
De Klerk Oelofse (foto: https://woordfees.co.za/en/program/n-akkerboom/)
Nico Scheepers praat met Naomi Meyer oor Nico se produksie ’n Akkerboom wat vanjaar by die Toyota US Woordfees op die planke sal wees.
Hallo Nico, jy is vertaler en regisseur van ’n produksie vanjaar by die Woordfees: ’n Akkerboom. Kan jy in ’n paar sinne vertel waaroor die stuk handel?
Hoe minder mens weet, hoe beter. Die hele konsep draai rondom die idee van suggestie, en die krag van woorde. By elke vertoning sluit ’n ander akteur by die Hipnotiseur (De Klerk Oelofse) op die verhoog aan. Hulle het nog nie die stuk gesien of gelees nie, en weet net die tyd en die plek voor hulle opdaag – en slegs ek weet wie De Klerk se medespelers gaan wees – nie hy of selfs die feesbestuur weet nie.
.............
Die hele konsep draai rondom die idee van suggestie, en die krag van woorde. By elke vertoning sluit ’n ander akteur by die Hipnotiseur (De Klerk Oelofse) op die verhoog aan. Hulle het nog nie die stuk gesien of gelees nie, en weet net die tyd en die plek voor hulle opdaag – en slegs ek weet wie De Klerk se medespelers gaan wees – nie hy of selfs die feesbestuur weet nie.
...............
Die storie ontvou homself op die verhoog, in elke oomblik heeltemal nuut vir die gehoor en een van die akteurs.
’n Hipnotiseur wat sy krag na afloop van die motorongeluk verloor. Waarom, van alle beroepe, ’n hipnotiseur?
Die skrywer, Tim Crouch, het sy idee vir die toneelstuk gekry toe hy ’n kunswerk sien – ’n halfvol glas water op ’n voetstuk. Dis al. Net die glas water, met die titel An oak tree. Die kunstenaar suggereer met woorde, en ’n glas water verander in ’n akkerboom in jou kop. Die stuk gebruik hierdie idee om ’n storie te vertel van verlies deur die wortel van rolspel en die krag van woorde te ondersoek.
..............
Die kunstenaar suggereer met woorde, en ’n glas water verander in ’n akkerboom in jou kop. Die stuk gebruik hierdie idee om ’n storie te vertel van verlies deur die wortel van rolspel en die krag van woorde te ondersoek.
.............
Die feit dat die hoofkarakter ’n hipnotiseur is – ’n kunstenaar wat met woorde toor – speel pragtig in die hande van die tema in.
Weet die akteurs wat deel gaan wees van hierdie produksie al almal wie hulle is?
Nee, elke akteur weet net van hom-/haarself. Ek is die enigste persoon met daardie inligting, en dit moet so bly – as De Klerk weet of sou uitvind, is daar geen punt om op te tree nie, want die fondasie van die stuk is die onbekende en wat hy daarmee maak.
Het jy die toneelstuk al in Engels gesien, of dit elders beleef? Ek wonder of dit elke aand sal uitwerk, omdat dit so ’n verskillende interpretasie sal wees vir almal op die verhoog: die een wat nie die woorde ken nie, maar ook die een wat gaan moet teen-improviseer, teen die nuwe teks?
Ek het nooit die stuk gesien nie – wat ’n goeie ding is. Ek het die teks ’n paar jaar gelede ontdek, so net voor teater vir ons almal vir ’n rukkie moes stilstaan – en kon nie wag om dit aan te pak nie. Dit is vars en opwindend en ek wou dit met niemand anders as De Klerk doen nie. Hier kort jy ’n baie veelsydige kunstenaar – akteur, aanbieder en ’n gawe gees in een mens – wat die gehoor en sy medespeler deur die stuk moet lei. Ja, elke vertoning gaan van nature heeltemal anders en nuut wees, maar die stuk het ’n baie spesifieke struktuur en is haarfyn beplan.
.............
Dit is vars en opwindend en ek wou dit met niemand anders as De Klerk doen nie. Hier kort jy ’n baie veelsydige kunstenaar – akteur, aanbieder en ’n gawe gees in een mens – wat die gehoor en sy medespeler deur die stuk moet lei. Ja, elke vertoning gaan van nature heeltemal anders en nuut wees, maar die stuk het ’n baie spesifieke struktuur en is haarfyn beplan.
..............
Hierdie is nie improvisasie nie. Wel, nie die woorde nie, in elk geval.
Wanneer is ’n Akkerboom te sien, en wil jy nog iets anders oor die produksie sê?
Ons debuteer by die Woordfees en speel van 12 tot 16 Oktober by Hoërskool Stellenbosch. Kies enige vertoning – jy gaan ongelooflike mense op die verhoog sien. En elke vertoning gaan van nature anders wees.
Hier is nog inligting oor wanneer ’n Akkerboom te siene is.
Lees ook:
Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster: persoonlike herinneringe en foto’s

