Elders gesien: "Ek kan my nie ’n dag sonder RSG indink nie"

  • 6

Amanda Strydom skryf op Facebook:

Asof hierdie jaar nie genoeg van ons beroof het nie, kom hierdie skokkende nuus. EK KAN MY NIE 'N DAG SONDER RSG INDINK NIE. Dit kan mos nie, dit mag mos nie. Magdaleen Kruger, Kobus Burger, Christelle Webb Joubert, Amore Bekker, Ilze Salzwedel, Johan Myburg, Haidee Muller, Mari Snyman, Mariëtta Kruger, Suzanne Paxton, Fritz Klaaste, Martelize Brink, Johan Rademan. AL die mense by RSG wie se name my nou ontgaan, die kantoorpersoneel en tegnici - my hart gaan uit na julle. Hoe kan hulle dit doen ? Wat kan ons doen om te help?

Amanda Strydom

 

  • 6

Kommentaar

  • Ek stem volkome saam met Amanda Strydom. Het soveel uiters aangename herinneringe aan die kreatiewe werkkanse wat baie van hierdie mense in my jonger jare vir my gebied het. As boekeredakteur onderhoude met skrywers gevoer, opgetree in vervolgverhale en hoorspele, ens. Hulle programme. het so 'n belangrike invloed op ons lewens. .

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    SA wat veronderstel was om nuut te wees met goeie vooruitsigte het 'n nagmerrie geword waarin mense se drome gesteel is/word. Gekaap, geplunder en met misdaad en geweld verrinneweer. Die realiteit wat hopelik eendag sal deurdring is wat vir 'n Afrikaanse minderheidsgroep belangrik is, nie deur hierdie regering en sy instellings gedeel word nie. As jy nie die sê het oor jou eie nie, is alles wat belangrik is op die altaar om geoffer te word. Die ou Kunsterade was van die eerstes en daarna het alles wat met kultuur en Afrikaans te doen het die domino effek gevolg.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Nee wat, Radio Sonder Gewete kripvreters het met hul politieke korrektheid net hul loon vir verloëning gekry.
    Gelukkig het ons "verregses" met ons beleid van selfbestuur, ons eie radiostasies.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Ja, daar is vele "minderwaardige streekradio stasies", wat altyd voor die skaaptrop Radio Sonder Gewete moes knie buig. Dalk het ons voor niemand knie gebuig nie? Dalk was selfbestuur ook nie "verregs" nie? Dalk was Radio Sonder Gewete ver links, selfs vir ANC se smaak? Met RSG se amptelike beleid van geforseerde etniese amalgamasie die "snowflakes", wie Tladi en ANC in slegte lig gestel het en nou hul weerwraak smaak...
    PretoriaFM is nog daar en ook Radio Overberg...

  • Avatar
    Hans Richardt

    RSG se luisteraar getalle regverdig nie meer hul bestaan nie. RSG se omroepers het hulself magtig bo luisteraars beskou en het duisende verdryf met blatante snedige beledigings en onnosel musiekspeellyste.
    Selfs Groot Fm is beter om te luister of Bosveld stereo of Bokradio. Ek luister al lank internet radio, wat nie RSG insluit wat na 1994 ontstaan het nie. Weliswaar bestaan die Afrikaanse radio diens vanaf 1994 nie meer nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top