Naòmi Morgan

Naòmi Morgan is hoof van die Afdeling Frans by die Universiteit van die Vrystaat. Sy het ’n parallelle loopbaan as literêre vertaler, wat vertaling van dramatekste soos Oskar en die pienk tannie en Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran (beide Eric-Emmanuel Schmitt) insluit.

Haar 2017-vertaling van Antoine de Saint-Exupéry se Die klein prinsie vir ’n woordkunsproduksie by die Vrystaatse Kunstefees besorg aan Chris van Niekerk die toekenning as Beste Vrystaatse Kunstenaar.

Sy het reeds verskeie toekennings vir haar bydrae tot die vertaalkuns in die taalpaar Frans-Afrikaans ontvang: Sy is onder andere ’n Chevalier des Arts et des Lettres de la République Française (Ridder in Kunste en Lettere van die Franse Republiek) en het in 2015 die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se prys vir Uitnemendheid in die Vertaling van Kinderliteratuur ontvang vir bogenoemde twee Schmitt-tekste. Haar Franse vertaling van François Smith se Kamphoer verskyn in 2021 by Actes Sud in Frankryk as Fille à soldats.

Elders gesien: Jean-Pierre Melville se Le cercle rouge

Naòmi Morgan Film 2026-09-15

"Daar is byna niks wat jou aandag aftrek van die manier waarop die tonele aanmekaarskakel nie – min dialoog, net die nodigste musiek, en die idee dat jy na ’n diefstal kyk, maar dat dit oor iets anders gaan."

Maak die hortjies wyd oop: Ons weet nou wat van Peter Blum geword het – ’n resensie van Hortjies dig

Naòmi Morgan Resensies 2026-03-19

"[Hortjies dig] is ook ’n menslike, sielkundig wáár drama wat in die eerste plek gaan oor twee mense wat byna uitsluitlik op mekaar aangewese is in die vreemde."

2025-UJ-prys vir vertaling aan Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot: aanvaardingsrede

Naòmi Morgan Boeke en skrywers 2025-09-22

"As vertaler soek jy in die eerste plek die onmoontlike goedkeuring van die outeur, wat in die meeste gevalle nie hierdie jong taal, Afrikaans, sou verstaan nie, of nie meer met ons is nie. Kreatiewe skrywers word ná die skryfproses bekroon, maar vertalers meet hulself reeds met die vertaling van die eerste woorde, die titel op die voorblad, aan Nobel- en ander pryswenners."

Ons wag vir Godot: ’n onderhoud met die vertaler Naòmi Morgan

Naomi Meyer, Naòmi Morgan Boeke en skrywers 2025-05-30

Naòmi Morgan praat oor haar vertaling van hierdie bekende toneelstukteks – en oor die werk en belang van die menslike vertaler: "Vertaling is vir my soos legkaart bou (met baie, baie blou lug!): Dit neem lank om die stukkie te vind wat perfek pas. En wanneer dit gebeur, is dit ’n heuglike oomblik." 

Pater Meus deur Mario Relandini, uit Italiaans vertaal deur Rina Cascione: ’n resensie

Naòmi Morgan Resensies 2025-04-03

"Benewens die literêre en vertaalkundige verryking van hierdie publikasie het dit ook historiese en sosiologiese waarde vir Suid-Afrikaners van Italiaanse oorsprong en vir Afrikaanse lesers wat meer te wete wil kom van nog ’n minderheid in die fassinerende Suid-Afrikaanse kaleidoskoop van kulture, die Italiaanse gemeenskap."

Akademiepryse 2023: SA Akademieprys vir Drama – Chris van Niekerk

Naòmi Morgan Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-09-01

Lees Naòmi Morgan se huldigingswoord aan Chris van Niekerk, die ontvanger van vanjaar se SA Akademieprys vir Drama.

Elders gesien: Jaap Steyn is begrawe

Naòmi Morgan Elders gesien 2021-09-16

"Dit was ’n mooi, hartseer dag in die provinsie waar jou lewe begin en geëindig het, Jaap."

Elders gesien: "Só ’n begrafnis wens ek vir elke boer in hierdie land"

Naòmi Morgan Elders gesien 2020-10-12

"Dit was doodstil en oneindig vreedsaam in die kerkhof, en daar was groot dankbaarheid vir sy lewe by almal om die graf, want hierdie boer het nie gewelddadig gesterf nie."

On(ver)taalbaarheden

Naòmi Morgan, Yves T'Sjoen NeerlandiNet 2020-10-07

"Vraag is vervolgens hoe dergelijke woorden, waarvan de semantische inhoud niet vastligt, in een andere taal worden omgezet. Dit vergt van de vertaler creativiteit. Naòmi Morgan, die het boek van Antoine de Saint-Exupéry (Le petit prince) ook zelf heeft vertaald, ondernam een vergelijkend onderzoek."

’n Onderhoud met Catherine du Toit oor Afrique mon désir en die Rabearivelo-poësievertaalprojek

Naòmi Morgan, Catherine du Toit Musiek 2018-04-04

"Die idee agter die bundel was om erkenning te gee aan die wonder van taal, van die uitdrukkingsvermoë in verskillende tale in ons streek, om verbande te lê oor die grense van taal en kultuur tussen elemente van ons menswees hier in Afrika, dinge wat ons almal gemeen het."

Afrique mon désir: ’n CD-resensie

Naòmi Morgan Musiek 2018-04-04

"Afrique mon désir is meer as ’n CD of ’n opwindende musiekvertoning: dit is ’n reis na ’n ideale, meertalige land waar skeppende kunstenaars en hul publiek ’n gedeelde menswees ontdek deur middel van ’n seleksie van die mooiste gedigte wat nog op die kontinent en sy buureilande geskryf is."

Die klein prinsie by die Vrystaat Kunstefees: ’n onderhoud

Naòmi Morgan, Naomi Meyer Feeste 2017-07-14

"Ek het al so baie van en oor Saint-Exupéry gelees dat ek deur al hierdie leeservarings beïnvloed word wanneer ek Die klein prinsie lees. Ek dink dit gaan oor die intense verlange wat ons soms het na die kind wat ons nie meer is nie, ’n verlange na onskuld, opregtheid, maar ook geloof, hoop en liefde."

A daughter of Africa: Writing through the apartheid years, a review

Naòmi Morgan Books and writers 2017-04-27

"The Afrikaans language, Joubert’s instrument of literary creation, is under siege and in the process of being dispensed with as a university language of instruction, signalling the eventual loss of its higher functions. It may be that this translation will one day be the only way to access the autobiography of a courageous writer who, in 2002, was considered one of the best writers on the African continent."

Jannie du Toit chante/sings/sing/zingt Brel

Naòmi Morgan Musiek 2016-12-13

"Hierdie CD is om verskeie redes ’n versamelaarsitem: Een van die belangrikste redes vir my is dat dit meertaligheid en die gepaardgaande multikulturaliteit meesleurend en met oortuiging vier."

Resensie: Jannie du Toit se Bonjour, Monsieur Brel by die Vrystaat Kunstefees

Naòmi Morgan Teater 2016-08-05

"Die taalverskeidenheid van die vertoning maak ‘n luukse indruk in hierdie tye van taalverskraling ..."

Top