Wium van Zyl

Wium van Zyl was as nagraadse student die assistent van DJ Opperman. Hy was as joernalis betrokke by die geboorte van die Afrikaanse dagblad Beeld. Hy is van 1981 – 2013 dosent in aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar hy in 2013 uitgetree het as senior professor hoewel hy steeds daar aktief is as emeritus–professor. Hy was oor die jare gasprofessor aan verskeie universiteite in die buiteland: onder meer die Universiteit van Warschau, Pole, die Vrije Universiteit, Amsterdam. Sy MA handel oor Boerneef se poësie. Hy is ’n doctorandus van die Utrechtse universiteit, Nederland, en het ’n doktorsgraad oor die Nederlandse skrywer WF Hermans behaal aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy het 'n groot aantal navorsingsartikels en boeke gepubliseer oor onder meer WF Hermans, Anton Tsjechof, Thomas Francois Burgers, Willem Elsschot, Frederik van Eeden, C Louis Leipoldt, Sheila Cussons, André P Brink, Adam Small. Hy was ’n tyd lank eindredakteur van die Tydskrif vir Afrikaans en Nederlands. Hy het oor die jare literêr–kritiese bydraes gelewer in onder meer Die Burger, maar ook in akademiese tydskrifte.

Van sy gedigte is onder meer opgeneem in Jan Van Luxemburg se Over Literatuur, André P Brink se Groot Verseboek  en Gerrit Komrij se De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten. Verhale van hom verskyn in verskeie bloemlesings, onder meer AH de Vries se Uit die kontreie vandaan.

Hy dien in die bestuur van verskeie organisasies: Hy is voorsitter van die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, voorsitter van die Van Ewyck Stigting en voorsitter van die Vriende van die Nederlandse Biblioteek, Pinelands.

Hy beywer hom ook buite die akademie vir die bevordering van Afrikaans. Sedert die vroeë jare negentig het hy saam met JC Kannemeyer begin om Afrikaanse letterkunde-toere aan te bied. Hy was betrokke by die beplanning van die eerste Cederbergfees en die restourasie van die Hugenote Gedenkskool.

In 2011 ontvang hy ’n oorkonde van die ATKV vir die bevordering van Afrikaans en in 2014 word die Van Riebeeck-penning deur die Nederlands-Suid-Afrikaanse Vereniging in Amsterdam aan hom toegeken as brugbouer tussen Suid–Afrika en Nederland.

 

 

In memoriam Abraham H de Vries (1937–2024)

Wium van Zyl In memoriam 2024-08-27

"Braam het ’n skrywer en akademikus geword wat ver buite sy eie land sy merk gemaak het."

Elders gesien: Hulde aan Piet Egbert Westra

Wium van Zyl Elders gesien 2022-08-18

"Hy het ook binnelands die Veiligheidspolisie so ver gekry om hom toe te laat dat sogenaamde verbode literatuur oor die land bestel en opgeneem kon word. Hiervoor is die Albie Sachs Prys in 2010 aan hom toegeken."

Luuk Gruwez: Weerbare weemoed, uit Nederlands vertaal deur Hennie van Coller

Wium van Zyl Resensies 2022-02-03

"En wat ek ook al verder mag uitwys, Weerbare weemoed bevat vertalings waaraan ek groot plesier beleef het. Dat die boek ook die oorspronklike Nederlandse tekste bevat, is ook waardevol."

Commendatio: Van Ewijck-prys toegeken aan Ingrid Glorie

Wium van Zyl NeerlandiNet 2022-01-10

Die Van Ewijck Stigting se prys vir die bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland word vanjaar toegeken aan Ingrid Glorie.

Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Wium van Zyl Resensies 2021-05-06

"Op soek na Saartjie is nogtans nie ’n boek sonder meriete nie. Sarah Goldblatt se verhaal is seer seker die moeite werd om te vertel. Sy was ’n besonderse persoon uit eie reg."

Commendatio met die oorhandiging van die Van Ewijck Stigting se prestasieprys aan Wannie Carstens

Wium van Zyl NeerlandiNet 2020-03-30

"Hierdie prys is ’n beloning vir besondere prestasie op die terrein van kulturele uitwisseling in die breë tussen die twee lande."

Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst: ’n boekresensie

Wium van Zyl Resensies 2019-03-07

"Met Die helaasheid van die dinge word die Afrikaanse leser toegelaat tot ’n deel van die Vlaamse samelewing waaroor die toeris en bewonderaars van Breugel en Rubens of die skone argitektuur van Brugge skaars oor kan droom."

Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 deur Jan Malan: ’n resensie

Wium van Zyl Resensies 2018-06-25

"Malan probeer in sy boek agter die kap van die byl kom van die mees romantiese van al die verdigsels wat oor die jare uit hierdie kontrei ontstaan het. Dit is die storie van die stranding van die VOC-skip die Schoonenberg in 1722 in uitstekende weersomstandighede in die baaitjie naby die huidige Northumberlandpunt."

Toen met een lijst van nu errond, Herman de Coninck-biografie deur Thomas Eyskens: ’n resensie

Wium van Zyl Resensies 2018-04-18

"Eyskens sorg dus dat dieptepunte in die lewe en werk van De Coninck naas sy suksesse geplaas word."

Van kant gemaak deur Kris van Steenberge: ’n resensie

Wium van Zyl Resensies 2018-03-05

"Van kant gemaak is ’n boeiende roman wat ek hartlik in ons taal verwelkom."

Voortrekker

Wium van Zyl Fiksie 2016-04-13

"Die swaar vrou in die lang, lanferswart rok beweeg stadig, effens hinkend, maar tog met byna manlike energie op die skare af wat ‘n vuur met motorbande teen die generaal se voetstuk gemaak het."

DJ Opperman 100 jaar: Wium van Zyl se bydrae

Wium van Zyl 2014-09-27 "Ons in kisklere kyk geboeid
in dié gat waar jy
Diederik, Johannes
dosent, digter, profeet
nou beslis
gaan uitvaar van lyf tot stof."

Die Korannafonteiners: 'n pragvoorbeeld van 'n streekboek

Wium van Zyl 2008-08-19 Toe ek 'n klompie jaar gelede met die groot Poolse skrywer Ryszard Kapu?ci?ski 'n onderhoud voer, kon ek nie nalaat om hom te vra na sy siening van die toe hoogmoedige uitsprake oor globalisering nie
Top