Kanarie maak Suid-Afrikaanse debuut by Silwerskermfees

“Hierdie is primêr ’n Suid-Afrikaanse ‘coming-of-age’-verhaal met ’n geweldige klomp taboe onderwerpe wat aangespreek word. Dis ’n film oor oorlog, maar die oorlog wat mens met jouself voer. As jy jou lewe lank gekondisioneer word om dit wat jy is te haat, gaan jy uiteraard jou eie grootste vyand word.”