Hennie van Coller

H.P. (Hennie) van Coller is uitstaande professor (emeritus) en navorsingsgenoot aan die  Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Hy is die skrywer van meer as 140 eweknie-beoordeelde artikels in geakkrediteerde tydskrifte; 40 hoofstukke in boeke; en skrywer en/of redakteur van 25 boeke. Sy belangrikste publikasies is Tussenkoms. Literêre opstelle (1990), Tussenstand. Literêre opstelle (2009), die literatuurgeskiedenisse Perspektief en profiel. ’n Literatuurgeskiedenis (2016), Verbintenis en venster. Die Nederlandstalige letterkunde van aanvang tot hede. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (2019) en Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking (2021). Hy is ’n voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy vertalings van gedigte deur Luuk Gruwez, Bandelose gedigte, is in 2009 gepubliseer en sy digbundels Soom in 2011 en Helaas in 2022. ’n Bundel rubrieke, ’n Pampoen vir Kersfees, word in 2020 gepubliseer en poësievertalings uit Nederlands, Weerbare weemoed, in 2021. Hy is veelvuldig bekroon met die Eeufeesmedalje én navorsingsmedalje van die Universiteit van die Vrystaat, die EURIAS Senior Navorsingsgenootskap, die Elisabeth Eybers-beurs, die Gustav Preller-prys vir literatuurwetenskap en die D.F. Malan-prys vir uitsonderlike bydrae tot Afrikaans. In 2021 was hy mede-ontvanger van die Jan H. Marais-prys vir ’n uitstaande wetenskaplike bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal en hy ontvang in 2022 die N.P. Van Wyk Louw-medalje van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie

Hennie van Coller Resensies 2017-07-18

"Van Heerden bereik met hierdie roman weer die peil van sy beste werk."

Akademiepryse 2017: LW Hiemastraprys vir niefiksie aan Carel van der Merwe

Hennie van Coller Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Donker Stroom deur Carel van der Merwe vul die bestaande navorsing oor die enigmatiese Eugène Marais op  voortreflike wyse aan."

Karel Schoeman: ’n huldeblyk deur Hennie van Coller

Hennie van Coller In memoriam 2017-05-11

"Schoeman was nog altyd ’n skrywer wie se werk aansluit by die Afrikaanse prosatradisie, maar wat dan bakens versit deur sy radikale uitholling van die tradisie."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die taal van been deur Heilna du Plooy

Hennie van Coller Resensies 2016-05-17

"Kyk jy dieper as die skedel, vind jy die mens; ondersoek jy verskynsels soos vigs, regstellende aksie of geweldsmisdade, is daar altyd 'n ondergrond waarteen jy dit as 't ware moet 'lees' en begryp, en kyk jy dieper as die oppervlak van hierdie roman, vind jy weggesteekte lae betenisse."

Literary prestige: The case of Eleanor Baker

Marian Human-Nel, Hennie van Coller Academic research 2016-02-19

"Although the female perspective that Baker consistently applied is convincing, the typically "feminine" themes of homes and relationships most probably led directly to negative evaluations by male critics and were responsible for her marginalised position in the Afrikaans literary canon."

#Feesmustfall: perspektiewe op Afrikaans as 'n taal vir universiteite

Hennie van Coller Universiteitseminaar | University Seminar 2016-02-19

"Té gou word ook vergeet dat meertaligheid oënskynlik duur is, maar dat mensepotensiaal wat deur eentaligheid verlore gaan, 'n veel groter prys impliseer."

Literêre prestige: Die geval Eleanor Baker

Marian Human-Nel, Hennie van Coller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-02-18

Het die vroulike perspektief en tematiek in Eleanor Baker se werk haar plek in die kanon negatief geraak? Marian Human-Nel en Hennie van Coller ondersoek Baker se literêre prestige.

André P Brink se nalatenskap aan die letterkunde

Hennie van Coller 2015-02-17 "Wanneer Brink se plek in die Afrikaanse letterkunde bepaal word, kan hy ook nie bloot as skrywer van bellettristiese prosatekste beoordeel word nie. Brink was ’n formidabele teoretikus, kritikus, vertaler en seker een van die belangrikste kanoniseerders in die Afrikaans letterkunde ..."

Resensie-gesprek: Volledige kodes ontbreek dikwels by kommunikasie

Hennie van Coller 2012-10-18 "Dit laat my altyd dink aan Lena van Wyk wat 37 keer (of was dit op 37 plekke?) geprikkel is deur ’n boek van Etienne Leroux – en sy het hierdie reaksie gehad bloot op ’n klompie aanhalings uit die boek. Stel jou haar toestand voor as sy die werklike boek sou gelees het!"

Is daar dan gay-kuns ook?

Hennie van Coller, Danie Botha, Izak de Vries Academic research 2012-08-20

"Op Woensdag 13 Julie 2012 was daar tydens die Vryfees in Bloemfontein in die kategorie 'Van Rensburg Patoloë Boekefees' ’n bespreking van die onderwerp: '’n Gay kunstenaar: is daar dan gay-kuns ook?' Hiermee dan Danie Botha se teks wat as basis vir die opnames gedien het."

Skrywersreaksie op die resensie van Soom

Hennie van Coller 2012-07-20 Hennie van Coller lewer reaksie op die resensie van sy bundel, Soom, deur Gunther Pakendorf.

Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur

Hennie van Coller 2011-06-22 Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit ’n onderskeid tussen “hoë” en “lae” vorme van kultuur/literatuur – ’n onderskeid ...

Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur

Hennie van Coller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-06-22

"Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit ’n onderskeid tussen 'hoë' en 'lae' vorme van kultuur/literatuur – ’n onderskeid wat in die postmodernistiese era voorkom."

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hennie van Coller reageer

Hennie van Coller, Hennie van Coller 2011-03-08 Hennie van Coller reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. My gevraagde ...
Top