
Welkom tuis, Adam Small
2013-09-17 Dit was voorwaar 'n historiese oomblik, Saterdag 14 September. Net mooi 'n jaar nadat Small die Hertzogprys ontvang het (12 September 2012, om presies te wees), het hy besluit om sy stilte te verbreek.
Michael le Cordeur gesels oor Kaaps
2013-08-08"... dit bewys dat leerders wat in Kaaps opgroei, beter vaar in toetse as die toetse in Kaaps gestel word. Tans moet hulle uit boeke lees wat ver verwyderd is van hul huistaal."

Onsigbare mense van die Karoo op reis na identiteit
2013-08-05Lanklaas het ’n roman my so aangegryp, maar terselfdertyd ook so ontstel, soos hierdie een. Karretjiemense is die aangrypende storie – om David Kramer se woorde te gebruik – van “die onsigbare mense van die Karoo” wat Carol Campbell op die voorgrond bring.

Program oor Adam Small op RSG
2013-07-30 Rosalie Small het my laat weet dat RSG vanaand, Dinsdag, na die nuus om nege 'n spesiale program uitsaai oor 'n lang gedig wat Adam spesiaal vir Madiba se 95ste verjaardag geskryf het. Die digter gaan die gedig self voorlees.
ATR reik uit na skool in KZN
2013-07-30 "Bonfa Dlamini is ‘n Afrikaansonderwyser wat met sy passie vir Afrikaans ‘n verskil maak. Dit was duidelik te sien in die getal leerders wat sy vak neem toe die ATR (Afrikaanse Taalraad) by sy skool opgedaag het."

Ons vier fees in Den Haag
2013-06-26 Die fees was 'n groot sukses. Dit groei beslis in statuur, daarvan getuig die teenwoordigheid van die ambassadeur, wat die fees geopen het.
Brief uit Parys: Michael Le Cordeur
2013-06-09 Ons het vandag hier in Parys aangekom, maar nie sonder probleme nie – ons vlug was ’n hele paar uur vertraag. Nietemin is ons veilig, en dis seker al wat belangrik is.
ATR reik uit na Eersterust in Pretoria
2013-06-04 "Foeitog, en die ouma wat met ’n klokhelder stem ingesit het, is blind, maar met haar gees skort daar niks nie!"
Kaaps in fokus-referaat: Verrekening van Kaaps en ander taalvariëteite in die onderwys
2012-08-14"Oor die begrip standaardtaal, en veral oor Standaardafrikaans, is daar al baie gedebatteer. By sommige deelnemers aan die debat is dit duidelik dat dit ’n emosionele saak is wat hervorming benodig."

Waarom kla oor Adam Small se Hertzogprys?
2012-03-29Nicol Stassen stel net belang in sy eie skrywers. As een van hulle die Hertzogprys gewen het, sou hy meer boeke verkoop het en meer geld gemaak het.

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syfervaardigheidsprobleme
2011-11-30Hierdie artikel ondersoek eerstens die waarde van moedertaalonderrig vir leerderprestasie teen die agtergrond van die lae vlak van geletterdheid en syfervaardigheid.

Hoe vier ons Jeugdag? Watter boodskap gee ons aan die jeug?
2011-03-22Ons het so pas Menseregtedag gevier en dis binnekort weer tyd om Jeugdag te vier. Maar die jeug het steeds geen basiese menseregte nie en Jeugdag is vandag een van die mees verdelende dae op ons kalender.
