Elza Smal
KUNS: 2006 - 08 : Thupello Werkswinkels 2007 – 09: Kuns uitstalling : Lutzville Wynkelder Dept. Economic Development and Tourism UITVOERENDE KUNSTE: 2004 : Behaal 3de plek met gedig ”KARTONDOOSKIND’ BY Poetry instituut of Africa. 2005 : Woon Skrywer slypskool te Koekenaap by. 2005 : Organiseer en lei Woordkuns voorlesings in Lutzville en Vredendal 2005 : Neem deel aan ‘n Voorlees Program vir ASV (Afrikaanse Skrywersvereniging) te Cederberg Kunstefees. 2006 : Koordineer Skrywerswerkswinkel in samewerking met Weskus Dept. Kuns en Kultuur te BrandseBaai 2006 : Bywoning van Skrywerswerkswinkel te Stellenbosch Woordfees 2007- 2009 : Gekies as Uitvoerende Bestuurslid en Koordineerder van die Afrikaanse Skrywersvereniging, in die Weskus Distrik 2007 : Bywoning van Skrywerswerkswinkel te Stellenbosch Woordfees 2007 : Gekies as bestuurslid van Weskus Storievertellers 2008 : Bywoning van Herfsskool vir skrywers aangebied deur ATKV te Noordwes-universiteit. 2008- 2011 : Voorsitter van die Weskus Kunsvereniging 2009 : Deel van die ASV span in Debat vir Afrikaans te Woordfees Stellenbosch 2010-2011 : Bied poësie werkswinkels aan in samewerking met Weskus Dept. Kuns en Kultuur te Witzenberg en Matzikama streek TOEKENNINGS: PRYSE GEWEN: 2004: Behaal 3de plek met gedig ‘Kartondooskind’ by Poetry Instituut of Africa 2007: Ontvanger van die Willem Fransman Debuut Skrywer toekenning van die Afrikaanse Skrywersvereniging TONEELSTUKKE GESKRYF EN OPGEVOER: 2007 : Verwerk eie gedigte tot kort dans en drama opvoerings . 2009 : Skrywer en regiseer van Kersfees drama. Uitgevoer deur MYDO (Matzikama Youth Development) 2010 Skryf en verwerk drama. Uitgevoer deur deur MYDO (Matzikama Youth Development) PUBLIKASIES GEDIGTE : Cd Vrystelling . ‘POUVEER’ met 19 gedigte Saamry bundles: Departing Dawn (Poetry Instituut of Africa) Watched by an angel (Christian Poetry Instituut of Africa) River of life (Christian Poetry Instituut of Africa) Diversity is power ( EKM Dido) KOERANTE: Ons Kontrei . maandelikse bydrae van gedigte RADIO : Voorlesing van eie gedigte by Radio Namakwaland Voorlesing van kortverhale op RSG (Spookstories) OPDRAGWERK 2006 : Skryf Burgemeester, Mnr David Jenner gedig . 2009 : Skryf en voorlees van gedig aan Minister van Kultuursake Mnr Sakkie Jenner.
"Kartondooskind" deur Elza Smal
Elza Smal
2012-11-12
? Kartondooskamer, ? koerantkombers
Dis al wat hy het, wyl die koue kners
Ogies opgeslaan
Handjies bak gehou
hoop hy om die honger weg te hou
My geliefde: Liefste Lodewyk
Elza Smal
2012-05-31
"Die granate sit nou uitgeswel en volrooi aan die boom. Vanmiddag het ek die eerste knal van die oopbarsgranaat gehoor. Toe wens ek jy was hier. Hier saam my onder die granaatboom om saam met vet rooi sade oor die graspolle te dans. Om saam onder die bloedrooi sproeireën te staan en uitbundig te lag."
Vervaldatum-kompetisie: Vergifnis sonder vervaldatum
Elza Smal
2012-04-18
Hoe kon hy dit doen? Hoe? vra Liza vir die soveelste keer die vraag in haar gedagtes. Sy wou net die beste vrou en ma wees. Sy onthou toe hulle tien jaar gelede ontmoet het. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Almal vertel tot vandag toe watter pragtige paartjie hulle is. Straal altyd van geluk. Veral nadat hulle na ses jaar geseën is met ’n pragtige, gesonde dogtertjie.
Vertaalkompetisie: Wilde saad
Elza Smal
2012-02-23
"Sal sy gode ook eendag deel van sinsbegogeling wees? Of dalk ontwaak hy tussen raaisels met ’n waansin-glim van onthou."
Draak-sprokie-kompetisie: Drakie Glievd
Elza Smal
2012-02-22
Daar was ’n tyd, voor mense soos vandag, nog saam met ander ou volke en wesens in vrede op aarde gewoon het. Hulle het geweet dat iets belangriks gaan gebeur; daarom het elke wese sy dagtaak met oorgawe gedoen en geduldig gewag.