LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Vonnisbespreking: Kan repudiëring ooit aanvaarbaar wees?
2014-09-23 André Mukheibir bespreek, na aanleiding van die Comwezi-saak, die vraag of repudiëring as sodanig kontrakbreuk daarstel, en of die repudiëring neerkom op kontrakbreuk eers wanneer dit aanvaar word.“Sagte mag” in Afrika: China se soeke na invloed op mediaterrein
2014-09-18 Hierdie artikel ondersoek die invloed van China se mags- en invloedsuitbreiding in Afrika, hoe hierdie pogings deur plaaslike media-instellings ervaar word, en wat die implikasies van hierdie teenwoordigheid van ‘n staatsbeheerde media vir diskoerse oor persvryheid in Afrika is.Die verhewe simboliese kapitaal van skoolhoofde op ’n plattelandse dorp
2014-09-11 "Hierdie artikel fokus op die inwerking van ’n plattelandse-dorp-konteks op skoolhoofde se leierskappraktyke."Die problematiek en potensiaal van die huishoudelike ruimte in Klaaglied vir Koos (1984) deur Lettie Viljoen
2014-09-03 Bibi Burger ondersoek die huishoudelike ruimte wat met vroulikheid geassosieer word in die eksperimentele feministiese novelle, Klaaglied vir Koos.Suid-Afrikaanse vuurwapenwetgewing onder skoot: Hoe koeëlvas is die Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000?
2014-08-28 Rinda Botha en Hendrik Maree se praktiese ontleding lei onder meer tot die gevolgtrekking dat drakoniese vuurwapenwetgewing nie noodwendig die antwoord op Suid-Afrika se misdaadprobleem is nie.’n Nuwe bedeling, ’n ou bewussyn: Die verhale van ’n lyfeiene
2014-08-25 "Hierdie artikel plaas die soeklig op ’n enkele individu en sy lewensverhale. Die verhale word geplaas teen die agtergrond van die sosiale struktuur waarbinne hy sy leefwêreld beleef."“Ek is ...”: Oor die problematiek van enkelvoudige en meervoudige identiteit
2014-08-21 Bernard Lategan ondersoek die moontlikhede van ’n meervoudige identiteit en oorweeg geskikte strategieë om meervoudige identiteitsvorming te bevorder.Die manifestering van teorie in die skoolhoof se rol in onderwysersamewerking: ’n gevallestudie
2014-08-13 Wat is die rol van die skoolhoof in die bevordering van 'n samewerkingskultuur? Trudie Steyn ondersoek die skakel tussen skoolleierskap en geselekteerde leierskaps- en onderwysersamewerkingsteorieë.’n Taalkundige perspektief op woordeboekgebruik in die hof: die woordeboek as toevlugsoord
2014-08-07 Hierdie navorsingsverslag stel ondersoek in na die verskynsel van woordeboekgebruik in ’n hof en kyk ook kortliks na die situasie in Suid-Afrika.Beelde van gebrokenheid: ’n verdere verkenning en uitbreiding van die gebroke-kosmos-tradisie
2014-08-06 Die artikel ondersoek die verskille tussen die mistieke tradisie en die gebroke-kosmos-tradisie, wat beide erkenning aan gebrokenheid gee.Seks, ras en boeremusiek: agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees
2014-07-31 Het wit Afrikaners 'n gebrek aan sanglus gehad in die 20ste-eeu? Willemien Froneman ondersoek die impak van boeremusiek by die 1938-Eeufeesvieringe.Opvoeding vanuit ’n post-postfundamentistiese perspektief
2014-07-22"Post-postfundamentisme het betreklik onlangs sy verskyning gemaak in reaksie teen sowel die fundamentisme as die postfundamentisme, ook deur sommiges die postmodernisme genoem."
Volhoubare ontwikkeling, omgewingskonstitusionalisme en die oppergesag van die reg vir die omgewing: ’n Grondwetlike beskouing
2014-07-15 Die land het ’n fundamentele omgewingsreg verskans in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 en ’n omvattende korpus omgewingsreg aanvaar om uitvoering aan die breër beleide daarvan en die menigte grondwetlike oogmerke van die nuwe omgewingsreg te gee.Oor die interpretasie van Paulus se uitspraak in Galasiërs 3:28
2014-07-10 Galasiërs 3:28 (“Dit is nie belangrik of iemand Jood of Griek, slaaf of vry mens, man en vrou is nie; want julle is almal een in Christus Jesus”) is een van die uitsprake in die Galasiërbrief wat baie aandag trek – nie net in kerklike gesprekke nie, maar ook in die akademiese besinning oor dié brief.Die verhouding tussen trauma en magiese realisme in Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee
2014-07-08 Hierdie artikel ondersoek die verband tussen trauma en magiese realisme in die roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee.Konstitusionalisme in Suid-Afrika
2014-07-02 "Teen hierdie agtergrond, en die elemente wat kenmerkend van konstitusionalisme is, word oorweeg of Suid-Afrikaanse konstitusionalisme verstaan moet word as ’n lewensvatbare embrio of as ’n sterwende jeugdige."Die laaste avontuur? ’n Bespreking van die Woeste Land-tema in Queste del Saint Graal
2014-06-26 Binne die Arturiaanse letterkunde vind die soektognarratief by uitstek neerslag in die graalromans. ’n Ondersoek na die Woeste Land-tema in Queste del Saint Graal dui daarop dat hierdie roman daarop gemik was om ’n einde te bring aan die avonture en hoofse ridderskap wat die soektognarratief in die meeste ander Artur-romans gedryf het.Vonnisbespreking: Openbare figuur – Laster, belediging en identiteitskending
2014-06-23 Openbare figure kan beskryf word as pesone wat op sodanige wyse reeds in die openbaar bekend geraak het vanweë hulle status, amp, beroep, doen, late en misdade dat hulle openbare belangstelling gaande maak sonder dat hulle noodwendig aan ’n nuuswaardige gebeurtenis gekoppel is.Die beeld is duursamer as die begrip
2014-06-17Hierdie artikel het ten doel om die poëtiese nalatenskap van N.P. Van Wyk Louw en die oorlewingsvermoë, dit wil sê die duursaamheid, van die poësie te ondersoek na aanleiding van resensies en studies oor Louw se werk wat berus op die interpretasie en intellektuele verstaan of begrip van die tekste.
Oorgrens-biodiversiteitsregulering in die Antroposeen
2014-06-11As gevolg van die toenemende menslike invloed op die aardstelsel is die aarde besig om kritieke kantelpunte te bereik wat tot snelle en onomkeerbare verandering kan lei en lewe op aarde onmoontlik kan maak.




