A mystical reading of Psalm 42/3
2019-12-12“As a mystagogue, the speaker’s core command to his soul is to wait on God.”
’n Mistieke lesing van Psalm 42/3
2019-12-12“Om op God te wag is om alles te laat los, geen ander steunpunt te hê as die daad van oorgawe aan die Een op Wie gewag word nie.”
Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n onderhoud
2019-08-29"Ek het die radikale politieke omwenteling in ons land gedurende die 1990’s as ’n kind meegemaak." Pieter GR de Villiers gesels met JA Schlebusch oor sy artikel.
Britse politikus meen mense is na die konsentrasiekampe gestuur vir "eie beskerming"
2019-02-19"Die konsentrasiekampe is niks anders as een van die grootste skandvlekke in die geskiedenis van die Britse Ryk. Niks daarin kan verfraai word nie. Net soos rassisme."
Die Bybel as interteks in die Afrikaanse poësie: Lina Spies in gesprek met Pieter de Villiers
2018-11-26"Ek het die artikel geskryf om opnuut aandag te vestig op die belangrikheid van Ina Rousseau se klein oeuvre waarin die deurlopende tema van die verlore paradys my opgeval het soos wat die titel van haar debuut, Die verlate tuin, reeds te kenne gee. By die skryf van my artikel het dit vir my geblyk dat waar dié tema in sekere gedigte nie eksplisiet uitdrukking vind nie, dit misgekyk word en die interpretasie nie reg laat geskied aan die integrasie van al die elemente in die gedig, dus in sy volle aanbod, nie."
Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54: ’n onderhoud met Francois Tolmie
2018-11-06"Vir die gewone Bybelleser is die waarde van intensiewe wetenskaplike navorsing oor die Bybel juis dat dit nuwe aspekte in die teks belig wat vroeër misgekyk is. In die geval van die Ou en Nuwe Testamentiese wetenskap was daar in die afgelope paar dekades ’n metodologiese ontploffing wat ten goede meewerk omdat dit die Bybelteks wat vir ’n groot aantal van ons ’n gesaghebbende teks is, op veel meer terreine ontsluit het."
Vernuwing in die bestudering van religie en religieë: ’n onderhoud
2018-10-11"Wat bedoel ons as ons praat van vernuwende insigte oor die mens, en hoe kan ons in die akademie enigsins oorspronklik of anders of verrassend oor mense dink?"
Die Voortrekkermonument: ’n onderhoud
2018-07-24"Die Voortrekkermonument van Pretoria is onteenseglik een van die merkwaardigste geboue en monumente in ons land. Die gebou maak eenvoudig ’n stelling wat reaksie oproep en navorsing inspireer. Dit word verdag gemaak (’n Vrymesselaarstempel), afgemaak (’n fascistiese struktuur) en opgehemel (vergestalting van die Afrikanerroeping)."
Oor die mistiek, Boeddhisme, meertaligheid, Afrikaans, teologie en die politiek: ’n onderhoud
2018-07-03"Die lang nag van apartheid in enige vorm (ook religieus) is nou verby en ’n nuwe dagbreek kan voorlê ‒ ’n Aurora inderdaad, om van die Duitse mistikus Jakob Böhme (1575‒1624) te leen ‒ met as sydelingse, maar belangrike gevolg ’n nuwe waardigheid vir Afrikaans en die behoud van die beste in die kulturele en Christelike religieuse tradisie daaragter, en ’n nuwe skeppende bydrae tot die geheel van hierdie vasteland en die wêreld."
Mag, staat en die kerk: ’n onderhoud
2018-05-31"’n Te knusse verhouding met die staat en regering van die dag het menige kerkverband bykans dodelik verwond. Ter plaatse is dit die geval met die ou drie Susterskerke, wat oënskynlik steeds worstel met die nadraai van apartheid, onder meer deur lidmate terug te probeer wen met swak teologie en pandjieswinkelliturgie."
Godsdiens en die reg: aktualiteit van ’n gesprek
2018-03-07"Die aktualiteit van ’n gesprek oor godsdiens en die reg was nog nooit so relevant soos juis nou nie. Met die onlangse skietery by die Ngcobo-polisiekantoor in die Oos-Kaap wat met die Seven Angels Ministry-kerk verband hou, het die soeklig opnuut geval op die verhouding van kerk en staat in Suid-Afrika."
The sober mysticism of Andrew Murray
2015-12-29"This revisionist reading of Murray confirms the significant place of mysticism in the Afrikaansspeaking communities of faith in South Africa."
Die nugtere mistiek van Andrew Murray
2015-12-28"Hierdie revisionêre herbesinning oor Murray se mistiek onderstreep dat die mistiek, soos Murray geskryf het, ’n wesenlike, selfs natuurlike, kenmerk van godsdienstige ervaring is en daarom ’n noodsaaklike plek in die godsdienstige diskoers het."
Boekresensie: Icons - Imaging the Unseen deur Daniël Louw
2015-12-14Waarom 'n boek oor ikone in ‘n tyd dat groot maatskaplike en sosiale tema’s eerder bespreek behoort te word? "Die hemel weet, tydiger kon hierdie werk nie op die toneel verskyn het nie."
Palmyra: die vernietiging van die tempels van die “Venesië van die Woestyn”
2015-09-16"Die Jodedom, Christendom en ook Islam het nie in ’n lugleegte ontstaan nie. Hulle het teen ’n bepaalde kultuurhistoriese agtergrond ontwikkel. Om hulle te begryp, word ou monumente en tekste bestudeer, ook besonderse plekke soos Palmyra."
