Elders gesien: Jaap Steyn is begrawe

  • 0

Foto: Naòmi Morgan

Op 14 September skryf Naòmi Morgan elders op Facebook:

Jaap Steyn is vanoggend begrawe. In die voorportaal was ’n stillewe deur Corné Richter, wat tot op die laaste saam met hom aan ’n projek gewerk het. Geseënd die mens wie se ryk, vol lewe deur ’n paar voorwerpe uitgebeeld kan word: ’n pet vir die Vrystaatse somerson en winterkoue, navorsing oor ander en die self (biografieë, ’n outobiografie), en die vergrootglas waarsonder al sy verbysterende navorsing nie moontlik sou gewees het nie. Die wind het gewaai om die reën te roep, die eerste botsels van die lente was uit. Dit was ’n mooi, hartseer dag in die provinsie waar jou lewe begin en geëindig het, Jaap.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top