Pasverskyn: Die Slaghuis deur Cas Wepener

  • 1
Titel: Die Slaghuis
Skrywer: Cas Wepener
Uitgewer: Protea Boekhuis 
ISBN: 9781485310655
 
Is ’n dorpie in die Oos-Kaap ver genoeg om weg te kruip vir die gevolge van Apartheidsvergrype? Marietta, ’n sterk, karnivoriese vrou, en haar oudbrigadier-man verruil in 1997 die groen en pers weelde van Pretoria vir ’n vaal dorpswerf waar ’n handjievol skaap wei.

In 2017 voer die slagter se dogter vir haar vet seuntjie viennas terwyl haar pa in die agterplaas in ’n wendyhuis woon – opgevreet deur gangreen en die geweld van sy verlede.

Maar is dié twee vroue die slagoffers van die mans se wandade of die medeskrywers daarvan? Is almal se hande besoedel met bloed? En het waarheid en versoening enige betekenis?

Vleis word in hierdie boeiende roman geslag, voorberei en verorber. Die senings wat agterbly in tande wil maar nie wyk nie.

“Dit is ’n verhaal met meanders en stroomversnellings, met breedvloeiende diepte en met ’n ritme waarvan ’n mens gaandeweg bewus word.” – Johan Myburg

Lees ook 

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Jan Braai Vegetaries deur Jan Braai

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Syferfontein, ’n onderhoud

  • 1

Kommentaar

  • Isabel Keegan

    Die slaghuis nou klaar gelees. Nog nie voorheen iets van Cas Wepener gelees nie maar my belangstelling was geprikkel deur 'n resensie. Ek woon op KZN suidkus en altyd "uitgehonger" vir Afrikaanse boeke met "vleis". Kan nie nou opinie gee nie maar gaan nog lank aan die inhoud "herkou". My tipe boek, dit gaan nog lank by my bly. Dankie Cas!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top