Nuwe vrystelling: Jesus is die EEN!

  • 0

Jesus is die EEN!: Verloor ons nie die evangelie in die Emerging Church nie?
Johan Janse van Rensburg
Uitgewer: Christian Media
ISBN: 9781920460266 
Prys: R129.95
 

Klik hier en koop Jesus is die EEN! nou van Kalahari.net!


Die “Emerging Church” is die gonswoord in die teologiese wêreld vandag.
Die kerk moet – volgens die voorstanders van hierdie rigting – die evangeliese boodskap van die Bybel so aanpas dat dit in die behoeftes van die postmoderne mens voorsien. Die skrywer tree nugter en tog ferm met denkers uit hierdie oord in gesprek. Hy vind sy uitgangspunt in die waarhede van die Bybel, toets daarna die sienswyses van die emergent-skrywers hieraan en vra eindelik wat ons in die lig van die Skrif moet doen om die mens van die derde millennium in die kerk van Jesus Christus sy regmatige plek te laat inneem. Vir elkeen wat by vandag se gesprek oor die boodskap van die Bybel wil bybly – teoloë en belangstellende lidmate – is hierdie boek ’n moet.

Prof Johan Janse van Rensburg is emeritus-professor van die Universiteit van die Vrystaat, waar hy hoof van die departement Praktiese Teologie was. Hy is steeds as navorser verbonde aan die Fakulteit Teologie van die UV en is ook buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit. Hy is ’n akademies-gegradeerde van die Nasionale Navorsingsfonds en doen tans navorsing oor armoede. Meer as 50 wetenskaplike en semi-wetenskaplike artikels het in tydskrifte, koerante en geakkrediteerde wetenskaplike tydskrifte verskyn. Benewens drie proefskrifte het agt boeke ook uit sy pen die lig gesien. Hy is tans ook tentmaker-leraar by die Dutch Reformed Church Andrew Murray Bloemfontein) en ondervoorsitter van die moderamen van die NG Kerk in die Vrystaat.

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top