Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel is ’n bekroonde joernalis, skrywer en radio-aanbieder van Johannesburg. Sy het ’n graad in politieke wetenskap van die US, en is sedert 2016 betrokke by Outa. Permitted plundering: How parliament failed South Africa is haar sewende niefiksieboek.

My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Ilse Salzwedel Resensies 2025-12-15

Marita van der Vyver se boek is veel meer as ’n reisboek – dis ’n besinning oor die lewe en oor hoe ons leef, skryf Ilse Salzwedel.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: In gesprek met Franco Prinsloo oor Miracle tree

Ilse Salzwedel, Franco Prinsloo Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

"Harmonie – dis enige koormeester se mikpunt. Plaas nou iemand soos die gevierde komponis Franco Prinsloo in beheer van ’n produksie, en jy beleef die ware krag van harmonie. Nie net in die musiek wat jy hoor nie, maar ook in die dans tussen die pragtige, uiteenlopende tale van ons land, soos hy weer met ’n nuwe produksie bewys."

Madelein Rust: ’n huldeblyk

Ilse Salzwedel In memoriam 2025-08-06

"Ek sal ook Madelein se besondere sin vir humor onthou. Gaan lees gerus haar kankerboeke om te hoor hoe lekker kon sy ook met haarself spot, selfs in die donkerste tye."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke

Freek Robinson, Ilse Salzwedel, Rudie Heyneke Onderhoude 2022-01-13

President Cyril Ramaphosa het onlangs die eerste deel van die Zondo-kommissie se langverwagte verslag oor die ondersoek na staatskaping in ontvangs geneem. Gaan die wiel van die reg tot by optrede teen korrupsie draai? Freek Robinson gesels met joernalis en skrywer Ilse Salzwedel (Permitted plundering ‒ how parliament failed SA) en Rudie Heyneke (Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA)).

Vier susters deur Gerda Taljaard, ’n resensie

Ilse Salzwedel Resensies 2021-07-21

"Vier susters bevat elemente van die briefroman, historiese roman en plaasroman, vernuftig gekombineer in ’n boeiende verhaal waarin verhoudings sentraal staan."

Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert, ’n resensie

Ilse Salzwedel Resensies 2021-06-10

"In hierdie geval word die geskiedenis – nes die ruimte – as’t ware ’n karakter in die verhaal eerder as net blote vervelige agtergrond vir die storie."

Ian Wessels (14 April 1960 tot 19 April 2021), in memoriam

Ilse Salzwedel In memoriam 2021-04-22

"Ek sal hom onthou vir sy warm hart, gasvryheid, vrygewigheid en skerp brein, maar – soos die meeste mense – beslis ook vir sy sin vir humor."

Wie was St Valentyn nou eintlik?

Ilse Salzwedel PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2019-02-14

Valentynsdag is sekerlik een van die mees gekommersialiseerde vierings van ons tyd, maar wie was die man na wie hierdie dag van liefde vernoem is, en hoekom vier ons dit juis op 14 Februarie? Ilse Salzwedel berig.

Sterk, ouer vroue al meer die norm in liefdesverhale

Ilse Salzwedel Boeke en skrywers 2016-04-12

"Waar ek ook al in boekgesprekke betrokke is, is dit opmerklik dat vrouefiksielesers van die lojaalste ondersteuners van die Afrikaanse boekbedryf is. En moet ook nie die fout maak om te dink hulle lees net romantiese fiksie nie – hulle lees en koop alles wat in Afrikaans verskyn, en ʼn naïewe jong dingetjie as heldin gaan hulle doodgewoon nie tevrede stel nie."

My hel in Dubai (en oor ander skrywers se stories)

Ilse Salzwedel, Naomi Meyer 2013-06-28 "Ek hoop die boek laat mense besef dat dit baie belangrik is om die moets en moenies van ander kulture te leer voordat hulle vreemde bestemmings stormloop."

Skrywers en boeke op RSG kry 'n nuwe aanbieder

Ilse Salzwedel, Naomi Meyer 2013-06-04 "Oe, die tegnologie was aanvanklik moeilik! Dis beslis nie vir sissies en blondines nie." Ilse Salzwedel oor die radio-ateljee.
Top