Danie Marais

Danie Marais is in 1971 in Kimberley gebore, gaan in Pretoria skool en behaal in 1993 op Stellenbosch 'n B.Com-graad met regsvakke. Hy studeer in die onderwys aan die Carl von Ossietzky Universität in Oldenburg, Duitsland, met Duits, Wiskunde en Filosofie as hoofvakke. Hy is tans 'n vryskutjoernalis in Kaapstad. Marais is teksredakteur van Visi, artikelredakteur vir Boeke-Insig, en skryf 'n gereelde rock-rubriek vir Beeld. Op Bush Radio bied hy The Unhappy Hour, ‘n musiekprogram, aan saam met Clive Smith, Toast Coetzer en Erns Grundling. Hy het sy vrou, Karlien de Villiers, se eerste grafiese roman, Meine Mutter war eine schöne Frau, in Duits vertaal. Van sy gedigte is opgeneem in die volgende bloemlesings: Nuwe stemme 3 (saamgestel deur Antjie Krog en Alfred Schaffer), Honderd jaar later (saamgestel deur Johann Lodewyk Marais), My ousie is 'n blom (saamgestel deur Charl-Pierre Naudé), Versindaba 2006 en Versindaba 2008 (saamgestel deur Marlise Joubert) en Groot verseboek (saamgestel deur André P. Brink). In 2007 is hy uitgenooi na Poetry International in Rotterdam en is daar opgeneem in die fees se bloemlesing, Hotel Parnussus:Poezie van dichters uit de hele wereld. Marais het ook deelgeneem aan Poetry Africa 2007 in Durban. Hy is in 2005 vir die DaimlerChrysler-prys vir poësie genomineer. Vir sy debuutbundel, In die buitenste ruimte (2006), het hy die Ingrid Jonker-, Eugène Marais- en UJ-debuutprys ontvang. Opgedateer/Updated: 2008-11-13 Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan [email protected] Bio-info dated? Send an e-mail to [email protected]    

Elders gesien: Danie Marais onthou vir Jeanne Goosen

Danie Marais Elders gesien 2020-06-04

"Jeanne Goosen hét styl: die manier waarop sy haar meer as sewe dekades en haar plooie dra soos ’n sangoma ’n Pep Stores-kombers wat sy enige tyd kan afgooi; die manier waarop sy in die restaurant The Long Table inslof asof niks gemaak van geld en aansit haar kan beïndruk nie; die manier wat sy haar sigaret aansteek en ’n dubbel-whisky vir ontbyt bestel ..."

Dag 16: Kwarantynketting – "Dowwe paniek en onwerklikheid in die Eikestad Mall" deur Danie Marais

Danie Marais Kwarantynketting 2020-04-11

"Onder die soeklig van die virus wonder ek opnuut oor die geldigheid van die gedigte waarmee ek in die laaste twee tot drie jaar gestoei het; gedigte oor die vrese en bevoorregte magteloosheid wat voorstedelinge teister."

Jan Rabie-Rapport-prys 2019

Danie Marais Boeke en skrywers 2019-09-14

Hier is die wenner van die Jan Rabie-Rapport-prys 2019.

Die stand van meertaligheid van Kaapstad tot in Tibet: Konferensie van PEN International se Komitee vir Vertaling en Taalregte – TLRC (Translation and Linguistic Rights Committee)

Danie Marais PEN Afrikaans 2018-08-13

"Ek het by die Biel-konferensie in ’n referaat verduidelik watter diskrepansie daar in Suid-Afrika bestaan tussen grondwetlik verskanste taalregte en beleidsdokumente, aan die een kant, en institusionele taalpraktyke, aan die anker kant."

Sampie Terreblanche (17 April 1933 – 17 Februarie 2018)

Danie Marais In memoriam 2018-02-19

"Hy het my aandag gehou en laat voel dat ek veel meer aandag behoort te gee – nie net aan my eie frustrasie en begeertes nie, maar aan die spesifieke maniere waarop dinge vir die meeste mense in hierdie land nie werk nie."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Oktober 2017

Danie Marais PEN Afrikaans 2017-10-12

Oor: vakature: bestuurder van PEN Afrikaans; die notule van ons AJV 2017 in Wellington en die verslae wat daar gelewer is; PEN Afrikaans se nuwe bestuur; resensiekursus in samewerking met Netwerk24 en NB-Uitgewers; wenners van die 2017 kykNET-Rapport-boekpryse; in memoriam: Ryk Hattingh; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in September; nuwe Afrikaanse boeke in Oktober

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys vir Afrikaanse debuutfiksie 2017 – Hy kom met die skoenlappers, Valda Jansen

Danie Marais Boeke en skrywers 2017-10-03

"Hy kom met die skoenlappers is ’n roman wat lees soos ’n memoir oor die gisters wat nooit heeltemal verby kan wees nie. Dit wentel om die maniere waarop die verlede die lewe van die moderne Suid-Afrikaner steeds vorm, wring en temper."

PEN Afrikaans AJV 2017: Bestuurdersverslag

Danie Marais PEN Afrikaans 2017-09-28

"Ons PEN-sentrum het baie waardevolle myle in ’n kort tydperk afgelê en ons is nou goed geposisioneer om die saak van die Afrikaanse letterkunde, joernalistiek en uitgewerswese sowel nasionaal as internasionaal te bevorder."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Februarie 2017

Danie Marais PEN Afrikaans 2017-02-09

Oor: ledegeld vir 2016 en twee uitstaande kwitansies; sensuur by die SAUK – die tugsaak teen Thulani Msimang; die finale weergawes van kortverhale in ons aanlyn New Voices-slypskool vir belowende jong skrywers; vrae en antwoorde oor uitgewerskontrakte; Trippel-7, deel 2; 'n oorsig van al die Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Januarie wat digitaal beskikbaar is; nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Tweede kommentaar op "Onder eng'le" deur Jaco du Plooy

PEN Afrikaans, Izak de Vries, Danie Marais PEN Afrikaans 2017-01-05

Lees Izak de Vries en Danie Marais se kommentaar op Jaco du Plooy se kortverhaal, "Onder eng'le".

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Tweede kommentaar op "Die vlieg en die waiter" deur Elisha Zeeman

PEN Afrikaans, Izak de Vries, Danie Marais PEN Afrikaans 2017-01-05

Lees Izak de Vries en Danie Marais se kommentaar op Elisha Zeeman se kortverhaal, "Die vlieg en die waiter".

PEN Afrikaans Nuusbrief: Desember 2016

Danie Marais PEN Afrikaans 2016-12-07

Oor: 'n groot feestelike boekbonus met die komplimente van Taalgenoot; PEN Afrikaans se nuwe boekrubriek; die tweede weergawes van Elisha Zeeman en Jaco du Plooy se kortverhale vir PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool; opwindende programme vir die US Woordfees en KKNK; vrae oor uitgewerskontrakte; nuwe Afrikaanse boeke in Desember

PEN Afrikaans Nuusbrief: November 2016

Danie Marais PEN Afrikaans 2016-11-08

Oor: ons groet 'n paar groot geeste met 'n gedig van Antjie Krog vir haar ma, Dot Sefontein; 'n nuwe gedig van Breyten vir Afrikaans en Gelyke Kanse; die SAUK steeds besig met sy boelietaktiek en sensuur?; eerste leesverslae van Izak de Vries en Danie Marais op PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool vir belowende jong skrywers; die Teksmark – 'n opwindende nuwe inisiatief vir die Afrikaanse teater; 'n konferensie oor moedertaalonderrig in Eersterust, Pretoria; belangrike besluite en verkiesingsresultate van die 82ste PEN International-kongres in Ourense, Spanje; nuwe Afrikaanse boeke in November

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Eerste kommentaar op "In alle veiligheid" deur Jaco du Plooy

PEN Afrikaans, Izak de Vries, Danie Marais PEN Afrikaans 2016-11-02

Lees Izak de Vries en Danie Marais se kommentaar op Jaco du Plooy se kortverhaal, "In alle veiligheid".

PEN Afrikaans se aanlyn New Voices-slypskool: Eerste kommentaar op "Die vlieg en die waiter" deur Elisha Zeeman

PEN Afrikaans, Izak de Vries, Danie Marais PEN Afrikaans 2016-11-02

Lees Izak de Vries en Danie Marais se kommentaar op Elisha Zeeman se kortverhaal, "Die vlieg en die waiter".

Top