South African name changes, exceptionalism and the fallacy of the colonial-indigenous binary
2026-02-19"We don’t know what violence, what conquest, what inter-'indigenous' strife lies behind the compound name !kam-dhabu. To assume it speaks of a glorious past and the reclamation of an 'indigenous identity' is not only unfounded, but offensively naïve."
Die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium: Die voortgesette tersaaklikheid van ’n intellektuele tradisie
2025-11-06"'Swart' kan in dié opsig ’n beweegruimte skep waarin die diskoers rondom Kaaps as 'onafhanklike bruin taal' produktief teengewerk kan word. Dit was in hierdie opsig ook opvallend dat die kernvoorstanders van die Kaaps-as-onafhanklike-bruin/Kullit-taal-diskoers nié by SAS5 teenwoordig was nie, ten spyte daarvan dat vele van daardie individue op die een of ander wyse aan UWK verbonde is en aan vorige simposiums deelgeneem het."
Fading footprints: In search of South Africa’s first people by José Manuel de Prada-Samper: a book review
2025-11-06"The first chapter also provides a vivid portrait of a cultural, linguistic and continental outsider’s journey to this most enigmatic of collections. That he is further unafraid of discussing his own missteps relative to working with the material, and of reflecting on major personal events that tie in with his research, such as his father’s passing from cancer while trying to start an academic career, marks this section as particularly moving."
Elders gesien: Beide die cappuccino- en flat white-drinkers is gekultiveerd
2025-08-12"As ’n self-etiketerende cappuccino-leser het ek die uitlokkende deel van die lesing juis sy aandrang op die regmatige plek van die flat white-leser in die literêre gesprek gevind. Hy’t uitgewys dat die flat white-leser hier is om te bly."
Op Breyten Breytenbach se nalatenskap in Oxford
2024-12-18"Wat die registeroptekenaars nie blyk te begryp het nie, is dat dit in Yolande se eie skrif is – dat ons hier, deur hierdie inskrywing, beide Breyten en sy beminde se handskrifte in Oxford sien verewig is."
Elders gesien: ’n Gedeelde tongval in die vreemde
2024-05-14"Naskrif: Vanhoewaar het ’n boek eens deur Paul Oliver Sauer besit, apartheidsheer wie se naam ek deur kennismaking met ’n brug leer ken het (ironies, want hy was g’n brugbouer nie), hiér beland?"
Kleinboet Staphorst antwoord Cicero
2023-11-29"Ek tref dus ’n onderskeid tussen diskwalifiserende kritiek, wat Cicero aanroer, en kwalitatiewe kritiek, wat deur beide Cicero en Roux geopper is; slegs eersgenoemde is in hierdie skrywe ter sprake."
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst
2023-11-21In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Luan Staphorst oor onder andere die kanon, klapklanke en kreolisering.
Die Karoo as universum: oor velddenke, |xam-Afrikaans, en die Boesman-universiteit | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-10-27Luan Staphorst het op 23 September 2023 hierdie lesing gelewer by die Etienne van Heerden Veldsoirée te Cradock: "Die Karoo as universum: oor velddenke, |xam-Afrikaans, en die Boesman-universiteit".
"Something about this left us uneasy": the relationship between "unlaagering" and the colonialesque in recent Afrikaans linguistic and literary discourses
2023-10-18"This historicised view challenges the Unlaagering-Sitkamer grouping’s presupposed originality, and, more importantly, points to their lack of expertise in relation to the broader, complex dynamics of knowledge production and transformation that have preceded their intervention."
"Iets hieroor het ons ongemaklik gestem": die verband tussen "ontlaering" en die kolonialeske in onlangse Afrikaanse taal- en letterkundige diskoerse
2023-10-18"Die Ontlaering-Sitkamer-groepering verteenwoordig – ondanks hulle ideale van vernuwing, epistemiese en sosiale geregtigheid en Afrikaans se bevryding – ’n 'laer' waarin daar 'saamgehurk' word in opstand teen ’n hede en verlede waarvan die groepering in wese ’n oppervlakkige begrip het."
Antjie Somers, vleisvreters, en die vraag om verwikkeld te lees: ’n reaksie op Chan Croeser en Jacomien van Niekerk se kinder- en jeugboekseminaaressays
2022-11-30"Hoef daar vir ’n herverbeelding van Antjie Somers geargumenteer te word? Mag Antjie Somers herverbeel word? Hoe kan ons Antjie Somers herverbeel?"
hier, die land | here, this land
2016-09-07"jy is ons ineenryger van asem
jy is ons ineensnoerder van stem
jy is ons ineen alomheen"

