Maryna Blomerus

Maryna Blomerus is in Middelburg, Kaap, gebore en in Pretoria getoë. Sy is woon en werk tans as rekenmeester in die Tulbagh-omgewing. Haar oudste dogter woon in Londen en die jongste in Wellington (gelukkig nie Nieu-Seeland nie).

Saam met haar gesin het Maryna 12 vrugbare jare in Engeland deurgebring. Sy is veral bekend vir haar rol as stigter en organiseerder van die destydse Afrikaanse Londense musiekfees, UKkasie, wat in wêreldbekende lokale soos Wembley-uitstalsentrum en die Royal Albert Hall aangebied is. Gedurende haar verblyf in die VK het sy aktief help bou aan die internasionale gemeenskap van Afrikaners.

’n Reisgids, London made simple, was die pennevrug van samewerking tussen Maryna en Thomas Mollett. Terug op eie bodem het Maryna uitdrukking gegee aan haar lewenslange passie vir metafisika in die vorm van ’n boek, Meer as ’n metafoor. Sy het sedertdien ook etlike kortverhale vir tydskrifte geskryf en was ’n finalis in RSG se radiodramakompetisie van 2019.

Bela, stiefmoeder van noodgedwonge vernuwing

Maryna Blomerus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-01-08

"Hoewel tradisionele skole om baie redes bo tuisonderrig verkies kan word, moet daar nuut, en op ’n nuwe manier, na tuisonderwys gekyk word as ’n alternatiewe model ... KI maak moedertaalvertalings van byna enige leermateriaal moontlik."

In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is

Maryna Blomerus Lesersindrukke 2024-12-09

"Ek stem wel met Spangenberg saam dat daar fout is met die kerk, maar nie met wat dit is nie. Die probleem lê nie by die Christelike leerstellings of by die meesterverhaal nie, maar by die kerk self. Dis ’n drastiese stelling, maar laat my asseblief toe om te verduidelik."

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid: ’n lesersindruk van Sakkie Spangenberg se epistomologie, hermeneutiek en Christologie

Maryna Blomerus Lesersindrukke 2024-11-07

"Die oëverblindery wat gepleeg word, is om die enorme komplekse proses waardeur die evangelies uiteindelik saamgestel is eenvoudig te laat lyk. Spangenberg noem nie die derduisende kopieë van kopieë wat deur tallose kopieerders met die hand oorgeskryf is nie en hy skep byna die indruk dat ’n groepie mense uit die staanspoor om ’n tafel gesit en saamgekonkel het."

In reaksie op Koos Kombuis se lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg

Maryna Blomerus Boeke en skrywers 2024-11-06

"Van alles wat deur die mees onlangse wetenskap blootgelê is, moet die mees belangrike stukkie kennis wees dat ons min of meer niks weet van wat te wete is nie. Ons het steeds geen benul wat die dinge naaste aan ons is nie: lewe en bewussyn."

Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika

Maryna Blomerus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-04

"Gestel dat KI-ondersteunde digitale lesse die oordra van kennis kan oorneem terwyl die onderwyser herontplooi word as toesighouer of fasiliteerder wat opgelei word om die basiese tegnologie genoegsaam te verstaan om leerlinge met die gebruik daarvan by te staan, dit wil sê om leerlinge aan die gang te kry en aan die gang te hou binne ’n gedissiplineerde en uitkomsgedrewe klaskamer."

Drag me to church: ’n preek deur Maryna Blomerus

Maryna Blomerus Menings 2024-09-04

"En daar hang ek toe ook by ’n Tollie Parton drag show uit. Die konsertsaal sit op die rand van die dorp, aan die eindpunt van Kerkstraat wat begin daar waar dit met Hoofstraat kruis. Die Moederkerk sit reg by hierdie kruising."

UKkasie: ’n terugblik en ’n gesprek

Johannes Froneman, Maryna Blomerus Onderhoude 2024-06-19

"Ons was onapologeties trots Afrikaans. Omdat ons in die buiteland gewoon het, het ons gesien hoe subkulture in multikulturele samelewings trots omgaan met hul eie identiteit en dat hoewel almal doodpragmaties Engels gebruik vir besigheid, daar nie van hulle verwag is om hul identiteite prys te gee nie."

Korona-kortverhaalfees Maryna Blomerus oor "Doodsnaaks"

Melt Myburgh, Maryna Blomerus Skrywersonderhoude 2020-08-03

"Ek kies ’n plek of gebeurtenis uit my eie lewe wat storiewaardig is. (In 'Doodsnaaks' was dit die Aprilgek-poets op my eks.)"

Doodsnaaks

Maryna Blomerus Fiksie 2020-08-03

"'Die ding is,' antwoord Belinda, 'hulle wil jou nou van veelwywery aankla. As ons nog getroud is, is jou en Elna se huwelik onwettig. En julle kinders buite-egtelik.'"

Top