Pirow Bekker en sy gesin het lank in woonstelle in Sunnyside, Pretoria, gebly – in ’n stadium op die agttiende vloer met ’n kat saam, wat aanleiding gegee het tot ’n boekie katstories met die titel Die liefdeskronieke van Basilika. Sunnyside is ook die agtergrond van ernstiger werk soos blyk uit die gedig "Sunnyside se gardens" – 'n ironiese titel omdat daar nouliks sprake is van tuine in Sunnyside. Pirow se jongste boek, ’n bundel kortverhale met die titel Aan die deur van die wis en die onwis, het pas by die uitgewer Imprimatur verskyn.