Amanda Strydom

Amanda Strydom loop die pad van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf al lank en is een van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars. Amanda is nie alleen 'n sanger en kabaretkunstenaar nie, maar skryf ook haar eie lirieke en toneelstukke en is 'n bekroonde aktrise.

In 1986 veroorsaak Amanda 'n "skandaal" toe sy met gebalde vuis die swartmag-teken gee tydens 'n kabaretopvoering by die Oude Libertas in Stellenbosch. Sedertdien is sy dikwels in die pers aangehaal as "Amandla" Strydom.

Amanda Strydom het al verskeie CD's die lig laat sien, waaronder Songs from the State of the Heart en Hotel Royale seker van die bekendste is. Haar versamelalbum, Ek loop die pad, 20 jaar, is in 2000 vrygestel ter viering van haar sangloopbaan wat toe reeds al oor 'n 20-jaar-tydperk strek. Kaalvoet, 'n versamelbundel van Amanda se lirieke en foto's, is in 2004 gepubliseer.

Franz Marx: Hoeveel mense het jou “mentor” genoem?

Amanda Strydom In memoriam 2021-09-27

"Ek was 23 jaar oud toe Franz Marx my toekoms heeltemal verander het. Hy kon baie verder as ek sien."

Elders gesien: Sy was vol lig, grappies, superslim en talentvol

Amanda Strydom Elders gesien 2021-07-03

"Sy is weg. Vanoggend oorlede. Liefste Saranti Reeders. Covid."

Elders gesien: Amanda Strydom bring hulde aan Sibongile Khumalo

Amanda Strydom Elders gesien 2021-01-29

"That voice, that dignity, that beautiful soul – gone."

Elders gesien: "Ek kan my nie ’n dag sonder RSG indink nie"

Amanda Strydom Elders gesien 2020-11-19

"Dit kan mos nie, dit mag mos nie."

Amanda Strydom vereer vir lewenslange bydrae tot musiek

Marli van Eeden, Amanda Strydom Onderhoude 2019-03-28

"Ek het gesing in die kerk, in die skoolkoor en later op skool- en kerkkampe. Dit was vir my heerlik om te sing, maar ek het nooit gedroom dat ek ’n loopbaan in musiek sou hê nie. Nou kan ek my skaars ’n lewe sonder musiek voorstel."

Amanda Strydom se lied aan Johannes Kerkorrel

Amanda Strydom Argief 2015-11-02

"Ek het gedroom jy’t opgestaan uit jou dood
en aan my deur kom klop soos altyd
met blomme, wyn en brood."

Amanda Strydom vertel van 'n Vuur gevang in glas

Amanda Strydom, Naomi Meyer 2014-05-19 Ekstra vertoning! 'n Vuur gevang in glas word aangebied by Die Boer-teater in Durbanville op 29 Julie 2014. Hier is 'n onderhoud met Amanda Strydom.

Hennie Aucamp: Ek het hom Meester genoem

Amanda Strydom 2014-03-25 Hennie Aucamp was my vriend, mentor en tweede pa.

Ingrid Glorie in gesprek met Amanda Strydom

Amanda Strydom, Ingrid Glorie 2012-01-18 “Ek het nooit weer teruggekyk nie.”

Amanda Strydom gesels met Ingrid Glorie oor die bronne van haar skrywerskap.
Top