Nuut by LAPA Uitgewers

  • 1


Nuut by LAPA Uitgewers dié November:

Die geheime kamer, Die soenoffer, Katriena, vertel!, Donker plekke, Die siener

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!

ISBN:
9780799352085

Prys:

R179,95

Klik en koop

Die geheime kamer
Skrywer:
Corlia Fourie

In die kloue van ’n psigopaat – ’n meesleurende spanningsverhaal

Sandra du Toit, ’n joernalis, word op die 31ste Augustus ontvoer en in die “geheime kamer” van ’n huis by die see opgesluit. Haar ontvoerder is Gert Cloete, ’n man wat ’n obsessie ontwikkel het met die Mona Lisa en die Maagd Maria. Gert is ’n man met vreemde dryfvere. Hy luister na klassieke musiek, leef in ’n superskoon huis. Hy glo dat hy die bose wêreld sal verander deur sy verering van ’n maagdelike godin, die jong vrou wat hy ontvoer het, en haar uiteindelike offerdood op die eerste dag van die lente.

Die polisie het feitlik geen leidrade nie, behalwe dat drie meisies, moontlik almal maagde, op 31 Augustus ontvoer is, en dat hulle dieselfde lyk ...

Die geheime kamer is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

ISBN:
9780799352061

Prys:

R174,95

Klik en koop

Die soenoffer
Skrywer:
Isa Konrad

Die storie van ’n negejarige reeksmoordenaar

’n Joernalis, Wessel Janke, laat hom vir geld ompraat om ’n reeks onderhoude te voer met ’n vrou wat op negejarige ouderdom vir die eerste keer moord gepleeg het. Op tien was sy ’n reeksmoordenaar in wording.

Hy verwag om ’n monster te leer ken, maar Isobel Swart is ’n doodgewone vrou, self nou ’n ma, en sy is op soek na die waarheid. Hoekom het sy gedoen wat sy gedoen het? Sy wil hê mense moet verstaan. Sy wil self probeer verstaan. En sy wil hê hý moet verstaan. Wessel is ook iemand sonder ’n verlede, sonder ’n identiteit en hoe meer hulle oor haar verlede praat, hoe meer raak hy deel daarvan. Haar waarheid word sy waarheid, en dis hier waar nagmerries duisend dode sterf.

Die soenoffer is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

ISBN:
9780799351699

Prys:
R168,95
 

Klik en koop

Katriena, vertel!
Skrywer:
Riana Scheepers

Nóg meer kwinkslae en stories

Die char van die halwe huis in Tamboerskloof – is terug!

Katriena, vertel! bevat ’n keur uit die drie Katriena-bundels mét die bonus van ’n handvol splinternuwe verhale. Met Katriena het Riana Scheepers ’n onvergeetlike karakter geskep wat almal in Suid-Afrika laat lag het – vir onsself!

Katriena het ’n ruim hart vol deernis met die wêreld: vir bergies en weduvroue en vroue wat alleen die wêreld moet aandurf, maar veral vir die mêrrem van die halwe huis en haar twee onhebbelike seunskinders. Met haar onblusbare vermoë om stories te vertel, pluk Katriena die lewe se skeefkante reg; of dit nou is om te vertel van die man wat ’n Namakwalandse plaas onder ‘n skuilnaam geërf het, of van die genade wat uit ’n leivoor kan kom, of van die vrou wie se geraamte so diep in haar lyf sit ...

Katriena, vertel! is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

ISBN:
9780799352078

Prys: 
R174,95

Klik en koop

Donker plekke
Skrywer: François Bloemhof

Misdaad-kortverhale uit die pen van gesoute skrywers

Skop, skiet, spanning en aksie – saamgevat in ’n versameling misdaad-kortverhale deur die beste skrywers in dié genre in Suid-Afrika. Stories en skrywers sluit in:

  • Die perfekte moord Deon Meyer
  • Onttrekking Riana Mouton
  • Nagvlug Chris Barnard
  • Die man met die jesus-gesig Chanette Paul
  • Die ontmoeting Margie Orford
  • My naam is Bart Leon van Nierop
  • Stemme Jaco Jacobs
  • Vir die rotte Fanie Viljoen
  • Hierdie donker veld Tom Dreyer
  • Die vloed Karin Brynard
  • Wegkruipertjie François Bloemhof

Donker plekke is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

ISBN:
9780799350999

Prys:
R363,95

 

Klik en koop

Die siener
Skrywer: Niklaas van Rensburg

Siener van Rensburg
Suid-Afrika se Christelike mistikus

Niklaas van Rensburg, die Siener, fassineer die Afrikanergemeenskap vir reeds meer as ’n eeu. Hierdie swygsame, halfdroewe man met die oë wat so ver kon sien, was  met die gawe van profesie, maar ook met ’n wonderlike liefde vir sy naaste en vir sy volk geseën.

Professor Andries Raath het ’n omvattende studie van dié profeet gemaak, vanaf die Siener se voorgeslagte tot met sy dood. Hy plaas die Siener teen die agtergrond van sy gesinslewe, sy godsdienstige omgewing, die pioniersgemeenskap in die Wes-Transvaal waarbinne hy geleef het, die veldslae tydens die Anglo-Boereoorlog en die epiese tog na Suidwes in die Rebellie van 1914–15, sy verbintenis met generaal De la Rey, dié se dood en die Siener se beproewende gevangenskap ná die Rebellie.

Die Siener se visioene word in besonderhede weergegee, asook die tyd en die omstandighede waaronder hy dit ontvang het. Die ryk oes aan fotomateriaal – waarvan sommige nog nooit gepubliseer is nie –  maak van hierdie boek die volledigste wat daar nóg oor die Siener verskyn het en bied ’n insiggewende beeld van ’n merkwaardige mens wat ’n groot invloed op sy tydgenote en nakomelinge uitgeoefen het.

Die Siener: Niklaas van Rensburg is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA  Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

  • 1

Kommentaar

  • Goeiedag,

    Ek doen graag navraag na die boek-reeks "Katrina vertel" deur Riana Scheepers. Is dit per dalks beskikbaar in 'n luisterweergawe, met June van Mersch as die verteler/voorleser? En wat sou die prys wees?

    Baie dankie by voorbaat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top