Bester Meyer

Bester Meyer is in Alberton gebore. Hy studeer regte by RAU, en word daarna ’n prokureur by ’n firma in Kaapstad wat destyds opgetree het as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger. Bester het hom voorheen toegelê op musiek en neem ’n kortspeler met sy eie komposisies, Ontmoet jou onder ’n harvest moon (2010), saam met die musikant Albert Frost op. Bester se debuutdigbundel die Testament is pas deur Naledi uitgegee tesame met ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker getiteld Musiek vir jou ure. Bester se vertalings van Palestynse digter Magmoed Darwiesj is in die proses om geredigeer te word en sal binnekort ook deur Naledi uitgegee word. Bester is tans besig om die Testament in Engels te herskryf en beplan om dit Rebel song te noem.

  • Foto: verskaf

Lied van duiwe

Bester Meyer Poësie 2023-09-07

"ek hoor nou nog die duiwe se gekoer in Rietkuil se laning
en as ek die gedagte volg is jy daar, êrens aan die anderkant"

Gedig as mobilisering

Bester Meyer Poësie 2022-10-20

"Hoe maak ons die gedig los van geskiedenis,
filosofie en die samelewing se tegnologiese-
kultus-kultuur?"

Skaakmat

Bester Meyer Poësie 2022-09-15

"Ek sit aan die wit kant soos iemand aan die bibber-buitekant
en oorkant my sit jy, hartseer leser, soos ’n donker anderkant."

Uit Ouma se fotoalbum (vir Ingrid)

Bester Meyer Poësie 2020-12-03

"maar toe onthou het
Ouma was die digter 
en jy 
dalk net 
die gedig"

Top