Skryfsake en rubrieke

Inligting oor alle skryfverwante sake

Information about all writing-related matters

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2014: Eerste weergawe van kortverhale

2014-04-22 Die eerste weergawe van Human & Rousseau en LitNet se Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd word anoniem geplaas.

US Woordfees 2014: Sanlam | LitNet-tydskrifverhaalslypskool (Deel II)

Alta Cloete 2014-04-17 "Begin solank met ’n nuwe verhaal of bring jou leeswerk op datum." Lees nog wenke van Alta Cloete om 'n tydskrifverhaal te skryf.

Herfsskool vir opkomende skrywers aan die NWU aangebied

Bernard Odendaal 2014-04-16 Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universteit se jaarlikse vlagskipkursus is van 24 tot 28 Maart 2014 te Potchefstroom aangebied. Kyk wie was daar!

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2014: Aankondiging van kortlys

2014-04-15 Die kortlys vir Human & Rousseau en LitNet se Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd is bekend gemaak.

LAPA Jeugromanwedstryd 2015

Skryfkompetisies 2014-04-11

Prysgeld ter waarde van R50 000 is op die spel.

Skerpskryf - kompetisie vir leerders

Skryfkompetisies 2014-04-09

Skerpskryf is ’n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein. Dit word vanjaar vir die vierde keer aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl.

US Woordfees 2014: Sanlam | LitNet-tydskrifverhaalslypskool (Deel I)

Corlia Fourie 2014-04-09 Hier is Deel I van 'n tydskrifverhaalslypskool-reeks: Corlia Fourie gee wenke om tydskrifverhale te skryf.

kykNET-Rapport Boekprys: ’n Goeie dag vir die boekbedryf

2014-04-06 Nuwe boekprys vir Afrikaanse fiksie en nie-fiksie nou oop vir inskrywings.

Om teen clichés te stry, te swerf en daarmee te groet

Rentia Bartlett-Mohl 2014-04-02

Die laaste sinne van my MA-skripsie wag om geskryf te word. Ek moet dus groet. Dit was groot pret en baie insiggewend om julle skryfwerk te begelei. Dit was heerlik om te sien dat daar soveel aspirantskrywers in Afrikaans en Engels skryf en stelselmatig leer om meer oorspronklik te kyk, dieper te dink en meer te lees.


Om vir een middag ‘n skrywer te wees

Rentia Bartlett-Mohl 2014-03-26

"Om ‘n skrywer te wees beteken om te skryf. Tog impliseer die woord skrywer nie net die skryfaksie nie. Om te skryf behels ook nie bloot die opteken van verhale of stories nie. Eerder impliseer dit vir my ‘n besondere verhouding tot die buitewêreld."

V.S. Pritchett Memorial Prize 2014

2014-03-26 The Royal Society of Literature is now accepting entries for the sixteenth VS Pritchett Memorial Prize. The prize is awarded for the best unpublished short story of the year.

2014 se “New Voices”-kompetisie oop vir inskrywings

2014-03-12 PEN Afrikaans kan twee verhale inskryf en nooi graag alle ongepubliseerde skrywers tussen 18 en 30 om ’n Afrikaanse kortverhaal tussen 2 000 en 4 000 woorde voor te lê.

Kort, korter, twitter

Rentia Bartlett-Mohl 2014-03-04 Rentia besin oor kort sinne in ons informasie-era - en die sogenaamde "twitter-roman" .

Om te tweet soos ? digter en ? gedig te laat tjirp – leer by Bibi

Rentia Bartlett-Mohl 2014-02-25

"Hoe kan mens iemand leer om gedigte te skryf? Hoe word mens ‘n digter in die digitale era? Hoe lyk ‘n ideale jong digter? En waar kan aspirantdigters meer inligting oor die werkswinkel kry? Rentia het haar nuuskierige ore aangesit en by die vriendelik-tjirpende Bibi gaan aanklop."


Eenduisend smeltende sonne op 'n middag

Rentia Bartlett-Mohl 2014-02-11 Rentia maak gebruik van kreatiewe informasie-grafika om 'n kort teks van Yoko Ono te bespreek. Sy kyk na hoe ons breine en die informasie era werk.

Netdigters in die media-landskap

Rentia Bartlett-Mohl 2014-01-28 Versteur digitale media die etiek van die gedrukte boek? Rentia kyk na digital poësie.

Suidoosterfees 2014: Gratis radiodrama-slypskool in samewerking met RSG

2014-01-17 ’n Radiodrama-slypskool word twee maal in samewerking met RSG gratis by die Suidoosterfees 2014 aangebied. Die datums en tye wanneer dié uitmuntende geleenthede bestaan, is Vrydag 31 Januarie 12.30-14.00 en op dieselfde dag weer 15.00-16.30 by die Kunstekaap.

US Woordfees 2014: Sanlam | LitNet Storie-slypskool

2014-01-15 Hoe betower jy met jou verhaal vir ’n tydskrif sodat lesers dit wil lees, verhaleredakteurs dit wil publiseer en jy geld daarmee kan verdien? Skryf in vir hierdie skryfskool by die US Woordfees 2014 en kom leer by die meesters!

Nuwejaar: netwerk!

Rentia Bartlett-Mohl 2014-01-14 Om in 2014 meer sigbaar en moontlik meer produktief as skrywer of kunstenaar te wees, stel Rentia voor dat nuwe skrywers aktief aan werklike en virtuele netwerke deelneem:


Kô laat ons saamsing

Rentia Bartlett-Mohl 2013-12-17 My laaste rubriek van 2013: Madiba, musiek, 'n merkwaardige treursang en laaste skryfraad.
Top