Dag SêNetters!
Die meeste van julle het seker gister met moeite probeer om op die Sê rond te lees. Ons bediener was gister van so 15h00 vir ’n paar ure van lyn af, en kon julle daarom nie julle gunsteling-forum besoek nie. Dit het ook veroorsaak dat ’n hele paar e-posse nooit by een van die LitNet-spanlede se posbusse uitgekom het nie. Indien julle aan enige van die LitNet-spanlede ’n e-pos gedurende hierdie tyd gestuur het, stuur maar seblief weer – net om seker te maak.
En dan is dit weer tyd vir aansoeke om die Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs van R350 000 – ’n bedraggie wat ek meen ’n skrywer vir ’n rukkie aan die gang kan hou.
Groete
Maggie

