Namens die Afrikaanse Taalraad en al ons geaffilieerde lede van die breë Afrikaanse samelewing ‘n opregte woord van gelukwensing met u 95 ste verjaardag. Die Afrikaanse Taalraad is baie trots op u en wat u vir hierdie land en sy mense gedoen het. In ’n tyd toe almal met haatspraak vorendag gekom het, het u versoening gepredik en daarmee die basis gelê vir hierdie jong demokrasie.
Ons wens u ook alle voorspoed toe met u gesondheid. Mag die Liewe Vader oor u waak in hierdie dae van beproewing.
God seën u.
Dr. Michael le Cordeur
Voorsitter van die Afrikaanse Taalraad

