André Louw is ʼn oud-koerantman wat vir Volksblad, die destydse Die Vaderland en Dagbreek en Landstem gewerk het. Immer soekend, word hy toe ʼn onderwyser by die Landbouskool Tweespruit, ʼn skoolsielkundige op Wolmaransstad en later op George, ʼn kliniese sielkundige in privaatpraktyk op Vereeniging, en die eienaar van ʼn supermark op Riversdal. Die winkel is pas verkoop en daar is nou tyd om die eerste liefde van die “woord” weer te besoek en te probeer om ʼn goeie oupa te wees.