Jaco Botha

Jaco Botha was sedert 2003 ’n vennoot in die klein reklameagentskap Big Bad Wolf Advertising. Hy was verantwoordelik vir skeppende elemente, soos konsepontwikkeling, kopieskryf en innoverende strategiese beplanning. Hy was ook ’n vryskutskrywer.

Hy het ’n BA-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal, sowel as ’n BA-honneursgraad (letterkunde) en ’n MA-graad in Skeppende skryfwerk (met lof) aan die Universiteit van Kaapstad.

Hy het twee kortverhaalbundels geskryf (In Drie Riviere en Sweisbril, albei deur Human & Rousseau uitgegee) en sy eerste kinderboek, Lalala en ek by die see, het in 2005 by African Sun Media verskyn. In 1997 is die M-Net-beurs vir Skeppende skryfwerk aan hom toegeken. Sy debuutroman, Miskruier, het in September 2005 by Human & Rousseau verskyn.

In 1998 was hy ’n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Blindekrieket-span wat die Wêreldbeker in Indië verower het.

Hy is op 18 Oktober 2016 oorlede.

Mense agter boeke: Etienne Bloemhof, hoof van Fiksie by NB-uitgewers

Etienne Bloemhof, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-10-12

"Local is nog steeds baie lekker. Ons het skrywers van uitnemendheid, oor alle genres heen; hulle verdien wye erkenning en ondersteuning ..."

Mense agter boeke: Kerneels Breytenbach, oudjoernalis en -uitgewer, skrywer en voorsitter van PEN Afrikaans

Kerneels Breytenbach, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-09-28

"Die boek sal oorleef."

Mense agter boeke: Nicol Stassen, besturende direkteur van Protea Boekhuis

Nicol Stassen, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-09-22

"Dit sal fantasties wees as elke Afrikaanse leser één boek per jaar koop."

The People Behind the Books: Isobel Dixon, Poet and Literary Agent in the UK

Isobel Dixon, Jaco Botha Books and writers 2016-09-13

"But prizes, pleasing as they are, are not the pinnacle: the ongoing privilege and pleasure of my job is the stories, the stimulation, the richness of ideas and the precious relationships with my clients."

Mense agter boeke: Leana Lategan, Museumgeesteswetenskaplike by NALN

Leana Lategan, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-09-01

"Die gemene deler van hierdie keuse (my top 10 boeke van alle tye) is vir my die wyse waarop die skrywers hulle karakters hanteer en die brose web van menseverhoudings weef."

Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Suzette Kotzé-Myburgh – vryskutredigeerder, -vertaler en -proefleser

Suzette Myburgh, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-07-25

"’n Eerste weergawe is nie ’n manuskrip nie, dis maar net die begin daarvan."

Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Frederik de Jager – voormalige boekuitgewer

Frederik de Jager, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-07-20

"Onderskei. Moenie met onsin tevrede wees nie."

Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met Lana Barnett – uitvoerende hoof van Leserskring / Leisure Books

Jaco Botha, Lana Barnett Boeke en skrywers 2016-07-14

"Ons neem boeke na al die uithoeke van die land, tot in mense se huise, sodat hulle ’n erfenisbiblioteek kan opbou ... Al vir 36 jaar!"

Onderhoud: Jaco Botha oor nuwe skryfwerk

Jaco Botha, Naomi Meyer Onderhoude 2016-06-30

"Ek dink ek was nog altyd in my hart 'n ontdekkingsreisiger. Nuwe skryfwerk bied die potensiaal om nuwe maniere van dink en voel na vore te bring. Ek glo in 'n literêre tradisie van evolusie."

"Ek is nog hier ..." / In die hinderlaag (Deel II)

Jaco Botha Fiksie 2016-06-30

"Hy sien op die radiowekker langs die bed dat dit 02:22 is, kyk in die vertrek rond, op soek na sy selfoon. Hy sal sy vrou moet kontak, haar laat weet dat hy eers later tuis sal wees, dis die bedagsame ding om te doen."

"Ek is nog hier ..." / In die hinderlaag (Deel I)

Jaco Botha Fiksie 2016-06-10

"'Hoe ver kan ’n hond in ’n bos in loop?' vra Gawie Kriel aan Jan die kameraman."

Totsiens Knysna

Jaco Botha Poësie 2016-02-03

"Al daardie water en wind van miljoene jare
skeur in een oomblik deur sy brose hart"

Verlange

Jaco Botha Poësie 2016-02-03

"My hart, die oorblyfsels van 'n verskeurde blom.
Ek wil huis toe kom, ek wil huistoe kom."

kykNET Silwerskermfees 2015: Onderhoud met Jaco Botha

Jaco Botha, Naomi Meyer kykNET Portaal 2015-08-26

"Die lewe bly maar die beste storieverteller."

Laat die skrywers skrywe

Jaco Botha 2014-09-09  
Top