Vertaalkompetisie: Wilde saad

  • 0

Soggens wandel hulle
Al met die treinspoor langs
tot onder by die rivier.
Sy – Moeder, eens godin
Hy – wilde saad van ’n droster.
Droster-engel van die renbaan.
Hy, versin renmotors en geruite vlae
Dan is hy vry, met die wind in sy hare
Tussen versinde motors en dooie siele is hy een
om uit wilde verbeeldingsvlugte
die adel van voorsate te verwek
– ’n onoorerflike fabel –
Sal sy gode ook eendag deel van sinsbegogeling wees?
Of dalk ontwaak hy tussen raaisels met
’n waansin-glim van onthou.
Herkenning
net ’n flikkering in sy siel
Nostalgie
brokkies onthou van ’n ander lewe
Ewige betwyfeling van die siel
In hul onskuld
verloor die krankes
hulle pyne
– ’n haan, ’n kruis –
Die voortreflikheid van liefde
In sy huis van klatergoud
is die vader bedroef
Komplekse gedagtekringe
’n duisend myl ver
Onwetend van ’n jong vreemdeling
Wat voor sy deur
boemel

[Vertaal deur Elza Smal. Oorspronklike gedig, "Wild orphan", deur Allen Ginsberg.]
 

Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top