Elke week, vir 10 weke, het LitNet lesers uitgenooi om limerieke met ’n politieke tema in te stuur as deel van ons #politieklimeriek-kompetisie ter viering van LitNet se 20ste verjaarsdag. Hier is die 10 weekwenners, waaruit ons limeriekpaneel ’n algehele wenner gaan aanwys. Dankie aan ons beoordelaars: Heindrich Wyngaard, Philip de Vos, Bibi Slippers en Jonathan Jansen.
Week 1: Neels Jackson
In ruil vir die trek van jou kruisie
beloof ek vir jou ʼn huisie.
En wat dit ook verg,
ek beloof jou ʼn berg
wat lewe sal skenk aan ʼn muisie.
Week 2: Koos Kombuis
Het jy gehoor van daai ou tannie Zille?
Syʼt meer balls as al die Blou Bulle!!!
Sy sê “Fokkof, SARS!
Julle kan almal gaan bars
Want op my tax return staan daar net nulle!!!ˮ
Week 3: Marieta McGrath
Die landsleier sê ʼn tablet
Sal leerders van domgeit kan red
As elkeen een kry
Kan hul net soos hy
Dit lees op die skoolputtoilet
Week 4: Hannes Visser
Vals hoop
ʼn dominee van mdantsane
sê hy kan dit glad nie verstanie
dat ministers wat lieg
en miljoene bedrieg
glo hulle sal hemel toe ganie
Week 5: Cecile Bosman
Die melkkoei by Megawatt Park
Se uier is lelik bevark:
Van al die leegtap
Deur Zuma se klub
Word dit nou as droëwors bemark.
Week 6: Rohan Magerman
De Lille sê sy gaan die land regruk
en jou stem t’ruggee as sy misluk
maar al doen sy haar bes
klink haar belofte nes
die waarborg van ʼn Samsung-produk
Week 7: Willie Kühn
ʼn Altyd optimistiese man van ons land
sien diep in die tonnel ʼn liggie wat brand.
Hy juig: “Dis nuwe daeraad wat wink
met tye skuldvry, beurtvry en blink. ”
Helaas - dis toe Cyril met kers in die hand.
Week 8: Pirow Bekker
Sunnyside stem
ʼn Stempunt in die opelug in ʼn parkie
is ʼn stalletjie of ʼn vrolike markie
en soos ʼn lekker kêrel
laat val jy dalk jou pêrel
in die buik van ʼn gulsige varkie.
Week 9: Carina Stander
Paloekatieke tierlantyntjies
raak by die dag al meer verfyntjies.
Vir jou ware kleure
voel party(e) vere:
“Verkies u ʼn swart-én-wit pikkewyntjie?ˮ
Week 10: André Louw
Max het jou werklikwaar weer ʼn eie koerant
Malema skree: “Gee terug die land”
Steve sing vir Amanda
Almal huil oor Rwanda
En my vrou maak huis aan die kant


Kommentaar
Ek het hierdie rymelaars baie geniet. Baie dankie dit was prettig pittig en gevat. My keuse is Willie Kuhn Nr 7.
Week 7: Willie Kuhn
Ek stem beslis ook vir Willie Kuhn - skitterend! Ek sien sommer vir die prez met sy kersie.
N 1 is beste.
Ek kies Neels Jackson, nr 1. Sy limeriek val die sagste op die oor!
Hierdie is 'n toets.
No 1
Nommer 1 is vir my die oorspronklikste.
Beslis #7
1
Dankie Litnet. Ons sien vooruit na die volgende miljoen inskrywings!
Dit is ‘n wonderlike talent om, soos spotprenttekenaars, die ironiese in die lewe raak te kan sien en as limeriek te pen. Suid-Afrikaners smag na goeie redes om te kan lag.