LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Godsdienswetenskappe-redakteur Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs) E-pos: pgdevilliers@gmail.com Bioskets |
Teologiese perspektiewe op digitale nalatenskap
2025-08-15“Digitale beelde van die afgestorwene kan eerbiedig aangebied word as ’n herinnering aan die bestaan van die afgestorwene, maar nie as ’n plaasvervanging of illusie van die bestaan van die afgestorwene nie.”
Kunsmatige-intelligensie-Jesus-kletsbotte se uitdaging vir teologie: ’n verkennende studie
2025-07-10"’n Teologiese uitdaging wat KI skep en wat nog nie aangespreek is nie, is die bekendstelling van verskeie 'Jesus-kletsbotte', soos AI Jesus en Virtual Jesus. Die teologiese uitdaging wat hierdie kletsbotte bied, is uniek en waarskynlik die belangrikste KI-verwante kwessie vir teologie: Hulle boots nie ’n mens na nie, maar vir God."
’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet
2025-07-03"Die navorsingsdoelwit is die evaluering van Prophet se rol in en benadering in verhouding tot die kerk se getuienisroeping binne die konteks van God se regering (koninkryk). Dit behels ’n kwalitatiewe beskrywende ontleding van lirieke, met verwysings na toepaslike kontekste van ’n aantal uitgesoekte liedjies wat die groep oor ’n tydperk van 28 jaar vrygestel het."
Die skolastieke bibliologie van Petrus van Mastricht (1630–1706)
2025-05-16"Hierdie studie herwaardeer Van Mastricht se bibliologie binne die konteks van sewentiende-eeuse epistemologiese debatte, waarin hy homself as ’n uitnemende verteenwoordiger van die Dordtse ortodoksie onderskei."
Jona en sy teologiese trauma
2025-05-08"Jona se teologiese trauma is sy ervaring dat God konsekwent God is. God handel ooreenkomstig Jona se belydenis aangaande Hom, terwyl Jona dit eintlik anders verwag."
Skuldbelydenis en vergifnis in Levitikus
2025-04-17"Hoekom is skuldbelydenis soms nodig? Op grond waarvan word skuld vergewe?"
Abrahamitiese eskatologie en die bekragtiging van godsdienstige identiteite
2024-09-19"Hierdie narratiewe, ingebed in die kanonieke geskrifte wat as heilig beskou word deur die Judaïsme, Christendom en Islam, bied nie net ’n visie van die toekoms nie, maar funksioneer ook as ’n kragtige instrument om godsdienstige gemeenskappe te mobiliseer, veral tydens tye van krisis."
God, lyding en stemme van protes
2024-08-07"Hoe kan die lewegewende God toelaat dat gelowiges ’n bestaan van 'dry bones' en desperaatheid voer? Hierdie vraag vorm deel van ’n veel meer omvattende probleem."
Apokaliptiek en veerkragtigheid
2024-07-18"Die bedoeling in al hierdie gedeeltes is dat die gelowiges dieper moet kyk as die oppervlakkige gebeure van ontwrigting. Hulle moet God met die toekoms vertrou."
Vroeë Christelike slawerny: tussen teologie en praktyk
2024-06-06"Slawerny het ’n beduidende invloed op die vroeë Christelike denke gehad, hoofsaaklik omdat slawerny ’n wydverspreide instelling in die antieke wêreld was gedurende die tyd toe die Christendom ontstaan het."
Potensiaal van Pentekostalistiese prediking om geslagtelike identiteit te vestig
2024-01-09"Dit is nodig dat prediking doelbewus van die bestaande hegemoniese ideologie losgemaak word deur Pentekostalistiese taal te versaak wat ’n tydgerigte en kontekslose begrip van geslag en familie uit enkele Bybelse tekste aflei."
Al is my stem gebroke, my asem sonder krag ... Geleefde religie en die werking van die kerklied
2023-11-28"Waar ons tot swye kom in die uur van ons diepste verdriet en in ons uur van dood, dra die lied uit ander se monde ons deur die donker."
Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom
2023-11-27"Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer. Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou."
Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma
2023-11-24"Trauma word in verband gebring met God en daar ontstaan ’n spanning tussen dit wat as traumaties beleef word en God se betrokkenheid al dan nie by die trauma."
Die kuns van die onvoltooide: die verwerking van trauma in die poësie
2023-10-04"Natuurlik kom nie alle groei uit trauma voort nie en inderdaad lei nie alle trauma altyd tot groei nie. Die rol van die letterkunde daarin is ook beperk."
Die geskiedenis, natuur en algemene openbaring in die Christelik-historiese denke van Groen van Prinsterer
2023-08-01"Groen van Prinsterer (1801–1876) se Christelik-historiese beskouing is gekenmerk deur ’n tweeledige waardering vir die Godsopenbaring soos dit neerslag vind in die Skrif aan die een kant en in die geskiedenis aan die ander kant."
Bejaardheid as interseksionele magsdiskoers: Die konsepte van ouderlinge en bejaarde ouerskap en bejaardesorg in die Nuwe Testament
2023-05-15"Die artikel benader ouderdom as ’n diskoers, een wat nie net fisiek of biologies gekonstrueer is nie, maar ook sosiaal en kultureel bepaal is."
Wat beteken dit om volgens Kolossense 3:10 vernuwe te word "in kennis na die beeld van sy Skepper"?
2023-03-23"Die vernuwing vind ten opsigte van kennis plaas wat as voorbeeld die beeld van sy Skepper het. ... Op grond van die kennis van God weet gelowiges hoe om reg op te tree, en deur reg op te tree brei hulle kennis van God uit."
Logos as logika: Die epistemologie van die Calvinistiese filosoof Gordon Clark (1902–1985)
2023-03-16"[Dit is] interessant hoe Clark se Presbiteriaanse agtergrond en sy gepaardgaande streng aanhang van die Westminster Geloofsbelydenis van 1647 ’n deurslaggewende rol in terme van sy beskouing van die rol van Logos as epistemologiese begrip gespeel het."
Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?
2022-12-14"Verbeelding ly aan dieselfde 'swak selfbeeld' as moontlikheid, naamlik dat dit met ’n ontkoppeling van die werklikheid geassosieer word. Vir baie beteken verbeelding ’n ontvlugting van die hede in die vorm van dagdrome of die bou van lugkastele."