Haikoe-kompetisie: 4 Haikoes deur Elza Smal

  • 0

 

in elke donker hoek skuil 
woorde agter skadu’s
"môre," groet die son

Die man eggo donderweer
klingel ‘n dubbel
kind maak gou spore

om en om spin Vrees sydrade
reën, spinnekop, ’n
splinternuwe reënboogweb

sy droom perskebloeisels tot 
beeld donderwolke blits
padda bly maar net padda


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top