kykNET Silwerskermfees 2015: Onderhoud met Jaco Botha

  • 0
jacobotha400

Jaco Botha

Jaco Botha vertel vir Naomi Meyer omtrent Sweisbril.

  1. Jaco, jy is die skrywer van die kortverhaal Sweisbril wat nou as film by die Silwerskermfees gaan vertoon. Wat het jou geïnspireer om hierdie storie te skryf?

Die lewe bly maar die beste storieverteller. ’n Vriend het my vertel dat hy graag sy kinders wou vat om die sonsverduistering te gaan sien. Hulle sou sweisbrille gebruik om hul oë teen die son te beskerm. Sy eksvrou het egter dinge vir hulle moeilik gemaak en so het die uitstappie nooit gebeur nie. Toe verbeel ek so bietjie by en dis die storie.  

  1. Vertel asseblief vir ons die storie, sonder om te veel verrassings te verklap.

Frannie het ’n vieslike drankprobleem. Dan, in ’n oomblik van helderheid, sien hy ’n koerantberig oor ’n sonverduistering wat op pad is. Hy vra sy broer Theo of hy by hom drie sweisbrille kan leen om vir sy kinders die sonsverduistering te gaan wys. Soos die dag van die eklips nader kom, vind ons al hoe meer uit oor hoekom Frannie so in sy moer is. Dis ’n storie oor desperaatheid, ’n storie oor ’n man wat te ver gedruk word.

sweisbril.650 

  1. Dis baie verskillend om 'n verhaal te skryf en om dit te sien afspeel. Lyk die karakters vir jou soos jy gedink het hulle sou, en die omgewing? Wat is eenders, wat verskil?

Ek het nog nie die film gesien nie – is vandag op pad na die Silwerskermfees. Dit is so ’n wonderlike ding wanneer kuns nog kuns inspireer. Ek en Gerard Rudolf – wat die draaiboek geskryf het en ook die regisseur van die fliek is – is geestelike broers. Ek is opgewonde om te sien wat Gerard en sy uiters begaafde span uitgerig het – ek glo dit sal net goed wees.  

  1. Watter ander films gaan jy nog by die Silwerskermfees kyk?

Ek dink ek gaan omtrent alles kyk, om te sien wat daar is wat my opgewonde maak. Hopelik skep die fees ook geleentheid vir nuwe vennootskappe.  

#SilwerskermFees, #kykNET en #Sweisbril

sweisbril650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top