Trienie2013-01-09Die mens self besluit of hy varke op hok wil hou, al dan nie. Dit is nie varke wat die probleem is, maar wel die krag van eie keuse daartoe. Varke bevuil my lewe.
Trienie2012-12-06Sandra kon ook nie haar essay met ‘n beter samevatting afgesluit het dan: “Om dinge anders te kán maak, het ons die kennis van die wetenskap nodig; om dinge anders te wíl maak, het ons ’n nuwe begrip van God nodig.” Sy is in die kol.
Trienie2012-11-30Die Afrikaanse skryfgids saamgestel deur Riana Scheepers & Leti Kleyn, het vir my as onervare skrywer ’n wonderw?reld tot kreatiwiteit geopen.
Trienie2012-11-20Sommige stories smaak soos hardgebakte wors wat na brand ruik. Donker en uitgerek. Dié verhale bevat ook hul held en ’n skurk. Soms beland ek, Trienie, binne in hierdie narratief-nagmerrie, ongevraagd.
Trienie2012-10-25"Maar waar is die kerk? Is hulle nie veronderstel om politieke standaarde en waardes daar te stel? Om in beheer van skole en landswette te wees? Aborsie en verkeerd teen te staan?"