Is jy kreatief?

  • 0

Die Afrikaanse skryfgids saamgestel deur Riana Scheepers & Leti Kleyn, het vir my as onervare skrywer ’n wonderw?reld tot kreatiwiteit geopen. Dit is maklik leesbaar en sommer ’n lekker boek om oor ’n hele paar weke saam, in ’n snoesige bed mee te klim.

Die eerste hoofstuk oor “Kreatiewe denke: waar begin dit alles? – het dadelik my aandag gevange geneem. Riana Scheepers stel dit so: ‘Kuns is die vermoë om te kan skep op ’n manier en deur ’n medium wat tot jou eie en ander se diepste wese spreek’. Selfs haar voorstel dat jy ’n ‘skrywersiel’ moet hê met ’n onblusbare begeerte om skoonheid te skep, het my dadelik die mooie laat sien bly staan teenoor die hyg wat verdamp.

Haar trefwoorde: diepste wese, innoverende denke, godgegewe talent en inspirasie bring die besef dat lesers selfs hierdie grondwoorde se dieptes, verskillend insien en ervaar. Baie van haar woorde koppel aan geesgebore kreatiwiteit. En dit bring weereens die wonder van God navore wat die mens so uniek geskape het. Dit is nou, die drievoudige dimensie van die mens in gees, siel en liggaam. Wonderbaar ook, omrede elke vlak sy eie faset van gawes en talente, bevat.

Baie mense dink dat die gees van die mens en die siel van die mens een en dieselfde ding is. Dit is egter net die Bybel wat die skeiding daarvan aan ons kan openbaar. (Heb 4:12) Eintlik ’n hoogs interessante studie om jouself só te ontdek. Begrip omtrent hierdie skeiding kom ook nie oornag. Eers wanneer ondervindinge begin sin maak, kom logika.

Daarom is Pro-dink se laaste brief in die kol met sy stelling: ‘Gode en godsdiens kom vanuit die brein, daarom hul plorisme’. Die intellektuele (brein), saam die wil en emosies is gesetel in die sielsdimensie. Die liggaam funksioneer weer deur sy 5 sintuie, terwyl die gees van die mens die kommunikasiesentrum van die bonatuurlike is, asook die gewete, intuïsie en innerlike getuienis, huisves. Sintuiglike kennis staan hier regoor openbaringskennis. Die self, soos ons hom ken – het dus drie kante.

Wat so wonderlik is, is dat elke dimensie sy eie kreatiwiteit, gawes en talente besit. Selfs wonderwerke vind apart plaas vanuit elke vlak. Daarom ook dat daar vir elkeen se kreatiwiteit ’n plekkie onder die son is. Die medikus spesialiseer op biologiese vlak, die sielkundige op die psigiesevlak en die Woord van God vind sy spesialiteit in die gees van die mens. Wanneer God dan ook as Skepper van die mens, ’n wonderwerk in enige van hierdie dimensies wil laat gebeur, is daar niks wat Hom sal keer.

Ek lief die gees van die mens. Dit beweeg wyer uit dan die liggaam of siel. Breek selfs deur die mens se grensruimte om homself gebou, of energieveld. So, kan jy deur jou gees ander se seer of bedoeling deur die woord van kennis of wysheid, optel. Selfs oor afstande heen. Agter elke stem sit ’n gees. Selfs skrywers se stemme word uitgedra deur hulle unieke verskillende styl. Gees spreek tot gees. Hier kan ek vele wonderwerk verhale voorhou, maar gaan hierdie brief alreeds, soos dit is, veel kommentaar uitlok. Ons bly dus eerder by feite en los narratiewe.

Die gees van die mens is veel eerbaar en edel dan die liggaam of siel, daarom word dit ook eerste genoem in die Woord. God is gees. Daarom die nodigheid tot Gods Gees inwoning, want ons moet daagliks wandel vanuit die gees en in waarheid.

Alle mense besit geesteskreatiwiteit. Gelowig of ongelowig. God skenk dit onberoulik. Sommige se gees is sluimerend, terwyl ander gekies het om hul gees te erken/ontwikkel. Soos die liggaam nodig het tot spierbou, so streef die siel na eie emosionele intelligensie. Die gees weer, begeer geestesinsette om sy vakuum te vul, wat net van ’n Goddelike bron verkry kan word. My gees is soos ’n ballon - wanneer platgeslaan, kan dit net deur die Gees (pheuma) van God, opgeblaas en verryk word. Woordopenbaring en inspirasie blaas die gees op.

Godgegewe kreatiwiteit is nie dieselfde as geesgegewe kreatiwiteit en psigiesgegewe kreatiwiteit is nie dieselfde as fisiesgegewe kreatiwiteit. As hulle een en dieselfde was, sou Paulus nie in 1 Thess 5:23 onderskeid getref het in die verskillende fasette van die mens, nie. Hy sien ook die nodigheid dat al drie in harmonie met God moet leef en opereer. Die mens wat sy liggaam afskeep sal siek word, die mens wat sy siel met duister insette vul, sal sielsiek raak. Die mens se gees wat sonder God se waarhede leef, sal met ’n honger en verdoemenis, rondloop.  

My liggaam deel met die fisiese realm, en maak my w?reldbewus.
My siel deel met my emosionele en gedagte realm, en maak my selfbewus.
My gees deel met die geestesrealm en openbaring, en maak my Godsbewus.

Soos iemand dit gestel het: Ek is eintlik gees, wat ’n siel besit en woon in ’n liggaam. Daarom dat die liggaam na die graf gaan, maar die gees keer terug na die Geesgewer wat dit geskenk het in die eerste plek.

Seën jou gees daagliks, oefen jou geestes oë en ore om te sien en te hoor. Dan sal jy die stukkende mens langs jou, se seer optel nog voordat daar ’n woord gespreek is. God het die mens kunstig saamgeweef in die moederskoot.

En weereens, as Riana Scheepers dit so stel: ‘Kuns is die vermoë om te kan skep op ’n manier en deur ’n medium wat tot jou eie en ander se diepste wese spreek’, kry dit vir my sommer nuwe betekenis.

Geniet jou kreatiwiteit.

Trienie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top