"Kartondooskind" deur Elza Smal

  • 1

Kartondooskind

? Kartondooskamer, ? koerantkombers
Dis al wat hy het, wyl die koue kners
Ogies opgeslaan
Handjies bak gehou
hoop hy om die honger weg te hou

REFREIN:
Rykmanskind
Hmm
Armmanskind
Hmm
Kartondooskind
Kartondooskind

Skurwe voetjies, ken geen kous of skoen
Hy weet nie eens wat hy op hierdie aarde doen
Hy ken geen liefde, geen troetel teen die bors
maar hy weet van honger, koue en die dors

REFREIN

Vanaand in sy kartondooskamer wikkel hy sy lyfie
klein onder sy koerantkombersie in
? Doel sal daar wees, ja ek moet dit glo
want elke kindjie is ? geskenk van Bo

REFREIN

Ek hoop dat jy, klein kartondooskind
vandag of eendag jou geluk en doel sal vind
Rykmanskind
Hmm
Armmanskind
Hmm
Kartondooskind (x3)

  • 1

Kommentaar

  • Geluk Elza
    Die gedig is gekeur vir plasing in die STRAATKINDBUNDEL wat vrygestel word op Internasionale Straatkinddag – 12 April 2016. Die webwerf: https://www.litnet.co.za kry volle erkenning as die oorspronklike bron van publisering.
    Daar is 60 gedigte wat ’n straatkind se lewe getrou weergee, 60 skrywers wat die projek ondersteun. Jou toestemming word verlang om die bydrae te publiseer.
    Die projek is ’n inisiatief van die nie-winsgewende organisasie YOUNG WORLD EDUCARE wat die afgelope 15 jaar betrokke is by straatkinders.
    100 Digbundels word geborg deur VISIONART PUBLICATIONS; hulle is ook verantwoordelik vir die uitgee en verspreiding van die Straatkindbundel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top