
Die wenners van die agste kykNET Silwerskermfees is tydens ’n toekenningsgeleentheid in Kampsbaai aangewys. Die fees poog om elke jaar gevestigde rolspelers en jong opkomende filmmakers byeen te bring en ’n geleentheid te skep waar kennis gedeel en nuwe geleenthede geskep kan word. Die afgelope fees het bestaan uit 54 films, oa dokumentêre, kortfilms van 12 en 24 minute, asook ’n verskeidenheid speelfilms.
Na afloop van die geleentheid het Karen Meiring M-Net Direkteur kykNET Kanale gesê: “Ek is dankbaar dat ek nie op die toekenningspaneel was nie, omdat die gehalte van die benoemde werke so goed was! ’n Nuwe standaard is gestel, en hiermee wil ons vir die filmmakers van volgende jaar sê: Kom daag ons uit! Baie geluk aan al die wenners.”
Kortfilms en kort-kortfilms
Beste kortfilm 11 min
Die leeftyd van ’n orgidee
Beste kortfilm 22 min
Axis Mundi

Axis Mundi se medewerkers
Beste regisseur: kortfilm 11 min
Marí Borstlap, Die leeftyd van ’n Orgidee

Marí Borstlap
Beste regisseur: kortfilm 22 min
Matthew Jankes & Sean Steinberg, Axis Mundi
Beste akteur: kortfilm
Brendon Daniels, Cowboy Dan

Brendon Daniels
Beste aktrise: kortfilm
Cindy Swanepoel, Fluit Fluit

Cindy Swanepoel
Beste draaiboek: kortfilm 11 min
Milan Murray, Kromkieriefontein

Milan Murray
Beste draaiboek: kortfilm 22 min
Matthew Jankes & Sean Steinberg, Axis Mundi
Beste redigering: kortfilm
Alexander la Cock, Cowboy Dan
Beste tegnies: kortfilm
Johannes Pieter Nel, Kinematografie, Benjamin
Vollengte films
Beste kinematograaf
Michal Englert, Die Stropers
Beste produksie-ontwerp
Rocco Pool, Kanarie

Rocco Pool
Beste klankontwerp en musiek
Evgueni & Sacha Galperine, Leandros Ntounis, Thomas Robert & Jean-Guy Veran, Die Stropers
Beste redigering
Eva du Preez, Kanarie

Eva du Preez
Beste draaiboek
Amy Jephta, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies

Amy Jephta
Beste vroulike byspeler
Cintaine Schutte, Die Seemeeu

Cintaine Schutte
Beste manlike byspeler
Germandt Geldenhuys, Kanarie

Germandt Geldenhuys
Beste aktrise
Jill Levenberg, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies

Jill Levenberg
Beste akteur
Jarrid Geduld, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies
Beste regisseur
Christiaan Olwagen, Kanarie
Beste speelfilm
Kanarie

Kanarie se medewerkers
Dan was daar tydens dié glansgeleentheid ook drie eretoekennings deur Jan du Plessis, direkteur van M-Net, en Karen Meiring, M-Net-direkteur van kykNET-kanale oorhandig. Hierdie toekennings is as volg:
Die Silwerskermlegende-toekenning
Katinka Heyns

Katinka Heyns
Silwerskermlens-toekenning (twee toekennings)
Nosipho Dumisa en Charl-Johan Lingenfelder

Nosipho Dumisa

Charl-Johan Lingenfelder
Die kortfilmprojek lewer elke jaar werk van opwindende nuwe stemme wat vreesloos met film-generes eksperimenteer. Die kortfilmprojek dien as ’n inspuiting vir die bedryf, en nuwe talent en filmmakers kry ’n geleentheid om onder die leiding van mentors hul films te ontwikkel. Die kortfilms gaan vanaf 1 November 2018 beskikbaar wees op die DStv-platform Showmax.
Die 2018 kykNET Silwerskermpaneel was:
Speelfilms: Diane de Beer, David Oosthuizen, Mandla Dube, Reney Warrington, Bongiwe Selane, Donnalee Roberts, Quanita Adams, David Isaacs, Fezile Mpela, Nosipho Dumisa, Etienne Fourie
Kortfilms: Beer Adriaanse, Bennie Fourie, Daryne Joshua, Diane de Beer, David Oosthuizen, Reney Warrington, Bongiwe Selane, Donnalee Roberts, Quanita Adams, David Isaacs en Fezile Mpela
Foto's: Retha Furgeson
Lees ook:
kykNET Silwerskermfees 2018: aantekeninge oor die meeste van die kortfilms
kykNET Silwerskermfees: ’n onderhoud met Antoinette Louw oor An act of defiance

