LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Karoo wabi sabi – die omtowering van ’n doodgewone landskap
2013-12-10 Die Japannese estetika van wabi sabi word opgeroep en gebruik as ’n lens waardeur onopsigtelike kenmerke van die ingeleefde landskap in die Karoo vanuit verborgenheid herwin kan word en in ’n meer waarderende lig blootgestel kan word.Klein plattelandse gemeentes as ruimtes om brûe na die hele gemeenskap te bou: ’n Prakties-teologiese ondersoek
2013-12-09 Die doel van hierdie artikel is om die moontlikhede te verken om brûe tussen die twee “aparte” gemeenskappe te bou deur gebruik te maak van die geestelike en sosiale kapitaal wat binne klein gemeentes op die platteland beskikbaar is.ATKV/SA Akademieprys 2013 aan LitNet Akademies-navorser
2013-12-09 Helize van Vuuren het 'n ATKV/SA Akademieprys ontvang vir een van haar geesteswetenskappe artikels wat in LitNet Akademies gepubliseer is.Die fotogedig: ’n Teoretiese onderbou
2013-12-05Hierdie artikel begin met ’n outobiografiese inleiding oor die skep van fotogedigte vir verskeie uitstallings. Vervolgens word gekyk na aspekte van die fotografie wat analogiese verbande met die digkuns toon.
Die Suid-Afrikaanse indeks vir maatskaplik verantwoordbare belegging en klimaatsverandering – lesse vir die toekoms?
2013-11-27 "Hierdie artikel ondersoek eerstens die begrip geïntegreerde verslagdoening, waarna die ontwikkeling, maatstawwe en werking van die MVB-indeks aan die beurt kom."Die tegniek as “die lewe geleef deur ander middele as die lewe self”: Bernard Stiegler se tegnoantropologie
2013-11-26"In hierdie artikel word die breë argument van Bernard Stiegler se eerste vername werk, La faute d'Épiméthée, wat band een is van sy La technique et le temps-trilogie (Tegniek en tyd-trilogie) (1994, 1998, 2001), ontleed."
Die benutting van leserskommentaar by die herskryf van ’n verbruikersdokument in gewone Afrikaans
2013-11-20 "Hierdie artikel het ten doel om die kommentaar van outentieke lesers op ’n bepaalde tipe verbruikersdokument – ’n kredietkaartaansoekvorm – te ontleed en te gebruik vir die herskryf daarvan in gewone Afrikaans."Die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse
2013-11-12 "Dié ondersoek het gelei tot die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe aan die hand waarvan onderwysers die waarde van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse kan bepaal."Om te “preek met die pen” as vorm van die Kartuisertradisie van praedicare manibus (“preek met die hande”) in die lig van Gereformeerde wantroue jeens kontemplatiewe spiritualiteit
2013-11-11 "Hierdie artikel neem as vertrekpunt die groeiende belangstelling in mistieke of kontemplatiewe spiritualiteit ten spyte van eeue van Gereformeerde wantroue jeens hierdie soort spiritualiteit."Nahuwelikse onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling stante matrimonio
2013-11-11 "In hierdie aantekening val die fokus op die geldigheid al dan nie van onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling."Verbetering van die voorspellingsakkuraatheid van regressiemodelle met minimale aannames
2013-11-11"In hierdie artikel word ’n regressiemodel wat op minimale aannames gebaseer is, bestudeer en uitgebrei in ’n poging om voorspellingsakkuraatheid te verbeter."
Die Karoo, sintuiglike verkenning en die terugkeer tot kunsskepping in Die swye van Mario Salviati
2013-11-06 "Die doel van hierdie artikel is om vas te stel op watter wyses die primêre fokalisator, Ingi Friedländer, in interaksie tree met die Karoolandskap tydens ’n besoek aan die dorp Tallejare."Privaatregtelike perspektief op onwaardigheid om te erf – die uitwerking van gesinsmoorde
2013-10-30 "Die onwaardigheidsbeginsel bekend as die 'bloedige hand' wat ’n wandader verhoed om te erf, en die oorhoofse gemeenregtelike onwaardigheidsbeginsel wat behels dat geeneen voordeel mag trek uit sy eie onregmatige optrede nie, word bespreek met verwysing na die grondslag van hierdie beginsels."“Wie sal ons onthou?”: Die gehoorlid se ongemaklike posisie in Deon Opperman se “Tree aan!”
2013-10-29 Deon Opperman se musiekblyspel oor die Grensoorlog, “Tree aan!: Dit was die dae toe ons troepies was” is vanuit die staanspoor ’n politieke gebeurtenis.’n Instrument met baie snare – ’n metafoor vir Shakespeare se drama Antony and Cleopatra
2013-10-16"Cleopatra, Shakespeare en musiek is die drie oorhoofse en samevattende dele van die navorsing met ’n skerper fokus op Shakespeare se drama Antony and Cleopatra en die rol van musiek daarin."




