Die nuwe grondwetlike bedeling is nou bykans 30 jaar oud. Akademici, politici, joernaliste en leiers van die burgerlike samelewing wys telkens op toenemende politieke, maatskaplike en ekonomiese uitdagings waarvoor Suid-Afrika in onlangse jare te staan gekom het. Talle leiers in die korporatiewe sektor waarsku tans ook oor wat in Suid-Afrika kan uitspeel indien drastiese hervormings nie spoedig uitgevoer sou word nie. Raymond Ackerman (HUB van Pick & Pay) verwys byvoorbeeld na toenemende onstabiliteit en geweld terwyl Iain Williamson (HUB van Old Mutual) toenemende onstabiliteit en geweld as gevolg van nie-volhoubare dienslewering (water, elektrisiteit ens.) as ’n kernprobleem identifiseer. Laasgenoemde beklemtoon ook die gevare van internasionale sanksies as gevolg van Suid-Afrika se anti-Westerse sentimente en ondersteuning van Rusland in sy oorlog teen die Oekraïne. Op sy beurt verwys die gerespekteerde ouditeursgroep Price-Waterhouse-Coopers na “social unhappines boiling over” as gevolg van die groterwordende ryk-arm-situasie, gebrekkige sosiale kohesie en prys-inflasie (veral voedsel-inflasie) wat onlangs ’n veertienjarige hoogtepunt bereik het (Daily Investor, 2023; Bloomberg – Future & Finance Conference, June 2023; PWC, 2023).’n Onlangse brief van die Tesourie aan die regering ten opsigte van ’n onbeheerde eskalerende skuldlas met ’n fiskale afgrond wat wink is reeds deur talle ekonome, Investeerders en finanskenners uitgewys (Vergelyk Heystek, 2019, Cameron, 2020;2020a; Johnson, 2015;2019;2020a; Schussler, 2020; Parsons, 2020;en CIEC-data, 2020). Bogenoemde perspektiewe dui daarop dat Suid-Afrika ’n “Suid-Afrikaanse lente” in eie reg kan beleef as gevolg van ’n kombinasie van politieke, ekonomiese en maatskaplike omgewingsfaktore (vergelyk ook Jacobs, 2023). Gumede (2021) se perspektief in hierdie opsig is dat “we are going down the Mexican way” ten opsigte van georganiseerde misdaad en die aanslag hiervan op wet en orde, veiligheid en sekuriteit.
........
Die kernvraag is dat te midde van gekompliseerde veranderinge op talle terreine in onlangse jare, wat se tipe uitkoms kan verwag word met die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing? Wink ’n Suid Afrikaanse Lente op die horison?
........
My perspektief is dat Suid-Afrika rondom 2019 ’n kantelpunt bereik het, dat hierdie kantelpunt tot magsverskuiwings gelei het (die geweld van 2021 in KZN en Gauteng); politieke hersamestellings (sowat 70 “hangrade” as uitkoms van die 2021-plaaslike verkiesings) en die regerende party wat nasionaal net 47,5% steun kon verwerf; asook die besluite/keuses van die Nasionale Konferensie van die ANC – om enkele uitkomste te vermeld. Die einde van ’n politieke era is waarskynlik bereik, en in die woorde van RW Johnson (2020c): “This government will have to steer South Africa through an unprecedented fierce storm, a test it seems certain to fail. The government may well disintegrate, the state may fail.” Hierdie uiters negatiewe perspektief hang saam met Malan (2023) se waarskuwing ten opsigte van “the disintegration of the South African order.” En Majozi (2023) se verwysing na “SA’s problem of lawlessness and disorder”. Fundamentele strukturele hervorming (of ’n meer gewelddadige en onbeplande veranderingsproses met groter onsekerhede en risiko’s) blyk waarskynlike uitkomste op die korter termyn vir Suid-Afrika te wees. Die kernvraag is dat te midde van gekompliseerde veranderinge op talle terreine in onlangse jare, wat se tipe uitkoms kan verwag word met die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing? Wink ’n Suid Afrikaanse Lente op die horison?
Hierdie navorsing het as doel ’n breë politieke omgewingsverkenning onder meer gerig op die aanloop tot wat waarskynlik die moeilikste verkiesing sedert 1994 gaan wees – in besonder vir die regerende ANC en huidige politieke elites. Metodologies is die studie kwalitatief van aard met ’n oorsigtelike en verkennende benadering as grondslag. Die waarskynlike uitkomstes word in terme van scenario-perspektiewe beredeneer.
Fokuspunte van die besprekingsdokument sluit in:
- Analitiese raamwerk en kriptiese toepassing
- Die 2024-verkiesing
- Scenario 1 (Die voortsetting van die status quo midde ’n veranderende omgewing)
- Scenario 2 (Regeringsverswakking, koalisiepolitiek, en nuwe spelreëls)
- Scenario 3 (’n Suid Afrikaanse Lente)
- Gevolgtrekkings en evaluasie
Analitiese raamwerk en toepassing
Die metodologie wat hier gebruik is, is die van ’n politieke omgewingsverkenning/-ontleding met as fokus politieke, ekonomiese, maatskaplike en internasionale faktore. Die politieke kantelpunt wat bereik is (waarna daar in die inleiding verwys is) het verreikende implikasies op talle terreine van die politiek, ekonomie en samelewing tot gevolg gehad, wat in wisselende omvang uitspeel met soms moeilik voorspelbare uitkomste (Duvenhage, 2020a; 2020b; 2020c; 2021; en 2023). Die 2024-verkiesing moet in sodanige verband beoordeel word as ’n skakel (episode) in ’n groter ketting van gebeure waarin patrone van politieke onstabiliteit reeds prominent is en waarin onsekerheid en onduidelikheid telkens vooropstaan.
Omdat ’n studie van hierdie aard so geweldig omvangryk is, word die gevolgtrekkings van bestaande studies gebruik en die belangrikste uitkomste as agtergrond ten opsigte van die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings breedweg ter agtergrond toegelig.1 Vergelyk die volgende diagrammatiese voorstelling as metodologiese vertrekpunt tot die navorsing:
Die staatkundige en politieke konteks: Die oorhoofse staatkundige konteks word gekenmerk deur hoë vlakke van politieke onstabiliteit en institusionele verval. Politieke onstabiliteit verwys na rolspelers wat ’n politieke stelsel en verbandhoudende stelselprosesse ondermyn (of destabiliseer) met as uitkomste gebrekkige orde en reëlmaat, asook inkonsekwenthede wat onsekerheid vergroot en nie-voorspelbaarheid bevorder. (Vergelyk Ake,1975:271-283 wie se argumentasie ten grondslag lê van hierdie konseptualisering.) Voorbeelde van onstabiliteit is die algemene verval van wet en orde in Suid-Afrika; die staat wat in sekere omgewings nie meer oppermagtig is nie; die inploffing van die strafregstelsel, en patrone van politieke geweld wat insluit gewelddadige stakings en diensleweringsproteste; vigilantisme; taxi-geweld; sluipmoorde; gewelddadige en georganiseerde misdaad, en vorme van arbeidsonrus en geweld.2 Suid-Afrika het oor die afgelope dekade (of meer) toenemend onstabiel geraak en die trajekte op talle van bogenoemde terreine was soms baie negatief van aard. Hierdie aspek hang nou saam met die tendens van ’n verswakkende staat wat deesdae meer prominent sigbaar is.3
Politieke en institusionele verval beteken dat instellings nie by magte is om daardie take waarvoor hulle ’n mandaat het te kan uitvoer nie, of die take slegs in ’n beperkte mate kan volvoer. Hiervan getuig talle staatsinstellings waaronder die SAPS, SANW, SSA, maar ook ander vlakke van regering waaronder provinsiale en plaaslike regering. Dit word bereken dat sowat 80% van plaaslike regerings wanfunksioneel is of elemente van wanfuksionaliteit ervaar. Poginge tot die remediëring van die situasie (ingevolge artikel 139 (a, b, c, d) van die Grondwet is grootliks onsuksesvol bewys. Die huidige situasie by semi-staatsinstellings soos ESKOM, TRANSNET; die Poskantoor, Landbank en DENEL lewer net soveel (selfs nog meer) bewysgrond vir patrone van politieke en institusionele verval om dit een van die mees prominente karaktereienskappe van die kontemporêre staatkundige omgewing te maak (Duvenhage:2023)
Die ANC-dinamika: Bepalend vir Suid-Afrika se toekoms, veral in soverre dit die komende nasionale en provinsiale verkiesing betref, is wat die toekoms vir die ANC as die regerende party mag inhou. Die organisasie is ’n skaduwee van die eens magtige instrument wat Suid-Afrika telkens eiehandig getransformeer het – die oudste bevrydingsbeweging op die kontinent. Toenemende faksiegevegte en wegbreek-aksies, dalende steunbasisse (nasionaal: 2004 – 69,9% versus 2019 – 57,5%); en slegs 47,5% steun op plaaslike vlak tydens 2021; bestuursprobleme en finansiële uitdagings; en uitgebreide endemiese korrupsie wat die leierskap van die organisasie direk impliseer, dui op die effens benarde situasie waarin die organisasie homself tans bevind. Name soos Ramaphosa (Phala Phala); Mantashe; Mashatile; Magashule; Mabuza en Zuma (om net die belangrikstes te vermeld) word aan korrupsie, wanpraktyke, nepotisme en so meer verbind. (Die Zondo-kommissie van ondersoek het sowat 3171 dagvaardings beteken, 300 getuienisse aangehoor en 8655 530 bladsye van dokumentasie en getuienis hanteer voordat die finale verslag tydens Junie 2022 gefinaliseer is.) Die verslag het 1438 persone (talle senior en invloedryke politici en/of politieke medewerkers geïmpliseer en uitertse vorme van korrupsie blootgelê. (Demokratiese Alliansie, 2022:2)).Die aanwesigheid van kriminele netwerke met politieke (lees ANC-) bande is eksplisiet na verwys deur André De Ruyter in sy werk Truth to Power (2023), terwyl die werk van Global initiative Strategic Organized Crime risk Assessment (2022) die omvang van georganiseerde misdadigheid as ’n bedreiging vir demokratiese waardes uitgewys het, en soos die bevindinge van die Zondo-kommissie, politieke elite se betrokkenheid impliseer (vergelyk ook Gumede, 2021 in hierdie verban).
........
Die verkiesing van 2024 gaan ongetwyfeld die moeilikste wees vir die ANC sedert die aanvaarding van die tussentydse grondwet in 1994.
........
Meningspeilings oor die uitkoms van die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings wissel. ’n Interne peiling van die ANC het teen die einde van 2022 bevind dat die ANC se steun tot 40% gedaal het en dat koalisies in tot 6 provinsies gesluit sal moet word om meerderhede te behou (Boonzaaier, 2022:1). IPSOS-Markinor het daarteenoor die steun op sowat 42% geplaas, terwyl ander ontledings nader aan 50% steun vir die ANC getoon het (Haffajee 2022; 2022a; Mwareya, 2022; en Businesstech, 2022). Wat duidelik is, is dat die ANC nie meer ’n volstrekte meerderheid as vanselfsprekend kan aanvaar nie en dat ’n uitkoms vergelykbaar met dié van die 2021-plaaslike verkiesing verreikend vir die ANC-politieke elite kan wees. Tans is die ANC reeds besig met ’n verbete terugvegpoging in ’n omgewing waar opposisiepartye bloed geruik het en tans met koalisiegesprekke besig is. Die verkiesing van 2024 gaan ongetwyfeld die moeilikste wees vir die ANC sedert die aanvaarding van die tussentydse grondwet in 1994.
Die ekonomiese konteks: Slegs enkele belangrike sake word hier kripties toegelig:
- Beperkte tot selfs negatiewe ekonomiese groei domineer die laaste aantal jare [Die sakesiklus is sedert Desember 2013 in ’n afwaartse siklus – die langste sedert die Tweede Wêreldoorlog (Rossouw, 2022:3)].
- ’n Beperkte en selfs kleinerwordende belastingbasis, selfs die vlug van belastingbetalers met sowat 1 miljoen wat die belastingregime in die onlangse dekade of meer verlaat het (Janse van Rensburg, 2022). In samehang hiermee bestaan steeds groter afhanklikheid van groot dele van die burgery ten opsigte van maatskaplike toelae van die staat. Sowat 20 miljoen mense ontvang tans maatskaplike toelae van die een of ander aard en wanneer COVID-toelae ingesluit word staan die totaal op 28 miljoen, ’n syfer waarmee President Ramaphosa onlangs gespog het (Daily Investor, 2023). Volgens Heyns (2023) ontvang sowat 11 miljoen mense gratis maatskaplike dienste en het die getalle oor die jare heen drasties toegeneem. Meer en uitgebreide populistiese wetgewing wat meestal moeilik uitvoerbaar is, is ook onlangs deurgevoer met verdere soortegelyke wetgewings in die pyplyn. [Nasionale Gesondheidsversekering, soos deur die regering in die vooruitsig gestel, kan hier as een voorbeeld gebruik word.] Populistiese beleid, oorregulering van die ekonomie en ’n beperkte belastingbasis lê ten grondslag van beperkte tot negatiewe ekonomiese groei en selfs stagnasie [Vergelyk ook Joubert, 2013; Steenkamp, 2019; en Rossouw, 2022 vir perspektiewe in hierdie verband).
- ’n Fiskale afgrond word bereik wanneer staatsuitgawes (salarisse; toelaes; rentes op lenings en ander uitgawes) staatsinkomste (belastinginkomstes ens.), oortref. Suid-Afrika se staatskuld (bereken as persentasie van BBP) was in 2013 44,1% en het tydens 2022 tot 67,4% gestyg (Trading Economics, 2023). (Statista (2023) plaas die syfer op 72% (vir 2023) en voorspel dat die persentasie tot 82,44% tydens 2028 kan vergroot!) Onlangse kommunikasie vanuit die Nasionale Tesourie beklemtoon nie net die erns van die situasie nie, maar ook die werklikheid van ’n fiskale afgrond. Bloomberg wys byvoorbeeld daarop dat nasionale skuld tydens 2006 slegs R500 miljard was, maar in 2023 tot sowat R4,7 triljoen gestyg het, en teen 2025 op ’n berekende R6 triljoen te staan kan kom (Daily Investor, 2023a). Ten grondslag van die huidige verslegtende ekonomiese situasie is die regulatiewe toepassing van transformasie en die impak daarvan op staats- en semi-staatstrukture (plaaslike regering; ESKOM; TRANSNET; SAL; die Poskantoor ens.); populistiese beleid in toepassing, en ook dít wat in die vooruitsig gestel word. Verswakkende infrastruktuur en dienslewering, sowel as onredelike salariseise/-verhogings belemmer tans werkskepping en investering. In sekere omgewings is patrone van deïndustrialisering, wat negatief is vir ekonomiese groei en ontwikkeling (vergelyk Turton, 2019 se perspektiewe ten opsigte van deïndustrialisering in Suid Afrika).
- Sedert die einde van die Zuma-bewindstermyn, het groot hoeveelhede geld hul weg na die buiteland gevind. In die 18 maande tot en met die einde van 2017 het sowat R350 miljard die land verlaat (Soobramoney, 2017:1). In samehang met bogenoemde beklemtoon Heystek (soos aangehaal deur Cameron, 2019), dat R500 miljard die Johannesburgse effektebeurs sedert 2015 verlaat het. In die Ramaphosa-era het hierdie die patroon van kapitaaluitvloei voortgeduur met ’n ingewikkelde stel redes as agtergrond. Redes sluit in ’n radikale ideologie wat beleid bepaal en oorregulering bewerkstellig; toenemende patrone van politieke onstabiliteit; toenemende misdaad; steeds verswakkende swakstaatomgewing met uitdagings ten opsigte van infrastruktuur, dienslewering (water, elektrisiteit en noodsaaklike infrastruktuur), en die gebrek aan daarstelling van ’n omgewing wat ekonomiese investering bevorder en indiensneming aanhelp deur middel van ’n meer buigsame arbeidsmark (Duvenhage, 2021;2023).
Bogenoemde patrone en tendense, reeds aanwesig tydens die 2021-plaaslike verkiesing, het die ANC duur te staan gekom en is allermins ’n gunstige ekonomiese getuigskrif onderweg na ’n moeilike 2024-verkiesing. Talle tussenverkiesings op plaaslike vlak (sedert die 2021-verkiesing) beklemtoon ANC-onsekerheid ten opsigte van die bereiking van volstrekte meerderhede. Onlangse tussenverkiesings in die noorde van KZN (waar die IVP wyke van die ANC afgeneem het) asook Noordwes (’n wyk Makqwuasie Hills aan die EFF) asook verliese vir die regerende party in Limpopo beklemtoon die Kwesbaarheid van die ANC kort voor ’n deurslaggewende verkiesing. ANC-lede, lojaal aan Ace Magashule en sy nuutgestigte African Congress for Transformation (ACT) is verdere waters op die meule van opposisiegroepe.
Voortspruitend uit ’n verswakkende ekonomiese situasie is talle maatskaplike uitdagings ook aan die orde van die dag.
Maatskaplike uitdagings: Enkele sake, soos wat dit bestaan op die vooraand van die 2024-verkiesing, word kortliks uitgelig:
- Sowat 13,8 miljoen (uit die meer as 60 miljoen mense in SA) lewe tans in armoede. (Volgens die April 2021-maatstaf soos bereken deur Statistieke Suid Afrika beteken armoede ’n inkomste van minder as R1335,00 (upper bound poverty line) en R624 (food poverty line) per maand!)
- Bykans een derde van die bevolking (sowat 20 miljoen) is afhanklik van maatskaplike toelaes wat meewerk tot politieke patronaatskap-verhoudings wat tot die voordeel van die regerende ANC bestuur en hanteer word (Statista,2022)[Soos vroeër verwys, word hierdie totaal 28 miljoen indien COVID-toelae hierby ingereken word.]
- Bykans ’n halfmiljoen mense is tussen 1994 en 2017 vermoor. (Per dag word 58,4 mense vermoor en 115,8 as gemiddelde syfer verkrag!) Hierdie syfers in Suid-Afrika is soms hoër as in samelewings waar aktiewe burgeroorloë aan die gang is.
- Geweld neem toe, neem verskeie vorme aan (xenofobie; kulturele en rasgebaseerde geweld; vigilantisme, en politieke sluipmoorde). Suid-Afrika word beskou as een van die mees gewelddadige samelewings ter wêreld.
- Tot 10% (6 miljoen) van die Suid-Afrikaanse bevolking word as immigrante (individue met wettige dokumente) beskou (Owusu-Sekyere, 2022:3)
- Sowat 13 miljoen mense is tans werkloos en die getal neem steeds toe (Crouse, 2023;Owusu-Sekyere, 2022:1-14)
- Wanfunksionele onderwys-; gesondheids- en ander dienslewerende instellings waaronder ESKOM, TRANSNET, die Poskantoor, ens.
[Vergelyk ook Duvenhage, 2021;2023; en Cronje, 2017 vir meer besonderhede ten opsigte van bogenoemde perspektiewe.]
........
Bykans ’n halfmiljoen mense is tussen 1994 en 2017 vermoor.
........
Voortspruitend uit swak ekonomiese omstandighede neem maatskaplike vraagstukke toe en skep omstandighede wat tot stelsel-onstabiliteit en verset aanleiding gee. Die regerende ANC se vermoë om hierdie omstandighede te manipuleer; stemme voor verkiesings te koop (lees ook hier patronaatskappe), en politieke (meestal leë) beloftes kon die ANC in die verlede red. Dit is tans onseker presies hoe ANC-ondersteuners gaan reageer op verslegtende sosio-ekonomiese omstandighede in die land. Dit is duidelik nie ’n pluspunt vir die regering ten opsigte van die 2024-verkiesing nie en ’n dalende steuntrajek die groter waarskynlikheid.
’n Veranderende internasionale konteks: Hierdie konteks is gekompliseerd en vereis ’n beredenering (dokument) in eie reg. Vir die doel van hierdie navorsing is dit voldoende om daarop te wys dat wêreldpolitiek besig is om ingrypend te verander betreffende verskuiwende magsbasisse; dat Suid-Afrika meer belyn raak met state soos Rusland, China, Saoedi-Arabië, Iran en Noord-Korea, en ook toenemend anti-Westers raak in sy uitkyk op sake. Ondanks die negatiewe ekonomiese en finansiële implikasies hiervan vir Suid-Afrika, bevind laasgenoemde hom in ’n omgewing waar demokrasie en menseregte ’n beperkte (indien enige) rol speel. In die geval van ’n gemanipuleerde verkiesing (soos telkens die geval was in Zimbabwe en onlangs weer bewys), sal ’n ANC-regering kan reken op strategiese bondgenote vanuit ’n BRICS (anti-Westerse) oriëntasie. Die histories ondersteunende rol wat SA ten opsigte van ZANU-PF in hierdie verband gespeel het, beklemtoon laasgenoemde perspektief.
........
Vir die doel van hierdie navorsing is dit voldoende om daarop te wys dat wêreldpolitiek besig is om ingrypend te verander betreffende verskuiwende magsbasisse; dat Suid-Afrika meer belyn raak met state soos Rusland, China, Saoedi-Arabië, Iran en Noord-Korea, en ook toenemend anti-Westers raak in sy uitkyk op sake.
........
Verkiesings in Suid-Afrika
Sedert 1994 het verkiesings in Suid-Afrika betreklik konstant en patroonmatig plaasgevind. Verkiesings was in die algemeen vry en regverdig (kleiner insidente is wel aangemeld) en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het redelike goeie werk gedoen. Stabiliteit en patroonmatigheid het egter geleidelik plek gemaak vir verandering, met die 2021-verkiesing (27 jaar later) wat as ’n waterskeidingsverkiesing aangedui kan word. Stabiliteit was geleë in ’n dominante partystelsel waarin die ANC bykans alle politieke instellings (Wes-Kaap en enkele plaaslike regerings was uitsonderings) oorheers het. Kenmerkend van verkiesings (ten minste in die eerste twee dekades) was ’n patroon van ras- en kultuurgebaseerde sensusse; toenemende politieke apatie; toenemende interne konflikte binne die ANC, en die gepaardgaande verlaagde steun vir die ANC. Bestudeer die volgende diagrammatiese voorstelling van verlaagde steunvlakke:
Datum |
Steun vir die ANC (persentasie) |
1994 |
62,5% |
1999 |
66,35% |
2004 |
69,69% |
2009 |
65,9% |
2014 |
62,15% |
2019 |
57,5% |
(Du Toit, P. & De Jager, N. 2015)
Die 2019-verkiesing (en veral die 2021-plaaslike verkiesing) het in die teken gestaan van groter en meer fundamentele politieke verandering, herposionering en herkonfigurering van die politieke spektrum. Gedryf deur politieke, ekonomiese en maatskaplike faktore het die Suid-Afrikaanse politiek ’n kantelpunt bereik soos vroeër aangedui en gemotiveer. Dit het deurgewerk tot die groter politieke spektrum van partye.
Die einde van ’n politieke era is bereik en nêrens was die aanduidings sterker as met die uitkoms van die 2021-plaaslike verkiesings nie. Vir die eerste keer het die ANC-steun tot onder 50% (47,5% nasionaal gesproke) gedaal en was daar sowat 70 “hangrade” op plaaslike vlak. Wat sedert 2016 ’n beperkte politieke werklikheid was, het oornag ’n groot en harde werklikheid geword en koalisiepolitiek, ’n noodsaaklikheid in sekere omgewings. (Vergelyk ook Booysen,2015;2021; Duvenhage,2022) Veral in die metropole waar die ANC meerderhede in minderhede verander het (met groot implikasies vir magsverhoudinge – konflikterend en/of samewerkend – tussen partye en ook tussen regimes en partye) het dit letterlik oornag ’n soms uiters destabiliserende werklikheid geword. Veranderende politieke spelreëls is aan die orde van die dag, en enkele kernaspekte word beklemtoon:
Koalisiepolitiek: Heywood (2002:264) beskryf koalisies as “... a grouping of actors brought together either through the perception of a common threat, or through the recognition that their goals cannot be achieved by working seperately”. Soms word hierna in politiek verwys as “the partnership of unequals.” Waar alliansies geassosieer word met samewerking voor verkiesings, word koalisies gekenmerk deur samewerking na afloop van verkiesings. Met die afloop van die 2021-plaaslike verkiesings was talle partye met die spreekwoordelike broek op die knieë gevang en moes koalisies inderdaad bykans oornag gesluit word. Teen die agtergrond van patrone van politieke onstabiliteit, magsgrype, korrupsie en “oorkopery”; gebrekkige sosiale kohesie en versplintering; historiese wantroue, en ’n gebrekkige kultuur van samewerking; het koalisiepolitiek (of poginge in hierdie verband) meestal klaaglik misluk. (Vergelyk Duvenhage, 2022:109-113 in hierdie verband.) Benewens die afwesigheid van wetgewing en strukture om koalisie-prosesse doelmatig te bestuur was die gebrek aan ’n samewerkende kultuur as grondslag vir koalisievorming grootliks afwesig, en het koalisiepolitiek soms uiters negatiewe uitkomste gehad. Hieronder tel patrone van onstabiliteit; gebrekkige tot geen besluitnemingsvermoë nie; opportunistiese en ondermynende (soms mafia-agtige optredes) van politieke partye/leierskap. Hoewel nie uitsluitlik nie, was dit veral die metropole waaronder Tshwane, Johannesburg, Ekurhuleni en die Nelson Mandela-metropool wat hierdie uitdagings by uitstek weerspieël het. Met die DA-geleide koalisie-oorname in Tshwane het ’n onwettige staking tot sporadiese geweld gelei wat besig is om in algemene wetteloosheid te ontaard met veiligheidsmagte wat meestal net toekyk (Mohape,2023; Africa,2023). Met bogenoemde as agtergrond (gesubstansieer met gebeure in ander dele van die land) word daar selfs van ’n Mafia-staat gepraat (Africa,2023). Laasgenoemde impliseer die konneksie tussen politici en georganiseerde misdaad (dit sluit soms dele van die burgery in) soos ook beklemtoon deur Andre De Ruyter in sy werk Truth to Power(2023).
........
Met die afloop van die 2021-plaaslike verkiesings was talle partye met die spreekwoordelike broek op die knieë gevang en moes koalisies inderdaad bykans oornag gesluit word.
........
Bogenoemde was die agtergrond vir ’n Nasionale Dialoog oor Koalisieregering wat op 10 Augustus in Kaapstad onder leiding van Adjunk-president Paul Mashatile oor koalisiepolitiek gehou is, sowel as die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika wat onlangs in Kemptonpark tussen 7 opposisiepartye (DA, IVP, VF Plus; Action South Africa; UIM en SNP) beding is. Burgerlike samelewingsinstellings en ander belangegroepe is ook na laasgenoemde gesprek uitgenooi om dit ’n soort UDF-formaat te gee ten einde die 2024-verkiesing vanuit ’n sterker grondslag te benader.
Die genoemde partye sal as alliansie saamwerk op grond van daardie beginsels waartoe polities ooreengekom is, en indien ’n meerderheid in die 2024-verkiesing behaal word, sal hulle in koalisie regeer. Hierdie ontwikkelinge is ’n aanduiding van veranderende politieke spelreëls en die harde werklikheid van die waarskynlike onafwendbaarheid van koalisiepolitiek (nasionaal en provinsiaal) na afloop van die 2024-verkiesing, teen die agtergrond van verskuiwende steunbasisse, soos in onlangse meningspeilings aangedui.
Meningspeilings: Soos vroeër aangedui wys meningspeilings daarop dat die ANC se behaling van ’n volstrekte meerderheid op nasionale vlak, asook in sommige provinsies, besig is om ’n versadigingspunt te bereik. Aanvullend tot die voorafgenoemde syfers het die Social Research Foundation tydens Maart 2023 die steunbasis van partye soos volg voorgestel: ANC (45,9%); DA (23,3%); EFF (8,4%); IVP (6,1%); VF Plus (2,2%), en Action SA (3,1%). Gelees in samehang met die ander meningspeilings is dit duidelik dat:
- Die politieke omgewing besig is om te verander en dat ’n hersamestelling van die politieke spektrum tans aan die orde is;
- Die moontlikheid bestaan dat die ANC nie nasionaal ’n volstrekte meerderheid gaan behaal nie;
- Koalisiepolitiek definieer ’n nuwe stel spelreëls waarby partye en groeperings sal moet aanpas;
- Provinsiale bedelings kan andersoortig funksioneer (met ander konstellasies van politieke akteurs), op afsonderlike provinsiale vlakke maar ook ten opsigte van die verhouding op nasionale vlak. Dit kan botsende situasies skep, byvoorbeeld wat provinsiaal benodig word om die ANC aan bewind te hou in KZN kan verskil van die koalisiesbehoeftes in ander provinsies of moontlik op nasionale vlak (ingewikkeldheid en asimmetrie eie aan koalisiepolitiek vervang dus liniêre politieke bestuur gegrond op eenparty-dominansie met die potensiaal vir patrone van politieke onstabiliteit)!
- Steunbasisse wat verander in samehang met die toetrede van nuwe rolspelers (partye,alliansies en dalk ook indiwidue) waaronder die Patriotic Alliance, Action South Africa, African Congress for Transformation, en verskeie pogings tot alliansiesluiting) beklemtoon ’n veranderende politieke speelveld, nuwe spelreels, maar ook groter onsekerheid en onbestendigheid.
’n Belangrike veranderlike wat in samehang met bogenoemde gelees moet word, is die potensiële implikasies van die wysiginge aan die kieswet soos onlangs deurgevoer.
........
’n Belangrike veranderlike wat in samehang met bogenoemde gelees moet word, is die potensiële implikasies van die wysiginge aan die kieswet soos onlangs deurgevoer.
.......
’n Gewysigde Kieswet: Op nasionale en provinsiale vlak word daar van ’n proporsionele-lysstelsel as kiesstelsel gebruik gemaak. Hiervolgens word partye verteenwoordig deurdat kandidaatlyste in prioriteitsorde voorgelê word aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK). Na afloop van die verkiesing verwerf kandidate posisies in wetgewende instellings (wetgewers of die Nasionale Vergadering) ooreenkomstig die persentasie steun van ’n bepaalde politieke party (Duvenhage,2022:187-214).
Hoewel die stelsel talle voordele het, is daar veral drie nadele wat ten opsigte van die bestaande kiesstelsel uitgewys kan word, naamlik party-elites is bepalend in die aanwys van kandidate op partylyste; individue is nie op ’n persoonlike grondslag verkiesbaar nie, en dit is moeiliker om verantwoordbaarheid (burgers na verteenwoordiger) binne hierdie stelsel toe te pas.
Na afloop van die 2019-verkiesing het die New Nations Movement in die Grondwetlike Hof die grondwetlikheid van die kieswet en gepaardgaande kiesstelsel bevraagteken op grond daarvan dat individue verhoed word om direk aan die politiek te kan deelneem. Hulle het die saak gewen. ’n Ministeriële Advieskomitee is aangewys om die kieswet te wysig, het sy doelwittyd twee keer oorskry en ’n gewysigde kieswet is uiteindelik vir goedkeuring voorgelê. Die gewysigde kieswet het egter verskeie besware na die oppervlak gebring:
- Verskillende reëls geld vir politieke partye teenoor individue ten opsigte van reg tot verteenwoordiging (individue mag net staan vir 50% oftewel 200 lede van die Nasionale Vergadering); en moet persentasiegewys meer handtekening werf as bewys van ondersteuning;
- In samehang met eersgenoemde bestaan daar ’n ongelyke politieke speelveld wat partye ten koste van individue bevoordeel;
- Wanneer individuele kandidate meer stemme as die bepaalde kwota verdien gaan die stemme verlore, moet herbereken word, of op ’n ander basis verdiskonteer word (die sogenaamde “overhang seats” is hier ter sprake);
- Die proporsionele-lysstelsel (wat reeds ’n groot aantal partye moet akkommodeer) word baie gekompliseer met die toevoeging van individuele name wat die stelsel ingewikkeld en moeilik bestuurbaar kan maak.
Op 29 Augustus 2023 (enkele maande voor die volgende verkiesing) het die Vereniging vir Onafhanklike Kandidate en die One South Africa Movement die voorgestelde wysigingswetsotwerp (soos onlangs deur die president onderteken) op ’n dringende basis voor die Grondwetlike Hof geplaas in ’n poging om die grondwetlikheid hiervan te bevraagteken. Die spesifieke fokus van kritiek was die ongelyke politieke speelveld waarna hier bo verwys is. Die saak word tans aangehoor en met die skrywe van hierdie dokument was die besluit nog hangende. Wat tans wel gebeur is dat talle instellings, waaronder die Helen Suzman Stigting, die Inclusive Society Institute en ander akademiese en ander dinkskrums, voorleggings en/of aanbevelings gemaak het ten opsigte van ’n verbeterde kiesstelsel.
Hoe ook al die uitkoms van die hofsaak, enkele maande voor die moeilikste en waarskynlik die mees betwiste verkiesing (binne ’n omgewing van groot politieke onsekerheid, ekonomiese agteruitgang en maatskaplike uitdagings) is die reëls van die spreekwoordelike politieke wedstryd nog nie eens gefinaliseer nie. Dit maak die uitdaging vir die OVK des te moeiliker om volgende jaar ’n vrye en regverdige verkiesing te verwesenlik.
Die vooraand van die 2024-verkiesing
Vanuit die voorafgaande kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word ten opsigte van die stand van die groter politieke omgewing op die vooraand van die verkiesing:
- Op die terrein van die politiek bestaan ’n gevestigde patroon van toenemende politieke onstabiliteit en verhoogde veiligheidsrisiko’s wat saamhang met die toepassing van ’n verswakkende staat en die verval van staats- en semi-staatsinstellings. Die verval en wanfunksionaliteit is uitgebreid en beteken dat die staat heel dikwels kernfunksies nie meer suksesvol kan uitvoer nie;
- Die ANC is steungewys in sy slegste posisie voor enige verkiesing sedert 1994, met die potensiaal vir toenemende konflik en geweld in die opbou (en ook ten opsigte van die afloop) van die 2024-verkiesing. Teenvoeters vir steunverliese sluit in populistiese wetgewing; rasgedrewe politiek en die uitbouing en konsolidasie van patronaatskap-politiek.
- ’n Ekonomie wat nie groei nie as gevolg van ’n gekompliseerde groep redes is kenmerkend op die vooraand van verkiesing. Die oorsprong hiervan is ideologies, regulatief en beleidsmatig van aard. Verswakkende infrastruktuur, redes wat met veiligheid en sekuriteit verband hou, oplopende staatskuld, asook die ineenstorting van plaaslike regering is verder ook grondliggend aan hierdie problematiek en kan moeilik op die korttermyn omgekeer word. (Ongeag omgekeerde verwagtinge het die ekonomiese situasie nie tydens die Ramaphosa-era verbeter nie, maar eerder in meeste opsigte versleg!)
- Maatskaplike uitdagings waaronder armoede, werkloosheid en ongelykheid is besig om toe te neem, tesame met dienslewering waaronder die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie wat in talle omgewings besig om te verval of selfs in duie te stort;
- ’n Veranderende internasionale konteks met groot politieke risiko’s en uitdagings;
- Die post-kantelpuntkonteks in die Suid-Afrikaanse politiek beteken die hersamestelling van die politieke spektrum; die werklikheid van koalisiepolitiek en daarmee saam ’n veranderende stel politieke spelreëls wat in ag geneem moet word.
- Onduidelikhede ten opsigte van die kieswet, die kiesstelsel wat gebruik gaan word asook die praktiese toepassing (veral die OVK se vermoë om nuwe logistieke eise te kan hanteer) skep tans onsekerheid. Gaan rolspelers die uitkomste van wysiginge (of dalk die nie-uitvoering daarvan) aaanvaar? Indien nie,kan sporadiese en selfs uitgebreide patrone van politieke onstabiliteit (kenmerkend van verkiesings- en postverkiesingsomgewings in sommige Afrika-state) ’n waarskynlike uitkoms wees.
Om saam te vat, Suid-Afrika staan voor sy grootste veranderinge sedert 1994, met groot onsekerhede op die pad vorentoe. Die status quo is nie volhoubaar nie en die vraag is nie of daar verandering gaan wees nie, maar eerder watter vorm dit gaan aanneem; watter tydsraamwerk ter sprake is, en veral wat die regerende elite se reaksie op ’n potensieel verswakkende situasie gaan wees. Dit maak die 2024-verkiesing die belangrikste verkiesing sedert die totstandkoming van ’n nuwe grondwetlike bedeling, met groot risiko’s vir veral die regerende ANC en wat polities gesproke daaruit kan voortspruit. Vergelyk die volgende diagrammatiese samevatting van veranderlikes en makro-uitkomste.
Ten opsigte van die uitkomste (die 2024-verkiesing en sy afloop) gaan die moontlike uitspeel hiervan ingevolge scenario-perspektiewe verder hanteer word.
Scenario 1: Die voortsetting van die status quo in ’n veranderende omgewing
Sentrale uitgangspunt/beskrywing
Hierdie scenario beklemtoon dat (ongeag die gekompliseerde aard van politiese, ekonomiese en maatskaplike verandering as uitkoms van post-kantelpuntpolitiek) die algemene status quo binne die raamwerk van bestaande veranderlikes en die gepaardgaande dinamika) min of meer gehandhaaf gaan word. Die regerende elite (al is dit verswak) bly steeds die dominante politieke faktor binne ’n vRemove featured imageerslegtende politieke omgewing. Hierdie scenario is nie ’n langtermyn stabiele scenario nie en sal weer tydens 2026 en 2029 by die stembus getoets word, met waarskynlik ’n ander stel uitkomste ooreenkomstig reeds geïdentifiseerde veranderlikes.
........
Die regerende elite (al is dit verswak) bly steeds die dominante politieke faktor binne ’n verslegtende politieke omgewing.
........
Kenmerke en veronderstellings
- Die regerende party voer ’n terugvegpoging, met as fokus die organisasie en die mobilisasie van steun, sterker en meer daadkragtig as in die verlede. Die mobilisasie van die landelike omgewing en apatiese kiesers (veral die jeug) sal hier prioriteit geniet.
- Ramaphosa, wie se steunbasis sterker is as dié van die party self, sal die gesig van die verkiesingstrategie wees en die leierskap sal op voetsoolvlak ontplooi word om ’n verkiesingsoorwinning vir die regerende ANC-elite te help verseker.
- Eenheid binne die ANC (in die naam van vernuwing) sal bevorder word en strafregtelike optredes (ooreenkomstig onder meer die Zondo-kommissie-aanbevelings) sal uitgestel en waarskynlik uiteindelik laat vaar word.
- Populistiese beleid, die grondkwessie en rasse-retoriek tesame met patronaatskap-politiek (lees onder meer die rol van uitgebreide staatstoelaes) sal tot voordeel van die ANC (met die ondersteuning van staatstrukture) wees en in politieke kapitaal (lees stemme) omgesit word.
- ’n Politieke herposisionering ten opsigte van ’n meer radikale BRICS-groepering en anti-Westerse sentimente internasionaal, sal ’n Afrikanistiese grondslag verseker vir die mobilisasie van politieke sentiment en steun. Die ondersteuning van state soos Rusland, China en Iran kan hier nie uitgesluit word nie, asook hulle betrokkenheid by die verkiesing ten gunste van die ANC-elite.
- Wysigings aan die kiesstelsel (indien deurgevoer) werk tot die voordeel van die regerende ANC, en/of word deur instellings soos die OVK geïnterpreteer en toegepas tot die voordeel van eersgenoemde.
- Opposisiegroepe presteer net gemiddeld beter en die bedreiging vir die regerende party is daarom minder. ’n Onvermoë bestaan om werklik polities op die situasie te kapitaliseer as gevolg van ’n gekompliseerde groep redes wat insluit gebrekkige onderlinge samewerking, wantroue en verbandhoudende persepsies, ras, kultuur, en redes wat met identiteit verband hou. (In ’n ekstreme situasie, sal slegs samewerking met kleiner partye nodig wees om ’n nasionale meerderheid te verseker, terwyl sekere provinsiale omgewings meer ingewikkeld is, maar nie buite die bereik van ANC-bestuur staan nie!) Koalisiepolitiek ondermyn nie die ANC-magsbasisse dermate nie en laat die status quo toe om met beperkte wysigings bykans onveranderd(maar meer verswak en onseker) te kan bly voortgaan.
Uitkomste en implikasies
’n Veranderende, maar verswakkende status quo word behou met kernveranderlikes wat steeds negatief inspeel en die regeringslegitimiteit ondermyn maar nie fundamenteel op die korter termyn bedreig nie. Die ANC oorleef, is wel in ’n verswakte posisie, maar slegs tot en met die 2026 plaaslike en 2029 nasionale en provinsiale verkiesings, waar groter uitdagings en meer fundamentele verandering voor die deur lê. Hierdie is tans ’n beste-saak scenario en kan meer positief verander word indien die regering daarop sou besluit om fundamentele hervorming (polities, ekonomies en maatskaplik toe te pas.Sodoende kan die potensiaal vir ’n Suid Afrikaanse Lente verminder, uitgestel of afhangende van die suksesvolle toepassing hiervan selfs verhoed word.
........
Die ANC oorleef, is wel in ’n verswakte posisie, maar slegs tot en met die 2026 plaaslike en 2029 nasionale en provinsiale verkiesings, waar groter uitdagings en meer fundamentele verandering voor die deur lê.
........
Scenario 2: Regeringsverswakking, koalisiepolitiek, nuwe politieke spelreëls
Sentrale uitgangspunt/beskrywing
Ooreenkomstig die bevindinge van talle meningspeilings (van verskillende instellings); verder belyn met die groter tendens van steunvermindering by die regerende ANC – ’n gevestigde patroon sedert 2004, soos ook bewys tydens die 2021-plaaslike verkiesings; verslegtende sosio-ekonomiese omstandighede soos vroeër aangedui; verswakkende dienslewering (lees veral plaaslike regering, ESKOM ens); en ’n versterkte opposisie op grond van nuwe groepe en alliansies slaag die ANC nie daarin om ’n volstrekte meerderheid nasionaal te behaal nie en is hul volstrekte meerderhede in provinsies soos Gauteng, KZN en moontlik selfs die Vrystaat ook in gedrang.
Die ANC se steun daal tot so laag as 45% (of selfs minder) en eersgenoemde benodig meer steun as net dié steun van enkele kleiner partye om volstrekte meerderhede (nasionaal en in sekere provinsiale omgewings) te bewerkstellig. Koalisiesluiting, politieke kompromieë en ooreenkomste is binne hierdie scenario aan die orde van die dag. Soos met talle plaaslike regeringskoalisies (veral in die metropole) na afloop van die 2021-plaaslike verkiesing, lei dit tot onsekerheid, gebrekkige besluitneming en in uiterste vorm patrone van politieke onstabiliteit en stelseldisfunksionaliteit.
Kenmerke en veronderstellings
- Ongeag talle poginge om steun te organiseer en te mobiliseer (selfs met staatsondersteuning, en soos aangedui in die vorige scenario), slaag die ANC nie daarin om ’n volstrekte meerheid te behaal nie en is die steunbasis van so ’n aard (45% of laer) dat selfs die koöptering van kleiner opposisiepartye nie alleen genoegsaam sal wees nie.
- Versterkte en meer gekoördineerde opposisie-politiek, nuwe groeperinge waaronder Action SA; African Congress for Transformaton (Ace Magashule se party); One South Africa Movement, en groeperinge met ’n populistiese aanslag (veral die EFF) is verantwoordelik om op partyvlak die ANC se steun te laat erodeer.
- Wysiginge aan die kiesstelsel (hofsake is tans aan die gang) bevoordeel onafhanklike kandidate (talle met historiese verbintenisse aan die ANC wat laasgenoemde se steunbasis verswak), en is verder bydraend om ANC-steunbasisse te ondermyn.
- In reaksie op verslegtende diensleweringskwessies en sosio-ekonomiese uitdagings, is ANC-ondersteuners óf apaties óf steun ander alternatiewe wat beskikbaar is, selfs onafhanklike kandidate. Die impak van apatie is die grootste op die ANC en dra sodoende by dat (proporsioneel gesproke) die ANC vergelykend swakker doen as ander kleiner partye, wie se ondersteuners wel gaan stem. (Dit is ’n redelik normale patroon by eenparty-dominante stelsels, veral bevrydingspartye in Suider-Afrika, en waarvan Zimbabwe, Namibië en selfs Botswana tans sprekende voorbeelde is.)
- Soos met die huidige sowat 70 “hangrade” (na afloop van die 2021-plaaslike verkiesings) is onderhandelings en gesprek met as uitkoms koalisiepolitiek ’n noodwendige, belangrike en noodsaaklike uitkoms binne hierdie scenario. Hierin bestaan geleenthede om ’n nuwe bedeling te kan herbou en in opsigte selfs te kan heronderhandel.
- Hierdie onderhandelings ingevolge koalisievorming kan uiters ingewikkeld wees aangesien dít wat vir die ANC nodig is om nasionaal beheer te behou waarskynlik sal verskil van wat nodig is om byvoorbeeld KZN of Gauteng as provinsie te behou. Botsende benaderings, magspolitiek en ontwrigting, oorkoop van partye (soms lede en/of onafhanklikes) kan hierdie proses ingewikkeld, konflik-georiënteerd en selfs gewelddadig en misdadig maak. (Laasgenoemde verwys onder meer na die groot getal sluipmoorde wat reeds plaasgevind het en skynbaar besig is om toe te neem as een voorbeeld.)
- Teen die agtergrond van gebrekkige politieke kultuur ten opsigte van effektiewe werkende koalisies is toenemende en sporadiese patrone van konflik, geweld en politieke onstabiliteit ’n groot waarskynlikheid binne hierdie scenario.
- In politieke omgewings (nasionaal en/of provinsiaal) waar die ANC hul mag verloor, is regime-weerstand en sabotasie (soms van ’n misdadige aard soos tans gesien in onder meer Tshwane) ’n groot waarskynlikheid.
- Stelsel-stabiliteit word beskerm deur die bestaan van parallelle strukture (uitgebreid na verwys as die parallelle staat) wat kernfunksies van die staat (onder meer veiligheid en kritieke vorme van dienslewering) oorneem en die spreekwoordelike “Suid-Afrikaanse Lente” verhoed.
Uitkomste en implikasies
Hierdie scenario beklemtoon dat die ANC se alleenbeheer ten dele op ’n einde is; hul magsbasis tot in sy fondasies geskud is; en dat noodmaatreëls (lees onder meer koalisiepolitiek, maar ook intimidasie, geweld en regime verset) nou nodig is; en dat die “politieke wedstrydplan” nou dienooreenkomstig aangepas moet word ten einde politieke beheer te kan behou. Hierdie politieke omgewing is meer onstabiel as die een in scenario 1, wat die agterdeur oop laat vir vorme van “praetoriaanse politiek” waar veiligheidsinstellings meer in die spel kom in belang van die handhawing van wet en orde asook stelselstabiliteit (waar en soos van toepassing). ’n Situasie waar die ANC te swak is om alleen te regeer, maar steeds beheer het oor die hefbome van mag, is hier ’n waarskynlike uitkoms.
........
’n Situasie waar die ANC te swak is om alleen te regeer, maar steeds beheer het oor die hefbome van mag, is hier ’n waarskynlike uitkoms.
........
Indien die ANC in die opposisiebanke sou eindig, kan verwag word dat hulle alles in hul vermoë sal doen om koalisieregerings te ondermyn en te destabiliseer, in navolging van dít wat op sekere plaaslike regeringsvlakke reeds waargeneem word. Hierdie scenario beklemtoon ’n patroon van vloeibaarheid en vergrote onstabiliteit, wat soms in die literatuur as “punctuated equilibrium” beskryf word. Potensieel sou dit die weg vir ’n Suid Afrikaanse Lente kon aandui.
Scenario 3: ’n Suid-Afrikaanse Lente
Sentrale uitgangspunt/beskrywing
In die aanloop en/of die afloop van die 2024-verkiesing dra ’n kombinasie van politieke, ekonomiese en maatskaplike faktore (geaktiveer deur ’n gebeurtenis/se) by tot ’n eskalasie van politieke onstabiliteit. Die funksionele vermoëns van die staat word oorspoel in ’n omgewing wat S.P. Huntington (1965/1968) sou beskryf as hoë vlakke van politieke deelname en lae vlakke van institusionalisering. Hierdie situasie baan die weg vir politieke onstabiliteit en institusionele verval soos tans wyd in Suid-Afrika aangetref word. ’n “Ontploffing van politieke deelname” (dit wil sê ’n revolusie in Huntington-terme) manifesteer – ten minste in dele van die land. Soortgelyke patrone van politieke geweld soos wat in KZN en dele van Gauteng gedurende 2021 gebeur het vind weer plaas, maar instellings is nie by magte om dit te kan hanteer nie. Die opbou/verloop/afloop van die 2024-verkiesing kan hier die potensiële vonk in die spreekwoordelike kruitvat verskaf. Dit plaas die land voor ’n politieke en selfs ’n grondwetlike krisis – voorgehou as ’n unieke Suid-Afrikaanse Lente.
........
Die opbou/verloop/afloop van die 2024-verkiesing kan hier die potensiële vonk in die spreekwoordelike kruitvat verskaf. Dit plaas die land voor ’n politieke en selfs ’n grondwetlike krisis – voorgehou as ’n unieke Suid-Afrikaanse Lente.
........
Kenmerke en veronderstellings
- Politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings word polities geaktiveer tydens die verloop van die verkiesingsproses; verkry momentum en laat politieke onstabiliteit toeneem. (Hierdie uitdagings verwys na daardie sake wat in die aanvanklike ontleding as sodanig geïdentifiseer is.)
- Spesifieke kwessies wat as politieke snellers in hierdie konteks sou kon dien, sluit in: kwessies wat met sosiale kohesie (ras; kultuur; identiteit) te make het; ’n finansiële (skuld-)krisis wat veroorsaak dat maatskaplike toelaes nie betaal word nie en die gepaardgaande reaksie; toenemende xenofobiese tendense; politieke elites se verlies aan politieke mag; ’n verkiesing wat ontspoor as gevolg van talle redes en gepaardgaande reaktiewe optredes; leierskapkonflikte; hofbeslissings rakende politieke elites; en voedselsekerheid.
- Verlies van politieke mag (veral waar die ANC-regering/regime – lees ook kaders) politieke mag tydens die verkiesing sou verloor (hetsy nasionaal of binne ’n bepaalde provinsiale konteks) word op gewelddadige wyse teengestaan.
- Staatstrukture het ’n onvermoë om die situasie te hanteer en verlies aan politieke beheer beteken eskalerende chaos, wanorde en misdadigheid, wat toenemend buite beheer raak;
- Die gesag van die grondwet (en groter politieke regime) word uitgedaag en bestaande leierskap gediskrediteer en kan selfs totaal verwerp word.
- Praetoriaanse ingrypings (die rol en aanwending van veiligheidsinstellings in belang van wet en orde) werk net ten dele en die opsie van ’n politieke staatsgreep is aanwesig onder politieke elites – veral diegene wat baie het om te verloor.
- ’n Vorm van eksterne ingryping/s kan nie hier uitgesluit word nie.
- Ruimte bestaan in die aanwesigheid van visionêre leierskap dat botsende groepe deur onderhandelings en die soeke na konsensus antwoorde vir vraagstukke (polities, ekonomies en maatskaplik) kan vind.
- Die implikasies vanuit hierdie scenario is verreikend vir regime stabiliteit, en ’n volledige “regime breakdown” kan nie noodwendig hier uitgesluit word nie.
Uitkomste en implikasies
Hierdie is die spreekwoordelike slegte-saak-scenario en dui op patrone van politieke onstabiliteit as uitkoms van ’n reeds onstabiele omgewing. Geaktiveer deur ’n snellermeganisme (’n gebeurtenis of kombinasie hiervan), word die stelsel finaal oor die afgrond geneem of verloor ten minste beheer oor die situasie – rieel en perseptueel. Parallelle strukture wat reeds bestaan, is te swak om die funksies van die staat te hanteer in die lig van ’n waarskynlike “regime breakdown”. Indien hierdie scenario nie suksesvol bestuur en/of fundamenteel hervorm sou word nie,dra hierdie samehang van faktore (scenario) die potensiaal om oor die langer termyn ’n Suid Afrikaanse Haiti te kan word – ’n eksreem negatiewe politieke scenario.
Sterk en visionêre leierskap (tans nie juis sigbaar nie) kan binne sodanige omgewing (eksterne ingrypings kan nie uitgesluit word nie) deur onderhandelings, skikkings en fundamentele hervorming die grondslag lê vir die vestiging van ’n nuwe of veranderde staatkundige orde. Binne hierdie scenario sal dit egter eers slegter moet gaan alvorens sake kan verbeter. Verbetering sal veral bepaal word deur die politieke wil om moeilike en ongewilde besluite te neem, visionêre leierskap vereis en hiermee saam verouderde en uitgediende ideologiese praktyke ongedaan te maak.Laasgenoemde is tans nog nie sigbaar binne die regerende politieke elite van die ANC nie.
Evaluerende perspektiewe
Suid-Afrika staan op die vooraand van een van die belangrikste verkiesings sedert 1994, met verreikende implikasies vir die regerende ANC politieke elites. Die regerende ANC se posisie gaan verswak (in vergelyking met die 2019-verkiesing) en ’n volstrekte meerderheid is nie outomaties verseker nie. Die uitkoms van hierdie verkiesing (teen die agtergrond van reuse politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings) kan verreikende implikasies inhou vir die regerende party, maar ook vir die regerende elite binne die groter politieke regime. Indien die magsbasis (lees die bevoorregte posisie van ontplooide kaders) as gevolg van die uitslag in gevaar is, kan regime onstabiliteit nie uitgesluit word nie. Trouens, dit is reeds ’n werklikheid in omgewings soos Tshwane en Johannesburg, waar die ANC plaaslike politieke mag moes afstaan en (soms saam met die EFF) ondermynend, destabiliserend en selfs misdadig opgetree het en steeds optree.
Myns insiens is Scenario 1 en/of scenario 2 die meer waarskynlike uitkoms vir die 2024-verkiesing. Generaal Jan Smuts het immers profeties gesê dat die beste en die slegste nooit in Suid-Afrika gebeur nie! Tog kan scenario 3 nie van die tafel gevee word nie, hoewel ’n snellermeganisme betreffende ’n gebeurtenis (of kombinasie van gebeure) dan veronderstel word. Laasgenoemde ’n Suid Afrikaanse Lente met ’n horison van Haïti wat in alle opsigte verhoed moet word.
.........
Die huidige politieke status quo, gegewe die aard en impak van talle veranderlikes en die wyse hoe dit tans bestuur word, is nie polities volhoubaar nie.
.........
Die huidige politieke status quo, gegewe die aard en impak van talle veranderlikes en die wyse hoe dit tans bestuur word, is nie polities volhoubaar nie. Slegs die fundamentele hervorming van die politieke, ekonomiese en maatskaplike orde kan Suid-Afrika oor die medium en langtermyn red van ’n potensiële slegte-saak-scenario (scenario 3). Indien die slegte-saak-scenario nie in 2024 manifesteer nie (en die regering bestuur en onderpresteer op die huidige trant) is die krisis vorentoe (die 2026-plaaslike verkiesings of die 2029 nasionale en provinsiale verkiesings) myns insiens gewaarborg. Hierin lê geleentheid vir talle groepe om op verskillende terreine en werkswyses op te tree as die bouers van ’n nuwe en beter politieke, ekonomiese en maatskaplike orde.
Wat duidelik is, is dat die uitkoms van hierdie verkiesing die potensiaal het om die politieke landskap in Suid-Afrika drasties te verander, en dat die reaksie van belangegroepe en rolspelers in hierdie verband moeilik voorspelbaar is. Die algemeen bekende uitspraak van Antonio Gramsci vat die situasie goed saam as hy dit stel dat: “I’m a pessimist because of intelligence, but an optimist because of will. The old world is dying, and the new world struggles to be born: now is the time of monsters. I hate the indifferent.”
Bronne geraadpleeg (net gedeeltelik na verwys)
Ake, C. 1975. A definition of political stability. Comparative Politics 7 (2):271-283.
ANC. 2017. ANC National Policy Conference: Strategy and tactics of the African National Congress. Discussion document, 2017. https://www.sahistory.org.za/archive/2017-ANC-national-policy-conference-strategy-and-tactics-of-the-african-national-congress-discussion-document (26 Januarie 2021 geraadpleeg).
Anon. 2019a. South Africa is one of the least safe countries in the world. 24 November. https://businesstech.co.za/news/lifestyle/355519/south-africa-is-one-of- (15 Februarie 2020 geraadpleeg).
—. 2019b. Tax. Businesstech. 24 December. Businesstech.co.za (13 Februarie 2020 geraadpleeg).
Balthazar. 2022. South Africa may soon join Hungary, Poland and India as a failed constitutional experiment. https://www.dailymaverick.co.za/opionista/2022-11-27-south-africa-may-soon-join-hungary-poland-and-india-as-a-failed-constitutional-experiment(27 November 2022 geraadpleeg).
Baxter, J. 2020. Latest crime statistics for South Africa – increases in murder rate. https://www.sapeople/com/2020/07/31/latest-crime-statistcs-for-south-africa-increase-in-murder-rate (5 Oktober 2020 geraadpleeg).
Bloomberg. 2020. Advisory group puts a date to South Africa’s collapse. Businesstech.https://businesstech.co.za/news/business/432504/advisory-group-puts-a-date- to- South Africa’s collapse. 10 September 2020 (20 Oktober 2020 geraadpleeg).
Boonzaaier, D. 2022. ANC val onder 40%. Rapport. 14 Augustus:1.
Booysen, S. 2015. Causes and impact of party alliances and coalitions on the party system and national cohesion in South Africa. African Studies. 13(1):66-93.
—. 2021. Disunited we stand: Coalition politics in South Africa is jinxed when politicians behave badly in pursuit of power. Opinionista:https://www.dailymaverick.co.za.auther. (Geraadpleeg 10 Oktober 2021).
Bruce, D. 2013. A Provincial Concern? Political Killings in South Africa. https://www.issafrica.org/uploads/SACQ/a-provincial-concern-political-killings-in-south-africa SA Crime Quarterly, 2013. (8 Junie 2023 geraadpleeg).
Burger, P. 2023. South Africa has been grey listed for not stopping money laundering and terrorism funding. What it means. https://theconversation.com/south-africa-has-been-grey-listed-for-not-stopping-money-laundering-and-terrorism-funding-what-it-means (7 Maart 2023 geraadpleeg).
Businesslive. 2021. State Security Agency was politicised, Zondo commission told. https://businesslive.co.za/bd/national/state-security-agency-was-politicised-zondo-commission-told/ (28 Januarie 2021 geraadpleeg).
Businesstech. 2021. Around 23 000 tax residents leave South Africa each year and government to tighten the numbers. 5 Maart 2021. Bussinesstech.co.za.
—. 2022. Poll data reveals ANC could get 50% in next elections. Businesstech 28 Augustus 2022.
—. 2023. GDP shock for South Africa as load shedding crushes the economy. https://businesstech.co.za/news/finance/670947/gdp-shock-for-south-africa-as-load-shedding-crushes-the-economy (14 Maart 2023 geraadpleeg).
Businesstech, 2023a. It’s no longer just wealthy taxpayers who are leaving South Africa. https://businesstech.co.za/news/finance/670565/its-no-longer-just-wealthy-taxpayers-who-are-leaving-south-africa (8 Junie 2023 geraadpleeg).
Buys, F. 2020. “Revolusie” van rykes. 22 Oktober 2020. MaroelaMedia.co.za.
Cameron, 2020a. Magnus Heystek: Horrific chart with nowhere for the JSE to hide. BIZNews. 27 Desember 2020.https://www.biznewes/wealth-advisors/2020/12/27magus-heystek-horrific-chart-with-nowhere-to-hide-#2020#bestofbiznews (22 Maart 2021 geraadpleeg).
Cameron, J. 2020. Flash briefing: SA heads for financial crisis; Denel. Land Bank needs funds, gold mines, COVID19. Biznews.com/entrepreneur/2020/10/11 financial crises (12 Oktober 2020 geraadpleeg).
CEIC-Data. 2020. South African Debt: % of GDP. Quarterly CEIC-Data: September 2020. https://www.ceicdata.com/en/indicator/south-africa-debt-of nominal-gdp (8 Maart 2021 geraadpleeg).
Chikane, F. 2021. It is past time for South Africans to join ranks to remove corrupt leaders. City Press. https://www.news24.com/citypres/voices/frank-chicane-it-is-past-time-for-south-africans-to-remove-corrupt-leadership (28 Junie 2021 geraadpleeg).
Chipkin, I. & Swilling, M. 2018. Shadow State: The politics of state capture. Johannnesburg: Wits Universiteit. 176 pp.
COGTA. 2019. Presentation about the status of Municipalities in the Northwest Province – MEC Rosho: 13 May 2019. Ongepubliseer.
Corruption Watch. 2020. South Africa’s COVID-19 has exposed greed and spurred long needed action against corruption. Corruption Watch, 4 September 2020 (8 Maart 2021 geraadpleeg).
Cotterill, J. 2021. South Africa counts the cost of its worst unrest since apartheid.https://www.ft.com/content/1b0badcd-2f81-42c8-ae09-796475540cc.
Cronjé, F. 2017. A traveller’s guide to South Africa in 2030. Kaapstad: Tafelberg.
Crouse, G. 2023.disturbing details behind ’job bloodbath data’. https://dailyfriend.co.za/2023/07/08disturbing-details-behind-jobs-bloodbath-data/(26 Julie 2023 geraadpleeg).
Curlewis, L. 2022. The South African Criminal Justice System: Under Siege. Pretoria: Referaat gelewer te Universiteit van Pretoria ter afskeid van Prof Koos Malan op 19 Augustus 2022.
Daily Investor, 2022. South Africa on the verge of collapse – economist. https://dailyinvestor.com/south-africa/5825/south-africa-on-the-verge-of-collapse-economist/.
Daily Investor. 2023 South African social unrest warning. https://dailyinvestor.com/business/16321/south-african-social-unrest-warning/ (27 Julie 2023 geraadpleeg).
Daily Investor.2023a. South Africa has run out of money. https://daily-investor.com/finance/29875/south-africa-has-run-out-of-money/(Geraadpleeg 7 September 2023).
Democratic Alliance,2023. Track the consequences of Zondo’s State Capture reports. https://www.da.org.za/statecaptureconsequences (17 Januarie 2023 geraadpleeg).
De Ruyter, A. 2023. Truth to Power: my three years inside ESKOM. Johannesburg: Exclusive Books.
De Wet, P. 2016. SA Justice System is battling. https://mg.co.za/article/2016-9-16-00-SA’s-justice-system-is-battling (4/03/2021 geraadpleeg).
Duane, E.C. 2017. Corruption and state capture under two regimes in Guyana (PDF). Research Gate. University of the West Indies (23 Mei 2017 geraadpleeg).
Du Plessis, M. 2023. Investors flooding out of South Africa. https://businesstech.co.za/news/business/671925/investors-flooding-out-of-South-Africa (15 Maart 2023 geraadpleeg).
Du Toit, P & De Jager, N. 2015. South Africa’s Dominant-Party System -Comparative Perspectives. https://www.researchgate.net/figure/South-African-National-Election-Results-1994-2014_tbl1_292972130 (8 Junie2023 geraadpleeg).
Du Toit, A. 2023.Russia could cost South Africa’s car industry R435 billion and 112 000 jobs this week. https://topauto.co.za/news/81461/russia-could-cost-south-africas-car-industry-r435-billion-and-112000-jobs-this-week/ (26 Julie 2023 geraadpleeg).
Duvenhage, A. 2007. Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing: ’n Strategiese ontleding en scenario-analise. NWU (Potchefstroom): Professorale intreerede.
—. 2020. Suid-Afrika by ’n kantelpunt: ’n slegte-saak-scenario? Litnet-Akademies. https://www.litnet.co.za (14 September 2020 ontsluit).
—. 2020A. Suid-Afrika in ’n smeltkroes van verandering: eietydse en toekomsperspektiewe. Tydskrif vir Christelike Wetenskap 2020 (vierde kwartaal); 137-162.
—. 2021. Politieke transformasie in Suid-Afrika: Implikasies vir die staat, die ekonomie en samelewing. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 61(3):pp. 713-737.
—. 2022. The role of Political Parties in Coalition Building at the Local Government Level (In ed. Reddy,P,Wissink,H& Kariuki,P. Coalition building and municipal governance in South Africa: Implications for municipal leadership and service delivery. Johannesburg: UJ-University Press pp. 187-214).
—. 2023. Sal die Suid-Afrikaanse konstitusionele demokrasie die huidige krisis wat die bestel in die gesig staar oorleef? https://www.litnet.co.za/sal-die-suid-afrikaanse-konstitusionele-demokrasie-die-huidige-krisis-wat-die -bestel-in-die-gesig-staar-oorleef/ (27 Julie 2023 geraadpleeg).
Easton, D. 1965. A systems analysis of political life. New York: John Wiley & Sons.
Eloff, T. 2022. Die ANC kan in sy huidige vorm verdwyn. https://afrikanerbond.co.za./die-anc-kan-in-sy-huidige-vorm-verdwyn-Mei-2022 ( 26 September 2022 geraadpleeg).
Erasmus, D. & Hlangu, L. 2021. Phoenix massacre: What really happened in the deadly collision of brutalized communities. https:// www-daily-maverick.co.za/article/2021-07-28-phoenix-massacre-what-really-happened-in-the-deeadly-collision-of brutalized-communities. (26 September 2021 geraadpleeg).
Eunomix. 2020. South Africa heading towards a failed state.www.bloombergquint.com.politics.south-africa-heading-towards-becoming-a-failed-state. (10 Oktober 2020 geraadpleeg).
Geldenhuys, D. 1999. Staatsverval. Politeia, 18(2):37-56.
Global Initiative against transnational organized crime.2022 Strategic organized crime risk assessment South Africa. https://www.scribd.com/document/595885595/GI-TOC-Strategic-Organized-Crime-Risk-Assessment-South- Africa#download.
Global Peace Index. 2018. South Africa is one of the least safe countries in the world. htts://businesstech.co.za/news/lifestyle/355519/ South Africa is (16 Februarie 2020 geraadpleeg).
Greffrath, W.N. 2015. State dysfunction: The concept and its application to South Africa. Potchefstroom. PhD-verhandeling: NWU.
Gumede, W. 2021. We are going down, the Mexican way. Sunday Times. 21 Februarie 2021:24.
Gumede, W. 2021A, Mirror, mirror on the wall, who is the real leader of us all? Sunday Times Opinion & Analysis. 17 Maart 2021.
Haffajee, F. 2022. Road to 2024 elections: ANC collapse as South Africa’s majority party is foretold in new pole. Daily Maverick: 14 Augustus 2022.
—. 2022A. If a general election were held tomorrow and turnout was good the ANC would clear 50%. https:www.dailymaverick.co.za.article/2022-09-01/if-a-general-election-were-held-tomorrow-and-the-turnout-was-good-the-annc-would-clear-50-inclusive-society-institute. (9 September 2022 geraadpleeg).
—. 2022B.South Africa’s organized crime climbs to Italy’s level, racing past Mexico, Somali and Libya. https://dailymaverick.co.za/article/2022-09-21-south-africas-organised-crime-climbs-to-italys-levels-racing-past-mexico-somalia-and-libya/ (2 November 2022 geraadpleeg).
Hanlon, J. 2020. “Southern Africa: Mozambique Asks EU for military Help”. https://allafrica.com/stories/202009290483.html).allAfrica.com.
Harding, A. 2021. South Africa riots: The inside story of Durban’s week of anarchy.https://www.bbc.com/news/world-africa-57996373 (4 April 2023 geraadpleeg).
Heyns, T. 2023. Meer as 11 miljoen huishoudings ontvang gratis dienste – Ramaphosa. https://maroelamedia.co.za/nuus/sanuus/meer-as-11-miljoen-huishoudings-ontvang-gratis-dienste-ramaphosa/ (26 Julie 2023 geraadpleeg).
Heywood, A. 2002. Politics (tweede uitgawe). New York: Palgrave Foundations.
Heystek, M. 2019. RSA titanic is in groot k#k – don’t let those patriotic swimsuits fool you. Biznews.com. 24 Desember.
Heywood, A. 2002. Politics (second edition). New York: Palgrave Foundations. https://www.iol.co.za/business-report/capital-outflow-r350billion (18 Februarie 2002).
Horne, W. 2022. Staal jou wys begroting: “Moeilike tye kom”. Beeld. 27 Oktober 2022 p. 2.
Huntington, S.P. 1968. Political order in changing societies. Londen: Yale University Press.
—. 1981. Reform and stability is a modernizing multi-ethnic society. Politikon 8(2): 8-26.
—. 1988. One soul at a time:political science and political reform. American Political Science Review 82(1):3-10.
—. 1991. The third wave: democratization in the late 20th century. Oklahoma: University of Oklahoma Press.
Jackson, R. 1993. Quasi-States: Sovereignty, International relations and the Third World. Cambridge: Cambridge University Press.
Jacobs, S. 2023. Social unrest risk from high interest rates. https://daily-investor.com/south-africa/21853/social-unrest-risk-from-high-interest-rates/ (26 Julie 2023 geraadpleeg).
Jacobs, S.2023b. Unrest and riot warning for South Africa. https://dailyinvestor.com/south-africa/23761/unrest-and-riot-warning-for-south-africa/(26 Julie 2023 geraadpleeg).
Jacobs, S.2023c.Social unrest and total black out warning from Old Mutual CEO. https://dailyinvestor.com/south-africa/19075/social-unrest-risk-from-high-interest-rates/ (Geraadpleeg 7 Sepetember 2023)
Janse van Rensburg, R. 2022. SA is losing skills - 1 million have emigrated. https://solidariteit.co.za/en/sa-is-losing-skills-1-million-have-emigrated/ (8 Junie 2023 geraadpleeg).
Johnson, R.W. 2015. How long will South Africa survive? – the looming crisis. Kaapstad: Jonathan Ball.
—. 2019. Our coming train crash. Politicsweb. 1 Augustus (20 Februarie 2020 geraadpleeg).
—. 2020a. Ineenstorting wag op ANC. Rapport Weekliks. 27 September 2020:7.
—. 2020b. How the end will come(ii). https://www.politicsweb.co.za.how-the-end-will-come-ii (29/03/21 geraadpleeg).
—. 2020c. Who can lead us to the promised land? https://www.politicsweb.co.za.who-can-lead-us-to-the-promised-land.
—. 2021a. Ramaphosa’s losing strategy. https://www.politicsweb.co.za.ramaphosa’s-losing-strategy (8 Maart 2021 geraadpleeg).
—. 2021b. Face up to ANC failure. https://www.politicsweb.co.za/opinion/face-up-to-anc-failure (29/03/21 geraadpleeg).
—. 2023. Eratic ANC’s crazy laws shows SA approaching end of an era. https://www.biznews.com/premium-signup?mepr-unauth-page=1009517&redirect_to=%2Fpremium%F2023%2F06%2F08%2FPremium-rw-johnson-anc-sa-end-of-era ( 26 Julie 2023 geraadpleeg)Jonas, S. 2021. ANC’s hegemony is over: a new era has begun. Centre for Risk Analysis. Johannesburg. CRA-SA.com.
Jordaan, J. 2021. Is die skrif aan die muur? Beeld: 13 Desember 2021:p. 12.
Kadima, D. 2006. The study of party coalitions in Africa: Importance, scope, theory and research methodology (In D. Kadema [ed.] The Politics of Party Coalitions in Africa, Johannesburg; Konrad Adenhauer Stiftung and EISA).
Katzenellenbogen, J. 2023. What happens when the Expropriation Bill is passed? https://irr.org.za/media/katzenellenbogen-on-expropriation-bill-sa-on-the-verge-of-an-economic-tipping-point-201d-biznews (26 Julie 2023 geraadpleeg).
Kekana, M. 2019. Financial state of municipalities has worsened – Auditor General. Mail and Guardian. 26 Junie. https://mg.co.za/article/2019-06-26-financial-state-of-municipalities (19 Februarie 2020 geraadpleeg).
Kgobisa-Ngcaba, K. 2023. The ANC is gaslighting black South Africans with the employment Equity Amendment Act. 24 May 2023. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2023-05-24-the-anc-is-gaslighting-black-south-africans-with-the-employment-equity-amendment-act/(26 Julie 2023 geraadpleeg).
Kinnaird, B.A. The Criminal Justice System is broken and can’t be fixed. https://www.psycology.com/za/blog/the-hero-in-you/2001812/the-criminal-justice-system-is-broken-and-can’t-be-fixed (4 Maart 2021 geraadpleeg).
Ledger, J. & Rampedi, M. 2019. Mind the gap: section 139 interventions in theory and practice. https://pan.org.za.mind-the-gap-in-theory-and-practice (15 Julie 2021 geraadpleeg).
Logan, C. & Nkomo, S. 2021. South Africa’s turmoil is about more than Jacob Zuma. https://wwwafrobarometer.org/articles/south-africas-turnoil-about-more-than-jacob-zuma (31 Maart 2023 geraadpleeg).
Machiavelli, N. 1940. The Prince and the discourses. New York: The Modern Library.
Maggs, J. 2023. Illegal mining runs deeper than zama zamas. https://www.moneyweb.co.za/moneyweb-podcasts/moneymidday/illegal-mining-runs-deeper-than-zama-zamas/ (1 Augustus 2023 geraadpleeg).
Majozi, P. 2023. SA’s problem of lawlessness and disorder. https://www.politicsweb.co.za/opinion/south-africas-problem-of-lawlessness-and-disorder/ (26 Julie 2023 geraadpleeg).
Malala, J. 2021. Justice Malala: Actually South Africa has a KZN problem. https:www. bussinesslive.co.za//fm/opninion/home-and-abroad/2021-07-29-justice-malala-actually-sa-has-a-kzn-problem. (26 September 2022 geraadpleeg).
Malan, K. 2019. There is no Supreme Constitution – a critique of Statist-individualist Constitutionalism: Pretoria: African Sun Press.
—. 2023. The disintegration of the South African order. https://www.politicsweb.co.za/opinion/the-disintegration-of-the-south-african-order (27 Julie 2023 geraadpleeg).
Mashanini. G. 2021. Headperson Glen Mashanini: Final results of the municipal elections. https://gov.za/speeches/glen-mashanini-final-results-municipal-elections. (4/5/2022 gelees).
Mazrui, A. 1995. The blood of experience: the failed state and political collapse in Africa. World Policy Journal: 12(1):28-34.
Merten, M. 2019. State Capture wipes out third of SA’s R4,9 trillion GDP – never mind lost trust,confidence,opportunity. 1 Maart 2019. https://dailymaverick.co.za/article/2019-03-01-state-capture-wipes-out-third-of SA,s-R4,9-trillion-GDP-never-mind-lost-trust-confidence-opportunity (18 Maart 2021 geraadpleeg).
Migdal, J. S. 1988. Strong societies and weak states: State-society relations and state capabilities in the third world. Princeton: Princeton University Press.
Mokgoro, J. 2018. North West Provincial Overview on section 139 (ii) intervention. PEC discussion. 22 Augustus 2018:1-3.
Mothibi, K. A., Roelofse, C. J. & Maluleke, A. H. 2015. Organized crime in South Africa since transition to democracy. Sociology and Antropology 3(12):1-8.
Mwareya, R. 2022. South Africa: Shock poll shows ANC heading towards 2024 coalition. The Africa report: 26 Augustus 2022. areport.com.
Myburg, P-L. 2019. Gangster state – Unravelling Ace Magashule’s web of capture. Kaapstad: Penguin.
Mynhardt, M. 2023. Nuwe raswet kan”onherstelbare skade veroorsaak “ https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/nuwe-raswet-kan-onherstelbare-skade-veroorsaak (15 Junie 2023 geraadpleeg).
Omarjee, H & Maeko, T. 2021. ANC chokes on R200m debt and disorder of polls. https://www.businesslive.co.za/bd/politics/2021-09-01-anc-chokes-on-r200m-debt-and-disorder-ahead-of-polls (31 Maart 2023 geraadpleeg).
Owusu-Sekyere, E. 2022. Undocumented migrants-The myths,realities,and what we know and don’t know. https://dailymaverick.co.za/article/2022-03-23-undocumented-migrants-the-myths-realities-and-what-we-know-and-don’t-know (18 April 2022 geraadpleeg).
Parsons, R. 2020. Note of comment – immediate press release. NWU Besigheidskool (Potchefstroom). November 2020
Pauw, J. 2017. The President’s Keeper – those keeping Zuma in power and out of prison. Kaapstad: Tafelberg.
PWC, 2023. South Africa Economic outlook. June 2023. https://www.pwc.co.za/en/press-room/south-africa-outlook-june-2023.html.
Ramphele, M.2023.Open letter to Ramaphosa: state capture 2.0 is raging ahead under your watch. https://www.news24.com/news24/opinions/columnists/mampela_rampele/mampela-rampele-open-letter-to-ramaphosa-state-capture-20-is-raging-ahead-under-your-watch-20230704.
Romano, S. 1947. The legal order. Abingdon: Routledge.
Rossouw, J. 2022. Besprekingsdokument: Kwelpunte in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Bondsraad van die AB: 16 September 2022.
Rotberg, R. 2002. The new state of nation-state failure. The Washington Quarterly. 25(3):85-96.
SA Reserwebank. 2019. Monetary Policy Review. October 2019:1.
—. 2022. Quarterly Bulletin. Maart 2022:5-163.
Schüssler, M. 2020. Staat op snelweg na mislukking. Netwerk 24. 21 September 2022.
Shaw, M & Thomas, K. 2016. The commercialization of Assasination: ‘Hits’and Contract Killing in South Africa, 2000-2015. https://academic.oup.com/afraf/article-abstract/116/465/597/2605670?redirectedFrom=fulltext0. AfricanAffairs.doi:1093/afraf/adw050(https://doi.org/10.1093%2Fafraf%2Fadw050 (27 Julie 2023 geraadpleeg).
South African Bussiness Confidence. 2020. South African business confidence -1975-2020-data/2021-2022 forecast. https://trading economics.com/south african business confidence (10 Oktober 2020 geraadpleeg).
Southall, R. 2022. The end is nigh for ANC – former South African president predicts.https.//www-the-elephant-info-eds/2022/05/06/the-end-is nigh-for- anc-former-south-african-president-predicts.
Stachan, G. 2021. South Africa continues on the path of deindustrialization. Engineering News 5 October. https://www.engineeringnews.co.za/article/south-africa-continues-on-the-path-of deindustrialization-2017-10-05 (19 Februarie 2020 geraadpleeg).
Statista. 2022. Social grant recipients in South Africa 2019, by population group. https://statista.com.statistics/1116080/population-recieving-social-grants-in-south-africa-by -population-group/ (2 November 2022 geraadpleeg).
Steenkamp, L. 2019. South African taxpayers will bear the brunt of National Health Insurrance. The Conversation. 29 Augustus. Https://theconversation.com/south-african-taxpayers-will-bear-the-brunt-of-national-health-insurance-122409 (17 Februarie 2020 geraadpleeg).
Strategy and tactics. 2012. Strategy and tactics of the ANC. https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/strategy_and_tactics_of_the_ANC_by ANC december 2012 and 53rd.conference.pdf (15 Julie 2021 geraadpleeg).
Sutner, R. 2013.Government and tripartite alliance ’no pitch’ at Marikana memorial. https://www.raymondsuttner.com/2013/08/18/raymond-suttner-government-and tripartite-alliance-no-pitch-at-marikana-memorial-13 Augustus 2013.
Thamm, M. 2021. Days of Zondo: Secret billions poured into State Security Agency to sustain and protect “Zuma regime”, claims acting DG Loyiso Jafta. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-01-26-secret-billions-poured-into-state-security-agency-to-sustain-and-protect-zuma-regime-acting-dg-loyiso-jafta/ (28 Januarie 2021 geraadpleeg).
Tonnies, F.1905. The present problems of social structure. https://www.journals.uchicago.edu/doi/10.1086/211335.
Turton, A. 2019. Going backwards -the deindustrialization of the South African economy (oorspronklike bron en gesprek is in besit van die skrywer).
Versluis, J-M. & De Lange, J. 2019. How law enforcement in SA has all but collapsed. News24, 21 Oktober. 21/102019. https://city-press. News 24.com/News/rising-crime-low-prosecution (20 Februarie 2020 geraadpleeg).
Vhumbunu, C.H. 2021. The July 2021 Protests and socio-political unrest in South Africa. https://www.accord.org.za/conflict-trends/the-july-protests-and-socio-political-unrest-in-south-africa (12 September 2022 geraadpleeg).
Von Holdt, K. 2013. South Africa: the transition to violent democracy. Review of African Political Economy, pp. 589-604.
Weber, M. 1964. The theory of social and economic organization. New York. Free Press.
Zartman, W. (ed). 1995. Collapsed states: the disintegration and restoration of legitimate authority. Boulder: Lynne Reiner Publishers.
Eindnotas
1 Verskeie werke van beide die outeur en ander outeurs, kan gebruik word vir meer volledige perspektiewe ten opsigte van bogenoemde ontleding en in besonder die kantelpunt wat bereik is en die uitkomstes in hierdie verband. [Vergelyk Duvenhage, 2020; 2020a; 2023; Ramphele, 2023; Johnson, 2019; 2020a; 2020b; 2020c;2021;2023; Malan, 2019;2023) vir verskillende aspekte met betrekking tot bogenoemde ontleding en gevolgtrekkings.]
2 Ten opsigte van die omvang en kompleksiteit van geweld in Suid Afrika kan die volgende bydraes geraadpleeg word: Balthazar, 2022;Baxter,2020;Bloomberg,2020; Bruce, 2013; Cotteril,2021; Erasmus& Mlangu,2021; Global Peace Index,2018; en Harding,2021;Logan&Nkomo,2021;Ramphele,2023;Vhumbunu,2021; von Holdt, 2013
3 Ten opsigte van Suid Afrika as ’n verswakkende staat kan die bydraes van Bloomberg,2020;Daily Investor,2022; Eunomix,2020;Greffrath,2015; Geldenhuys,1999;Malan,2019;2023; en Duvenhage 2007 geraadpleeg word.