Totsiens Knysna

  • 4

Al die wind,
al die water
wat oor duisende miljoene jare die rots laat skeur
en kraak
en kerm
en skreeu
en huil het

Al die water en wind
wat die rots
in twee gebreek het,
dit uitmekaar geskeur het tot
Oos-
en Wes-kop.

Al daardie water en wind van miljoene jare
skeur in een oomblik deur sy brose hart,
laat sy ore suis,
vul sy keel.

Niks,
niks,
niks, behalwe die vaste wete dat hulle:
twee koppe,
twee harte
vir aller ewigheid na mekaar sal kyk,
maar nooit, ooit weer
aan mekaar sal raak nie.

  • 4

Kommentaar

  • Zelda Prinsloo

    Môre se sonopkoms, gister se somersdag. Winter kruip nader, die maan my kombers. Die tik - tak, tik - tak van sekonde wysers...hou aan herinner! Spoor bewyse daar...tog bly dit ongevind? Liefde hou aan groei, stemme van sement bly echo... Weggesleep die einde, blindelings nie erkenbaar soos Kameeldoringhout wat bly vlekke brand, is die smaak van maskers wat oorbly in die as...! Elke dag sigbaar die gejaag van tyd...wat nie sal verloor...opdraande en afdraande..waar lê jou grens? Vandag se mosaik, oormôre se lied...oormôre se lied, eergister se onthou. Hoe het jy jouself so verloor ..Gedagtes in kompetiesie met haar kaalvoet blokkiesraaisel...soos dak safiere en glasmusiek...stuk - stuk saam in harmonie. Dag en nag geluide soek plek hul voete te rus, net soos die stilte antwoord gee. Klipbedekte visie, eendag die waarheid ontleed. Die daaglikse bou van Hoop...verander in geraamde wonder. 'N pilaar van druppels gedroog, al jou geheime ontblood. Gevoelens van erkenning, werklikheid en besef van warm en koud...tussenin jou twyfel van sekerheid. Paradys van berge...in elk se sirkel geseël...!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top