Gerrit Rautenbach

Gerrit Rautenbach is ’n reisiger, reisskrywer en fotograaf. Sy reislus het begin toe sy ma vir hom Gulliver se reise voorgelees het. Hy was drie. ’n Paar jaar later het hy alleen op die Magaliesberg gaan slaap. Sedertdien het hy ’n paar nagte in ’n paar vreemder plekke geslaap. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy was drie jaar in Europa, 300 kilometer ver in die Arktiese Sirkel, en het meer as 20 reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit wat die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië opgeskryf het.

 

Gerrit is ’n alleenloper; hy besit nie ’n huis of ’n hond nie, maar wel ’n rugsak en ’n geldige paspoort. Sy eerste bundel reisverhale, Kopreis  (Queillerie) is in 2011 uitgegee. Hy werk nou aan ’n opvolgbundel en ’n reisroman.

 

90 090 reiswoorde … en net 1 001 kan wen. Genugtig!

Gerrit Rautenbach Reis 2015-04-30

"Om die proses aan die gang te kry het ek deeglik gelees en weer gelees en uiteindelik die 90 stories uitgedun na ’n kortlys. Dit word dan die Top 10-lys, maar die stories is so lekker dat daar 13 stories in die Top 10-lys is."

PEN Afrikaans-gesprek: Volledige gesprek en foto's

Gerrit Rautenbach 2015-03-27 Op Woensdag 25 Maart 2015 het PEN Afrikaans hulle eerste oop gesprek aangebied by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Die tema was: “Watter impak kan die Afrikaanse skrywer nog in die hedendaagse Suid-Afrika maak?” Luister na die gesprek en kyk na foto's van die geleentheid.

Foto's: US Woordfees 2015

Naomi Bruwer, Jean Oosthuizen, Gerrit Rautenbach 2015-03-17 Die US Woordfees is met groot sukses op Stellenbosch aangebied. Naomi Bruwer, Gerrit Rautenbach en Jean Oosthuizen het met hulle kameras rondgeloop. 

US Woordfees 2015: Foto's van Fanie Viljoen: Pleisters vir die Dooies

Gerrit Rautenbach 2015-03-13 “Hy skryf so lekker, want hy praat so lekker,” sal Nanette van Rooyen vir jou sê van Fanie Viljoen. 

US Woordfees 2015: Foto's van 16 Onse

Gerrit Rautenbach 2015-03-12 16 Onse is die vlagskip-produksie van vanjaar se US Woordfees en dié reënboog-musiekvertoning het voorwaar ’n sterk verteenwoordiging van onse almal se musiek. 

US Woordfees 2015: Foto's van Zelda la Grange: Goeiemôre, mnr Mandela

Gerrit Rautenbach 2015-03-10 Zelda la Grange se Goeiemôre, mnr Mandela was ’n kits-blitsverkoper, maar wie is Zelda regtig? Piet Croucamp het dit probeer uitvind in die US Woordfees Boektent. 

US Woordfees 2015: Foto's van Toorwoorde roep my se opening

Gerrit Rautenbach, Naomi Bruwer 2015-03-10  In D-straat Galery is ’n unieke uitstalling te sien as deel van die US Woordfees 2015. Toorwoorde roep my is kunswerke van 11 kunstenaars wat almal geïnspireer is deur lirieke van Valiant Swart.

Gerrit Rautenbach praat oor reis en veral oor mooiloop

Gerrit Rautenbach, Naomi Meyer 2015-02-03 "Die diep Namibwoestyn. Die Krugerwildtuin. Vic-waterval aan die Zambië-kant. Mana-poele. Maar ook Praag, Sweedse argipel, Positano, Pai in Thailand, Beirut. Almal wonderlike plekke, maar my gunstelingreisbestemming is die volgende een op die lys."

Biebouw-resensie: Krokodil aan my skouer deur Christiaan Bakkes

Gerrit Rautenbach 2014-10-21 "Stoffel se grootste storie." Gerrit Rautenbach resenseer Christiaan Bakkes se Krokodil aan my skouer.

Whoever fears the sea by Justin Fox

Gerrit Rautenbach 2014-08-29 Gerrit Rautenbach reviews this book by an intrepid traveller and travel writer.

Ek onthou die president van Flinkveria

Gerrit Rautenbach 2014-07-03  Monitor op RSG het hierdie week 40 geword. 40 jaar gelede het Fanus Rautenbach se Flink uit die vere plek gemaak vir dié aktualiteitsprogram.  Gerrit Rautenbach vertel sy kleintydherinneringe aan Flink uit die vere.

US Woordfees 2014 Foto's: Die ligter kant van woorde

Gerrit Rautenbach 2014-03-18 Gerrit Rautenbach deel sy foto's van die US Woordfees 2014.

Christiaan Stoffel Mathysen Bakkes is ’n unieke mens

Gerrit Rautenbach 2014-03-13 Dit was wel in die Boektent waar die wildeman van Palmwag in Namibië met Erns Grundling gesels het, maar dit het gou gevoel of hulle laatnag om ’n kampvuur sit.

US Woordfees 2014: ’n kykie na boekomslae

Gerrit Rautenbach 2014-03-12 Wat die oog eerste sien: ’n kykie na boekomslae

US Woordfees 2014: Oor fantasie en magie

Gerrit Rautenbach 2014-03-12 Watter invloed het fantasie en die magiese op ons samelewing?
Top