Jaco Deacon

Jaco Deacon is uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas). Hy is die redakteur en skrywer van ’n aantal onderwysreghandboeke en ’n gereelde spreker by nasionale en internasionale geleenthede. Hy is president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Onderwysreg en lid van die Advisory Board of World Education Congress, en dien in die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders en die Etiekkomitee. Jaco het drie pragtige kinders en is so lief vir hulle en die land dat hy by onderwys betrokke is!

Die totstandkoming van die Nasionale Raad vir Onderwys en Opleiding: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-29

"Ons kan eenvoudig nie nog praatberade hou nie; ons moet nou aksie sien."

Derde skoolkwartaal: verwikkelinge rondom die Bela-wet en skoolsake – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-25

Die nuwe skoolkwartaal het pas begin. Hoe lyk die situasie in die middel van die jaar vandat die nuwe wetgewing onderteken is? Jaco Deacon vertel.

Foute in vraestelle: Sal die kinders vir die gelag betaal?

Naomi Meyer, Jaco Deacon, Paul Philip Sauer, Maryna Besseling SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-07-01

Die media het onlangs oor foute in sekere departementele matriekvraestelle berig. Sommige van die flaters was lagwekkend, soos die periodieke tabel wat verkeerdelik en foutiewelik in Afrikaans vertaal is. Belangrike vrae oor gehaltebeheer van die vraestelle behoort egter gevra te word – en die sielkundige effek van foute in ’n eksamenvraestel kan nie buite rekening gelaat word nie. Rolspelers van Fedsas en SAOU gee hul menings.

Raak asseblief betrokke by jou plaaslike skool

Freek Robinson, Jaco Deacon Onderhoude 2025-06-23

Hoe kan gewone mense ’n verskil maak aan die onderwys? Jaco Deacon het talle voorstelle vir ouers, sakelui en gemeenskapsleiers wat graag betrokke wil raak.

Te min geld vir onderwys: ’n onderhoud oor die regering se plig en ouers se taak

Naomi Meyer, Jaco Deacon, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-04-25

"Skole en onderwysers is toenemend onder druk deur ouers wat ’n verbruikersingesteldheid openbaar, eerder as dié van ’n vennoot. Skole kan nie in sewe uur regmaak wat huishoudings en die samelewing in 17 uur breek nie."

Bela onderteken: Wat gebeur volgende?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-12-23

"Solank skole vol is en daar voldoende leerders van ’n bepaalde taalgemeenskap is, sal hulle die reg hê om onderrig in hulle taal te ontvang. Dit word gewaarborg in artikel 29(2) van die Grondwet. Die uitdaging kom gewoonlik waar die skool nie vol is nie en daar ’n ander taalbehoefte in die gemeenskap is." Jaco Deacon, Fedsas se uitvoerende hoof, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die bekragtiging van wetgewing en oor wat dit vir ouers van kinders in Suid-Afrikaanse openbare skole beteken.

Bela: Belegging of beleg?

Freek Robinson, Jaco Deacon Onderhoude 2024-12-11

Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), oor die voortslepende moddergooiery rakende die Bela-wet.

Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-12-02

"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."

Bela-wet: Waarom die groot bohaai oor twee klousules?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-11-12

"Bela is lank nie meer net ’n onderwysaangeleentheid nie; dit is ’n politieke, ideologiese aangeleentheid."

BELAB onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-15

"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."

LitNet Akademies Weerdink-onderhoud – skole: kompetisies of waardes?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-08-27

"Mense wil van nature deel wees van ’n 'wenkultuur'. Ons raak almal opgewonde as die Springbokke wen, ons atlete medaljes by die Olimpiese Spele verwerf en Dricus du Plessis sy titel suksesvol verdedig. Daar is soveel uitdagings in ons land wat mense moedeloos en negatief laat, soos swak dienslewering, werkloosheid, verlies van mag, dat ek oortuig is dat skole en skole se prestasies dalk as ’n kruk gebruik word."

BELAB: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon Onderhoude 2024-05-17

"Wette is onlosmaaklik deel van die regerende party se ideologie en dus ook begrotings, en iewers haal beloftes en swak besluite jou in. Die probleme in onderwys is legio, maar daar is nie kortpaaie in die regruk nie."

Verander die regering hulle deuntjie oor die Bela-wetgewing?

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-03-25

"Dit is alles positiewe stappe en ons verwelkom die feit dat die DBO die openbare insette met die nodige erns bestudeer het. Ons vertrou nou dat die politici in die NRVP die openbare insette met dieselfde erns sal hanteer en gehoor sal gee aan die terugvoer van die DBO."

BELAB en moedertaalonderrig: ’n gesprek met Jaco Deacon aan die begin van 2024

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-01-18

"Gedurende Maart sal daar ’n verkiesing in elke openbare skool in ons land plaasvind en die skool bepaal self die datum van die verkiesing gedurende die maand. Ouers moet seker maak wanneer hulle kinders se skool se verkiesing gaan plaasvind en die proses wat gevolg gaan word. .... Raak ... betrokke."

Die Bela-wet is parlementêr aanvaar: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-10-30

"Die saak waaroor ons almal bekommerd moet wees, is nie bloot die bepalings oor taal en toelating nie, dit is die staat wat al hoe meer outokraties raak en magte sentraliseer. Ons beweeg dus al hoe nader aan ʼn totalitêre staat en staatsbeheer, terwyl ons bykans 30 jaar gelede daarvan weggestap het."

Top