Stemnota: Masemola is geskors
2026-04-24Die tydelike skorsing van nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola is Donderdagmiddag deur president Cyril Ramaphosa aangekondig. Politieke ontleder André Duvenhage lewer kommentaar.
Stemnota: Malema hou hof
2026-04-21EFF-leier Julius Malema se opmerkings oor die landdros wat vir hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis het vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, laat die wenkbroue lig. Politieke ontleder André Duvenhage lewer kommentaar.
Stemnota: Vuurwapensaak – Malema-hofuitspraak (16 April 2026)
2026-04-16Julius Malema is Donderdag tronkstraf opgelê in die vuurwapensaak. Wat gaan die impak van die hofuitspraak van 16 April 2026 op Malema en die EFF wees? Luister na politieke ontleder André Duvenhage se kommentaar.
South Africa as a criminal state – a critical evaluation
2026-04-01"The focus is especially on the functioning (nature and effect) of criminal tendencies within the South African political dispensation and the implications thereof for the democratic political dispensation."
Suid-Afrika as ’n misdaadstaat – ’n kritiese beoordeling
2026-04-01"Daar word veral gekonsentreer op die funksionering (aard en werking) van misdaadtendense binne die Suid-Afrikaanse politieke konteks en die implikasies daarvan vir die demokratiese politieke bestel."
Stemnota: Trump en wêreldwye energiebeheer
2026-03-05Luister na politieke ontleder André Duvenhage se stemnota oor die streeksoorlog in die Midde-Ooste en die moontlikheid dat dit kan uitbrei tot ’n derde wêreldoorlog. Hoe raak dit SA?
SteedsDink met LitNet Akademies: André Duvenhage oor sy akademiese navorsing
2025-10-09In hierdie video gesels André Duvenhage oor onder meer politieke paradigmas, die dinamika van politieke mag en die hedendaagse Suid-Afrikaanse politiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus André Duvenhage: Suid-Afrikaanse politiek
2025-10-09In hierdie video gesels André Duvenhage oor sy akademiese loopbaan en Suid-Afrikaanse politiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Politieke onsekerheid in die Suid-Afrikaanse politiek: ’n "politieke Rubicon" (?) en die pad vorentoe
2025-10-06"Waar die ANC in 2004 69,69% van die nasionale steun getrek het, het dit tydens 2019 tot 57,5% gedaal en in 2024 tot so laag as net onder 40%. Onlangse meningspeilings (tussen Maart en Julie 2025) van beide die SAIRR en die DA beklemtoon dat die party se steun nog verder kan daal, tot selfs onder 30%. [...] Soos wat die 2024-verkiesing gestaan het in die teken van fundamentele verandering, beloof die 2026/7-plaaslike verkiesing om ’n soortgelyke impak, maar net op ’n ander politieke vlak te hê. Dit mag selfs die einde van ANC-hegemonie op hierdie vlak beteken."
’n Regering van nasionale eenheid en die pad vorentoe
2024-08-30"Die uitdaging waarvoor ons primêr te staan gekom het, is om met bestaande demokratiese waardes as grondslag ’n Suid-Afrika te herbou wat die gekompliseerde eise maar ook die verwagtinge van ons tyd daadwerklik kan aanpak; met kortertermyn-suksesse ’n grondslag vir langtermyn-ontwikkeling kan lê; en waarin algemene belang hoër geag word as bepaalde belang. Dit benodig leierskap wat vanuit ’n gesonde waardestelsel kan dink en help bou aan ’n nuwe tydvak wat voor die deur lê."
Suid-Afrika in 2024: Hoe groot is die krisis?
2024-03-13"Hoe koalisiepolitiek gaan uitspeel, kan vorentoe uit eie reg ’n belangrike en selfs deurslaggewende faktor wees op die pad van fundamentele hervorming. Indien die proses verkeerd loop, hou dit ’n groot bedreiging in vir Suid-Afrika as ’n konstitusionele demokrasie, asook die 1996- grondwetlike bedeling." In sy LitNet Akademies-artikel sit André Duvenhage (2024) ’n motivering en strategie vir die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat uiteen. In aanloop tot die 2024-verkiesing gesels hy en Menán van Heerden oor die staatskrisis.
The fundamental reform of the South African state – motivation and strategy
2024-03-04"Can the situation still be resolved constitutionally in an evolutionary way and be rehabilitated, or is some form of a South African Spring our destiny?"
Die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat – motivering en strategie
2024-03-04"Kan die situasie nog grondwetlik evolusionêr hanteer en gerehabiliteer word, of is die een of ander vorm van ’n Suid-Afrikaanse Lente ons voorland?"
Die 2024-verkiesing: Is ’n Suid-Afrikaanse Lente op pad?
2023-10-25"Die status quo is nie volhoubaar nie en die vraag is nie of daar verandering gaan wees nie, maar eerder watter vorm dit gaan aanneem; watter tydsraamwerk ter sprake is, en veral wat die regerende elite se reaksie op ’n potensieel verswakkende situasie gaan wees. Dit maak die 2024-verkiesing die belangrikste verkiesing sedert die totstandkoming van ’n nuwe grondwetlike bedeling."
Will the South African constitutional democracy survive the challenges facing the current dispensation?
2023-03-20"The investigation finds that conditions within the South African politics, economy and society are not conducive for the consolidation of democratic values, and that a difficult scenario is in store in this regard."

