Maggie Marx

Maggie Marx het tale aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer en het 'n ommesientjie gelede nog langs die Mooirivier rondgedwaal. Sy was gedurende haar voorgraadse studie deurgaans by die studentekoerant Wapad betrokke, en nadat sy 'n jaar as redakteur gedien het, was sy gehook op debattering, redenering en die algehele plesier van bek-rek. Nadat sy haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands verwerf het, het sy vir 'n jaar en 'n bietjie LitNet se SêNet-blad beman. Daarna het sy die advertensiewese as loopbaan op die proef gestel en is tans assistent-redakteur by Books LIVE.

Opgedateer/Updated: 2012-15-10