Hier is PEN Afrikaans se oorsig van resensies van Afrikaanse boeke wat in Mei 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende Afrikaanse resensies het in Mei in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:
Maandag 1 Mei
- Diep menslikheid en deernis ontroer
Trisa Hugo resenseer Isabella deur Mariël le Roux - Kroniek van grond verstom
Riaan Grobler resenseer Kroniek van turf deur Dolf van Niekerk - Opwindende novelle is lieflik vertaal
Joan Hambidge resenseer Die badkamer deur Jean-Philippe Toussaint (vertaal deur Dan Roodt)
Karel Schoeman-huldeblyke:
- Huldeblyke: ‘Wat Schoeman geskryf het, verdof nie’
- Wie in Afrikaans wil skryf, moet berg Schoeman klim
- Met Schoeman se dood val reuse-kremetart
- Sy reis sonder einde
Maandag 8 Mei
Onverwagse kosmoskragtoer in Afrikaans
Koos Kombuis resenseer Meer as ’n metafoor deur Maryna Blomerus- Lekker bangmaakstories
Emile Liebenberg resenseer Skool is ’n riller, Marianna Brandt (samesteller) - Rikus se ouma die koelste
Jo en Manon Prins kyk na My ouma is ’n filmster deur Jaco Jacobs & Stephen Wallace
Maandag 15 Mei
- Boek help om beter te lees
Callista Wood resenseer Lotta se lewe: Konyne by dosyne deur Alice Pantermüller & Daniela Kohl - Eerlike, pretensielose teater
Dewald Koen resenseer Die dag is bros & Sandton City grootdoop deur Wessel Pretorius - Liefde het ’n duisend vorme
JB Roux resenseer Kleure van die liefde, Corlia Fourie (samesteller)
Maandag 22 Mei
- Verhale sal toets van tyd deurstaan
Neil Cochrane resenseer Die laaste wals deur Hennie Aucamp (saamgestel deur Johann de Lange) - Luna skop gat, laat die skurke les opsê
Helen Schöer resenseer Vermis deur Jeanette Stals - Poëtiese kleed van die |xamverhaleskat hier opgeteken
Jean Meiring resenseer Die man wat die wind vervloek het deur José Manuel de Prada-Samper (red) - Strauss se 2de bundel weer vol intrige
Onderhoud met Nicole Jaekel Strauss
Kyk: Marita wil kultuur van 'rap'poësie kweek
Donderdag 25 Mei
Breyten ontvang Zbigniew Herbert-prys
- Onderhoud met Marion Erskine
Erskine doen introspeksie vir boek oor boelies - Klokhelder stilte uit ’n bedrewe hand
Joan Hambidge resenseer Knapsekêrels deur Pieter Fourie - Boek laat die bloed stol
Jonathan Amid resenseer Die mense langsaan deur Elsa Hamersma - Om boelies teen die bors te stuit
JB Roux resenseer Vlerke vir almal deur Marion Erskine - Verhale vol deernis, humor
Riaan Grobler resenseer Per ongeluk deur Lloyd Zandberg - ‘Misdaadfiksie moet werklikheid weerspieël’
Willemien Brümmer se onderhoud met Rudie van Rensburg
Die Groot Ontbyt
Dia van Staden het in Mei die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
Dinsdag 2 Mei:
- Vermis deur Jeanette Stals
- Keur 12 deur Ettie Bierman
- Die Mannheim-sage 1 deur Lerina Erasmus
- Leer hoe laat dit is
Dinsdag 9 Mei:
- Doodsroeper deur Rika Cloete
- Queen of the Free State – a Memoir deur Jennifer Friedman
- Vratjievrug-Bliksembos en ander Magaliesbergbome deur Naas Grove
- Die Smurfies – Aktiwiteitsboek 1 & 2
Dinsdag 16 Mei:
- Helende liefde deur Anna Penzhorn
- Om te dans deur Noreen Nolte
- ’n Tydreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030 deur Frans Cronje
- 50 sop- en broodgeregte
Dinsdag 23 Mei:
- Knapsekêrels deur Pieter Fourie
- Die mense langsaan deur Elsa Hamersma
- The Historical Overberg deur Chris Schoeman
- Om te skryf
Dinsdag 30 Mei:
- Vlerke vir almal deur Marion Erskine
- Kweek kinders met karakter deur Hettie Brittz
- Kamikaze deur Rudie van Rensburg
- My bruidsboek deur Christine Ferreira en Marielle de Vos
Flits
Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144). Op 26 Mei is ’n hele uitsending aan boeke gewy met spesiale klem op boekontwerp en die nuwe fokus op die visuele sy van boeke:
Boeke op Instagram:
Elmari Rautenbach oor boekontwerp:
Richard Myburgh oor boekontwerp:
Onderhoud met Marion Erskine oor Vlerke vir almal:
In die bed met Bibi
In Mei is die volgende boekgesprekke op VIA TV (DStv-kanaal 147) uitgesaai:
Skrywers en boeke:
- Wilna Adriaanse
- Boekklub-gesprek oor Eindspel
Erns Grundling
- Irma Venter
- Nelia Engelbrecht
- Susan Coetzer
- HemelBesem
- Nadia Beukes
Lesersonderhoude:
- Onderhoud met Jo Prins en sy kinders oor hulle lekkerste leesboeke en leesroetine tuis
- Jozua Malherbe – oor karakters
- Boekwinkel-besoek aan Love Books, met Louise Ferreira
- Mariana Malan oor die speurverhale op haar boekrak
- Akteur Stian Bam oor lees en boeke
- Onderhoud met illustreerder Zinelda Mcdonald
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:
![]() |
Kaalvoet tot in die Drakensberge
Koos Kombuis Koos Kombuis vertel hoe Elders deur Erns Grundling en Dansend met die lewe: In die jeug van veroudering deur Kobus Anthonissen hom gehelp het om ’n naweek in die Drakensberge betekenisvol te maak. |
![]() |
Gulp: Kaapse paragrawe deur Johann de Lange: ’n resensie
Danie Botha "Tussen die menigtes in die Goue Akker en met sielige musiek wat speel, beland sy agter twee netjiese jongmans met aktetasse. Bo die geraas hoor sy een vir die ander een vra: 'So, how’s your sex life?'" |
![]() |
Die Poort: Helers deur Nelia Engelbrecht: ’n resensie
Yolanda Wessels "Nelia kwyt haar goed van haar taak om die leser vas te vang, byna soos in ’n surrealistiese borrel vol avontuur en bonatuurlike gebeure." |
![]() |
Web deur Naomi Meyer: ’n FMR-resensie
Jaco Barnard-Naudé "Een van die hoofredes waarom Web ’n sterk en oorspronklike bydrae is, is dat dit geskryf is vanuit die oogpunt van karakters wat meestal in die Afrikaanse spanningsroman ’n sekondêre verteenwoordiging kry: die vrou, die moeder, kinders." |
![]() |
Ink deur Ingrid Mennen, ’n resensie
Anke Theron "Hierdie boek bied ongetwyfeld iets nuuts vir die klassifisering van prenteboeke. Buiten die postmodernistiese aard kan dit gebruik word om ’n leeskultuur by jong kinders te bevorder." |
![]() |
Klim op die Bant Wagon deur Nick Charlie Key, ’n mediese beskouing
Dawie van Velden "Die kernboodskap van hierdie dieetpatroon is dat ons onsself moet losmaak van die gevestigde dieetpatroon soos deur die Amerikaners voorgestel, en moet ag slaan op navorsing wat toon dat gesonde vette ryk aan omega 3-vetsure nie so skadelik is as wat voorheen aan ons voorgehou is nie." |
![]() |
Kultuurvryheid en selfbestuur, keuses van klein groepe wêreldwyd: ’n resensie
Hans Pienaar "Is Afrikaners ’n minderheid? ’n Mens sou nie so dink as jy na sommige sosialemedia-poste kyk nie – dié in die trant van 'So kan dit nie langer aangaan nie, ons moet nou van die man ontslae raak.'" |
![]() |
Vlerke vir almal deur Marion Erskine: ’n resensie
Dewald Koen "Vlerke vir almal is een van daardie jeugromans wat nie slegs deur tieners gelees moet (en sal) word nie. Almal moet dit lees. Veral ouers van tieners, en onderwysers, móét hierdie roman lees." |
![]() |
Jou Romeo deur Fanie Viljoen: ’n resensie
Marlize Leyden "Van Romeo en Juliet regdeur Sandy en Danny in Grease tot by Marko en Yvette in Jou Romeo is die storielyn van twee individue wat op mekaar verlief raak ten spyte van die oënskynlik onversoenbare sosiale groeperings waaruit hulle kom, alles behalwe nuut." |
![]() |
’n Blonde bom deur Dihanna Taute: ’n resensie
Yolanda Wessels "Selfs volwassenes sal haar boeke geniet. Sy raak meestal kwessies aan waarmee tieners vandag gekonfronteer word en verweef soms haar eie ondervindings as tiener in die storielyn." |
![]() |
Pelgrimshoop deur Ronel Nel: ’n resensie
Alta Cloete "Die historiese aspek van die roman word besonder knap hanteer. Telkens word ’n vergange tydvak se lewenswyse en omgewing so geteken dat dit selfs jonger lesers helder voor die oog sal staan." |
![]() |
Doodsroeper deur Rika Cloete: ’n resensie
Maryke Roberts "Ek hoop hierdie boek is die begin van vele misdaadfiksiewerke van haar, want ek glo sy het haar genre gevind. Die trekboere was ’n interessante idee en ek kan net wonder of sy hierdie milieu verder sal gebruik." |
![]() |
Die waarheid oor verhoudings deur Stefan Blom: ’n FMR-resensie
Riette Rust "Die handleiding bevat algemeen-bekende feite, maar omdat so baie verhoudings sneuwel, is bevestiging soms nodig. Veral wanneer dit knap saamgevat word." |
![]() |
Wat moet ons met ons kerk doen?: ’n onderhoud
Jean Oosthuizen, Jurie van den Heever "Dit voel vir my egter asof die vraag nie soseer by die godsdiens lê nie, maar by die optrede van sommige mense wat hulself Christene noem en dikwels die amptelike gesig van die kerk verteenwoordig." |
![]() |
Vermis deur Jeanette Stals, ’n onderhoud
Jeanette Stals, Naomi Meyer "Die verhaal begin met Elodie wat een oggend net skoonveld is, met geen teken dat sy in haar bed geslaap het en ook geen leidrade waar sy kan wees en of sy uit vrye wil iewers heen is nie." |
Prontuit
Prontuit is ’n weeklikse program wat stories deur gesprek ondersoek ná dit nuus was, aangebied deur Kabous Meiring.
Op 23 Mei is ’n program aan Karel Schoeman gewy.
Meiring het met Francois Smith en Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter, oor Schoeman se lewe en werk gesels:
En met Anton van Niekerk oor die etiese kwessies rondom genadedood en bystanddood:
Rapport Weekliks
Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:
Sondag 7 Mei
- As in die mond – Nicole Jaekel Strauss (Resensie: Francois Smith)
- God praat Afrikaans – Hemelbesem (Resensie: Marius Crous)
- Rubriek van Daniel Hugo
Lincoln in the Bardo – George Saunders (Resensie: Loftus Marais)
Sondag 14 Mei
- Uittreksel uit Karel Schoeman se Slot van die dag: Gedagtes, wat later vanjaar by Protea gaan verskyn.
- Kerneels Breytenbach oor Karel Schoeman se dood
Sondag 21 Mei
- Ope brief aan Dorian Gray – Ruan Fourie (Resensie: Dewald Koen)
- Sirkus – Irma Venter (Resensie: Deborah Steinmair)
- Cult Sister – Lesley Smailes (Resensie: JB Roux)
Sondag 28 Mei
- Onderhoud met Pieter Fourie deur Cas van Rensburg
- Free Association – Steven Boykey Sidley (Resensie: Jan Taljaard)
- Isabella – Mariël le Roux (Resensie: Riette Rust)
- Reënboogroulette deur Sanet Viljoen, en God, gay, genade deur Retha Benadé (Resensie: Jean Oosthuizen)
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 3 Mei 2017
Die bekende skrywer Karel Schoeman is op 1 Mei 2017 oorlede. Ilse Salzwedel gesels met die skrywer Fanie Viljoen, wat goed bevriend was met Schoeman, oor die mens agter die openbare figuur. Luister ook na 'n insetsel wat in 2009 opgeneem is ter viering van Schoeman se 70e verjaarsdag, waarin prof. Willie Burger verduidelik hoekom Schoeman een van Afrikaans se grootstes was. En Johan Myburg gesels oor die jongste internasionale boekenuus.
Woensdag 10 Mei 2017
Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Naomi Meyer oor haar debuutroman Web. Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer Flora Nwapa. En Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, onder meer die nuwe Asterix en Obelix.
Woensdag 17 Mei 2017
Ilse Salzwedel gesels met Neil Sonnekus oor sy debuutroman, Seun. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor F. Scott Fitzgerald. En Terrance April vertel meer oor die digkuns van Augustino Neto, beter bekend as ʼn Angolese rebelleleier.
Woensdag 24 Mei 2017
Suzette Kotzé-Myburgh gesels met Malene Breytenbach oor haar werk. Ina Strydom was by die oorhandiging van die UJ-pryse vir kreatiewe skryfwerk en het met die wenners Bibi Slippers en John Miles gesels. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, onder meer oor Arundhati Roy se nuwe roman.
Woensdag 31 Mei 2017
Ilse Salzwedel gesels met die skrywers Irma Venter (Sirkus) en Rudi van Rensburg (Kamikaze) oor hul jongste romans. Sy gesels ook met Ingrid Mennen en Irene Berg oor hulle pragtige kinderboek Ink. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor ’n nuwe bundel kortverhale deur Haruki Murakami. Jy kan ook luister na ’n klankopname uit die 1960’s waarin wyle Sylvia Plath een van haar gedigte voorlees.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 2 Mei 2017
Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.
Dinsdag 9 Mei 2017
Amor Tredoux lees verse wat haar na aan die hart lê.
Dinsdag 16 Mei 2017
Juanita Swanepoel lees verse wat vir haar kosbaar is.
Dinsdag 23 Mei 2017
Pieter Fourie lees verse uit sy bundel Knapsekêrels.
Dinsdag 30 Mei 2017
Daniel Hugo lees verse van RK Belcher.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Mei die volgende boeke bespreek:
1 Mei
8 Mei
15 Mei
22 Mei
29 Mei
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Hier is die skriftelike weergawe van ’n resensie wat Hambidge gedurende Mei op Fine Music Radio gelewer het:
Hambidge se huldeblyk aan Karel Schoeman
Skakels na boekbesprekings in vorige maande vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings. In Mei is onder meer resensies van boeke deur Pieter Fourie en Elkarien Fourie.