Beste SêNetters
Vandag se uitspraak op die Malema-verhoor het my nogal verbaas. Shivambu het uiteindelik 3 jaar skorsing gekry en Malema 5. Hulle het twee weke om te appelleer (wat ek doodseker is hulle gaan – die beter helfte sê hoeka dis tien teen een reeds voorberei) en indien hulle besluit om die uitspraak teen te staan sal hulle steeds hulle poste beklee tot en met die finale appel-uitspraak.
Maggie

