Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
15 Januarie
Boekeblad: ’n Moontlike respons op ons ‘roerige tye’
Bibi Burger resenseer In die stille agterkamer en Gesant van die mispels deur Marlene van Niekerk
Boekeblad: Oor vroue en vooroordeel
Helen Schöer resenseer Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis
Boekeblad: Gaydebat is almal se debat
Francois Bekker resenseer Weerlose weerstand deur André Bartlett
Nuus/Kuns: Moord is op die tafel in Irna van Zyl se nuwe roman
17 Januarie
Nuus/Kuns: Krog vereer met ‘ganzenveer’
18 Januarie
Nuus: Digter Jenny Joseph sterf
22 Januarie
Boekeblad: Small se liefdeswerk
Joan Hambidge resenseer Adam Small Denker, digter, dramaturg. Jacques van der Elst (red.)
Boekeblad: Doepa teen die ooraanbod
Jo Prins kyk na Asterix en die groot moles deur René Goscinny & Albert Uderzo. In Afrikaans vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois.
Boekevat-rubriek deur Herman Lategan: Die laaste goue dae van stilte en eensaamheid
24 Januarie
Nuus/Kuns: Le Guin het letterkunde, en lewens, op sy kop gekeer
25 Januarie
Nuus: Voertaal. Splinternuwe Afrikaans-Nederlandse webtuiste maak sy deure oop
26 Januarie
Nuus: ‘Aspoester-boek’ met vroue oor 4 geslagte
28 Januarie
Nuus: Stewige inspuiting vir kykNET-Rapport se boekpryse
29 Januarie
Boekeblad: Die klein kryger se indringende vrae
Jean Meiring resenseer El negro en ek deur Frank Westerman. Vertaal deur Daniel Hugo
Boekeblad: Digter in opstand teen die onafwendbare groot vergeet
Ilse de Korte resenseer Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V. du Plessis
Boekeblad: Dié boek slaan – en hy slaan hárd
Ilza Roggeband resenseer Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz
31 Januarie
Nuus/kuns: Lapa laat liefde blom in Valentynsmaand
Die Groot Ontbyt
Willie Burger het in Januarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
16 Januarie
First Person deur Richard Flanagan
23 Januarie
Willie Burger kies ’n paar boek-hoogtepunte waarna lesers in 2018 kan uitsien. Dit sluit heruitgawes en vertalings in.
30 Januarie
Adam Small: Denker, digter, dramaturg (Redakteur: Jacques van der Elst)
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:
Soen deur Jan Vermeulen: ’n resensie
Henriëtte Loubser "Soen spreek die soeke na ’n eie identiteit aan. Wie is ek? Waar pas ek in?" |
Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz: ’n resensie
Henriëtte Loubser "Blou is nie ’n kleur nie slaan jou asem weg. Dit pluk aan jou binnegoed. Dit betrap jou onverhoeds in ’n leeservaring wat jou soms duiselig sal laat." |
Hartlam, kortverhale oor die liefde, saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair
Madri Victor "Dit is ’n relevante bundel wat die leser ’n wye perspektief op die liefde bied: erotiek, obsessie, teistering, verlange, verwerping, kameraadskap, deernis, durf, hoop – Hartlam gee die leser ’n voyeuristiese blik op hierdie fasette en meer." |
Closet: The remarkable wardrobe of Nataniël: ’n resensie
Frederick Botha "In plaas van ’n kas vol donker geheime en pynlike herinneringe is Nataniël se kas gevul met dramatiese en unieke uitrustings wat kenmerkend van hierdie ikoniese Suid-Afrikaanse persoonlikheid is." |
Vroue van Atlantis saamgestel deur Anastasia de Vries en Eldridge Jason: ’n resensie
Anzil Kulsen "Met die lees van elk van hierdie vroue se verhale is daar ’n gevoel van bemagtiging, ’n soort aanmoediging dat die leser self beter behoort te doen, meer betrokke behoort te raak en ’n verskil behoort te maak." |
Drie vroue en 'n meisie deur Hans du Plessis: ’n resensie
Elbie Adendorff "Drie vroue en ’n meisie is Hans du Plessis se nuutste roman en is onlangs deur LAPA uitgegee. Die keurige voorblad gee reeds ’n aanduiding van die belangrikste temas in hierdie roman, naamlik dat dit ’n verhaal is oor vroue, diamantdelwery, ’n ongenadige landskap en vooroordeel: 'Vooroordeel is die een sonde wat niemand onaangeraak laat nie.'" |
Ramaphosa: The man who would be king deur Ray Hartley: ’n resensie
Frans Rautenbach "Waar Ramaphosa: The man who would be king my onkant betrap het, is dat dit my gelaat het met ’n ietwat ongewone gevoel in hierdie dae: een van hoop." |
Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Voor ons vergeet vertel die verhale van mense wie se stemme dikwels in die verlede nie geduld was nie. Die boek bied ’n mens ’n venster in die komplekse verhouding van die NG Kerk-familie – ’n familie wat vandag nog steeds net so broos is as tydens die jare van apartheid." |
Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Die laaste woord oor die dood is dit sekerlik nie, maar hierdie boek is ’n unieke en vars bydrae oor ’n onderwerp wat nog nooit, sover ek weet, op dié manier in Afrikaans aangepak is nie." |
Penseel-studentebundel: ’n resensie
Heilna du Plooy "Daarom is dit verblydend dat studente op eie stoom en uit eie geledere hulle skryfpogings bymekaarbring en uitgee. Dit gebeur by verskillende universiteite en is iets wat aangemoedig en aangeprys behoort te word, want hierdie onselfbewuste en selfs naïewe skryfoefeninge verskaf nie net ’n breë basis waarop latere skryfwerk as ’n piek kan voortbou nie, maar is as ’n oefenskool baie nodig." |
Weerlose weerstand – Die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Bartlett se boek volg die spoor van die sinodesittings en studiekommissies wat oor die jare in die NG Kerk gehou is rondom die kwessie van homoseksualiteit, en al die drama en intrige wat daarrondom ontvou het." |
Maria se armoire deur Johan en Ode Krige: ’n lesersindruk
Irene van Staden "Maria se armoire is ’n boek wat uitbeeld hoe die samelewing met die jare verander het. Families en gesinne wat kleiner word, doopname wat hul waarde verloor, erfgoed wat agtergelaat word weens die kleiner leefareas van vandag se lewe." |
Lore of nutrition – Challenging conventional dietary beliefs deur Tim Noakes en Marika Sboros: ’n resensie
Dawie van Velden "Ons kan ons hoed afhaal vir Tim Noakes wat gestaan het by sy beginsels, en met groot wetenskaplike integriteit sy standpunt verdedig teen sy eie kollegas en akademiese instellings wat hom ongenaakbaar gekritiseer het." |
Navigate: an interview with Karin Schimke
Karin Schimke, Naomi Meyer "On a day-to-day basis, poems rush by me and through me all the time, and only now and again do I have the time to snatch them by their slippery tails and nail them to the page." |
Sitting pretty: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen
Christi van der Westhuizen, Naomi Meyer "Dit is die nalatenskap waaruit ek kom, en dit is belangrik vir my om dit te verstaan. Hoeveel agentskap het hulle gehad en hoeveel het ek? Kan ons as mense ’n meer etiese wêreld skep, of is ons oorgelewer aan ons omstandighede?" |
Hans steek die Rubicon oor: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg
Rudie van Rensburg, Naomi Meyer 2018-01-03 "Tweedens wou ek die groot Suid-Afrikaanse tragedie belig dat soveel bejaarde ouers vereensaam in inrigtings omdat hulle kinders en kleinkinders in die buiteland is én dat hulle soms teen hulle wil in daardie inrigtings geboender word." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Januarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 Januarie 2018
Oorsigartikel: 2017 se topverkopers
Evita Bezuidenhout resenseer Closet deur Nataniël
Johan van Zyl resenseer Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe deur Justin Vermaak en Douw Steyn
Deborah Steinmair resenseer A Gap in the Hedge deur Johan Vlok Louw
14 Januarie 2018
Jean Oosthuizen oor Faith & Courage: Praying with Mandela deur Thabo Makgoba
Jacolette Kloppers resenseer Mentje – Kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert
22 Januarie 2018
Theunis Engelbrecht bespreek A Simple Man: Kasrils and the Zuma Enigma deur Ronnie Kasrils
Riette Rust resenseer Die DJ deur Simon Bruinders
Herman Lategan resenseer New Times deur Rehana Roussouw
28 Januarie 2018
Bun Booyens resenseer Op ’n stormsee (Tony Weaver met Andrew Ingram)
Deborah Steinmair bespreek Brand deur Peet Venter
Joan Hambidge resenseer Imitation deur Leonhard Praeg
Loftus Marais resenseer The Sparsholt Affair deur Alan Hollinghurst
Rubriek deur Daniel Hugo: Etienne Leroux en die “idioot-reus” van die Karoo
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 3 Januarie
Ilse Salzwedel gesels met William Rowland, voorsitter van die SA Biblioteek vir Blindes in Grahamstad, oor gratis boeke vir blindes en siggestremdes. Derick van der Walt gesels oor sy nuwe volwasse roman, Tussen vriende, en Cliffordene Norton van LAPA vertel hoekom liefdesverhale 'n topverkopergenre is.
Woensdag 10 Januarie
Die kinder- en jeugboekskrywer Marga Jonker gesels met Ilse Salzwedel oor haar reeks perdeboeke. Leonie van Rensburg gesels oor die topverkopers van 2017, en Johan Myburg deel wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.
Woensdag 17 Januarie
JRR Tolkien se The Hobbit is al in dosyne tale vertaal, en het onlangs vir die eerste keer in Afrikaans verskyn. Ilse Salzwedel gesels met die vertaler, Janie Oosthuyzen, oor hierdie reuse-taak. Leonie van Rensburg gesels oor die Graffiti Boeke/Lekkerlees Boekrak-prys vir Wilna Adriaanse se Eindspel. In sy internasionale letterkunde-bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor die langlys vir die Nobelprys vir Letterkunde van 1967. Die langlys van finaliste vir daardie jaar is pas bekend gemaak ná 'n moratorium van 50 jaar.
Woensdag 24 Januarie
Die Woordfees vind vanjaar van 2 tot 11 Maart plaas. Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach oor wat boekliefhebbers alles by die fees se Skrywersfees kan verwag. Suzette Kotze-Myburgh, een van die drie samestellers van die Woordfeesbundel, gesels oor die inskrywings wat vir vanjaar se kortverhaalbundel ontvang is. Sy gee ook skryfwenke vir voornemende kortverhaalskrywers. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en gee onder meer 'n blits-voorskou van internasionale boeke wat vanjaar verskyn.
Woensdag 31 Januarie
Afrikaans se topverkoperskrywer, Deon Meyer, gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor sy jongste boek, Die vrou in die blou mantel. Hy deel ook skryfraad met aspirantskrywers. As jy bekommerd is oor jou kind se leesvaardighede, luister na Jose Palmer en Reinette Lombaard wat gesels oor hulle oulike progressiewe leesreeks vir kinders in die grondslagfase. Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale letterkunde.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 2 Januarie
Ronel Geldenhuys lees verse oor die liefde.
Dinsdag 9 Januarie
Marko van der Colff lees verse uit DJ Opperman se bundel Komas uit ’n bamboesstok.
Dinsdag 16 Januarie
Marcel van Heerden lees verse van Koos du Plessis.
Maandag 23 Januarie
Margot Luyt en Paul Eilers lees verse uit Piet de Jager se bundel Ouhout.
Maandag 30 Januarie
Bernard Odendaal lees verse uit Gilbert Gibson se bundel Die sin van die hut.
Vrouekeur
Prof. Willie Burger het gedurende Januarie die volgende resensies en rubrieke gelewer:
5 Januarie
’n Bespreking van Karel Schoeman se historiese roman, Skepelinge
19 Januarie
Ken jou storie: Modewoorde
29 Januarie
’n Bespreking van The President’s Keepers deur Jacques Pauw
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Skakels na boekbesprekings vir haar blog asook verskillende publikasies vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.