhoog, die radio, televisie en vir film."
