Carina Stander se debuutroman Wildvreemd word bekendgestel

  • 0

Carina Stander se debuutroman, Wildvreemd, is by Lanzerac bekendgestel. Naomi Meyer was daar, en Herman Stadler (ouditeur, vriend van Carina en gas by die geleentheid) het ook ingespring en heelwat foto’s geneem.

Lanzerac skakel die ligte vir die aankomelinge aan.
Bradley, Davion en Portia bedien die dorstige gaste.
“Moenie hare trek nie, Ilan,” sê Gerrit, Carina se man, vir eregas Ilan, hul tien maande oue seuntjie.
Een nag het sy van haar karakters gedroom, vertel Carina. En plotseling was dit “demokraties” – elkeen het ’n eie stem gekry.
Sy het die storie vyftien jaar gelede begin skryf en alles het by die stom vrou begin.

Gaste op ’n ry aan ’t luister

Hettie Scholtz se kommentaar op haar skryfwerk was ’n inspirasie en motivering.

Willie en Annelie het die geleentheid bygewoon.

... asook Chantelle en Gary
Jani, Ingrid en Annelize is vriende met Carina en kinders.

Kobus en Laetitia Prinsloo

Daar was ’n vlammende verrassing tussen die boekbekendstelling en die kunsopening.
Flambojant!
Chris Chameleon het ook sy boek by Carina kom kry.
Marieke Prinsloo Rowe, self onlangs in die nuus met haar promenade-standbeelde in Kaapstad, open Carina se kunsuitstalling.

’n Selfportret? Gaste staan rondom Stander se skildery en luister hoe Rowe praat.

Foto's: Naomi Meyer en Herman Stadler

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top