Malene Breytenbach2009-06-24Soos die titel van die boek aandui, kom Klara ook uiteindelik op die punt waar sy die geluk wat haar ontwyk het, kan aangryp.
Cari Coetzee2009-06-09Die ses-en-twintigjarige Maxermanus ly aan obsessief-kompulsiewe steuring en is by Strubenshof Privaat Hospitaal aangestel as portier. Ná die dood van sy pa, presies sewe jaar na sy ma se afsterwe, het Max neuroties oor vuilheid geword en al meer sy hande begin was
LitNet2009-06-05Wat 'n plesier - ons het boekeblaaie in Huisgenoot!Soveel nuwe boeke verskyn elke jaar dat selfs mense wat dan en wan by 'n groot stadsboekwinkel gaan inloer, nie meer kan tred hou nie. Daarom maak ons in die tweede Huisgenoot van elke maand ...
Marius Crous2009-06-03De Lange se bundel word in agt afdelings verdeel: Hiermaals; Bedrieglike paradyse; Naspele & voortvlugte; Ars poetica; Die handgrepe van hartstog; Die meervoud van verdriet; Wat sag is; Memento mori.
Herman Wiid2009-06-02Met storieprospekteerder Irma Joubert se verbeelding skort daar niks. Haar jongste fiktiewe skat, Verbode Drif, straal die kontrasterende ideologiese wêrelde van Afrikaners en Jode uit, verweef taal en godsdiens vernuftig, en wys dat ’n onwrikbare geloof in liefde enige probleem die hoof kán bied.
2009-06-02Die bui is moerig, beangs en verward. Vianne gaan deur ’n krisis, hoofsaaklik weens haar frustrasie veroorsaak deur die onvermoë om haar senutoestand en fragiele geestesgesondheid te verstaan.
Daniel Hugo2009-05-27Digterlike en filosofiese strewe gee aan die bundel ’n Zen-kwaliteit: deur hunkering, verlange en pogings om teengesteldes te versoen bereik die soekende, swerwende digter ten slotte ’n aanvaarding van die absolute stilte.
Joan Hambidge2009-05-13Daniel Hugo beklee ? uitsonderlike posisie binne die Afrikaanse digkuns. Hy het veral die vernufsvers ontgin en besondere hoogtes bereik met die limeriek, die speelse vers en slim toespeling.