LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Die uitlegsverbreding van die gemeenregtelike vereistes vir locus standi in iudicio in publiekregtelike en eiebelang grondwetlike aksies: ’n noodwendige ontwikkeling deur die Suid-Afrikaanse howe
2015-02-17"Die jammerlike versuim deur die parlement om werk te maak van die Suid-Afrikaanse Regskommissie se voorstelle oor openbare en klasaksies het ons howe behoorlik aan die diep kant ingegooi. Tog wek die manier waarop ons howe hierdie uitlegtaak hanteer het, vertroue."
Darem meer as moffies? Stereotipering in die voorstelling van homoseksuele en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur
2015-01-29In hierdie artikel word daar op vergelykende wyse aangetoon watter stereotipes in die voorstelling van homoseksuele en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur onderskei kan word.
Pretorius v Dietrich 1872: Klinkende munt of papiergeld?
2015-01-28Hierdie bydrae gee ’n rare blik op ’n regsdispuut oor die vereiste betaalmiddel wat uit die vroeë 1870’s dateer.
Die Suiderkruisfonds as moreelbouer in die Suid-Afrikaanse samelewing tydens die Grensoorlog
2015-01-13"Hierdie artikel voer aan dat die Suiderkruisfonds sowel die impak van die dienspligstelsel op die burgerlike samelewing as die militêre samelewing versag het, samewerking en ’n eenheidsgevoel geskep het en, laastens, as moreelbouer gedien het."
Vonnisbespreking: Is die Moslemhuwelik nou ’n erkende huwelik?
2015-01-06In Faro v Bingham kom die vraag na die Moslemvrou se regte ten aansien van die Moslemhuwelik en die regsgevolge daarvan by ontbinding van die huwelik opnuut ter sprake. Linda Schoeman-Malan bespreek die vonnis.
Eugène N. Marais as redakteur van Land en Volk, 1890–1896
2014-12-16 Hierdie artikel ondersoek die redakteurskap van Eugène Marais, een van die eerste Suid-Afrikaanse joernaliste wat ondersoekende joernalistiek beoefen het en dit doeltreffend in sy kritiek aangewend het.Lesse te leer vir die grondwetlike beregting van die reg op toegang tot voldoende voedsel
2014-12-15 Hierdie artikel kyk kortliks hoe die konstitusionele hof reeds ander sosio-ekonomiese regte bereg het, ten einde 'n voorspelling te maak van hoe die hof die reg op toegang tot voldoende voedsel moontlik sal interpreteer.Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit
2014-12-09In hierdie opvolgartikel ontleed Johann Rossouw die breë argument van Bernard Stiegler se tweede vername werk, band twee van sy Tegniek en tyd-trilogie (1994, 1998, 2001), in Engels vertaal as Disorientation.
Aantekening: Internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof: problematiese aspekte en die implikasies daarvan
2014-12-03 Hein Lubbe ondersoek die problematiese aspekte en implikasies van die internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof.Antieke slawerny en die vroeë Christendom: teoreties-hermeneutiese perspektiewe, probleme, en die opkoms van Doulologie
2014-12-03 Hierdie artikel ondersoek die verskillende teoreties-hermeneutiese perspektiewe en primêrebronprobleme in verband met die studie van antieke slawerny in die vroeë Christendom.Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel
2014-12-03Hierdie artikel beskou 'n gevallestudie van die probleem van voorraadtoewysing aan Pep Stores Bpk. (PEP), een van die vernaamste kleinhandelaars in Suid-Afrika.
Swart onderwysstudente se belewing van hulle opleiding in vroeë kinderonderwysopleiding aan ’n voormalige wit universiteit: ’n gevallestudie
2014-12-03Hierdie artikel fokus op die ervarings van swart studente aan ’n voormalige wit universiteit binne die VKO-program en die mate waarin hierdie ervarings tot lae registrasiesyfers bydra.
Nasiebou in 'n eenheidstaat versus die toekenning van groepregte: Diskoerse oor die akkommodering van diversiteit met spesifieke verwysing na Afrika en Suid-Afrika
2014-12-02Elirea Bornman fokus in haar artikel op nasiebou in ? eenheidstaat en die uitsluitlike toekenning van individuele regte versus stelsels vir die erkenning van groepregte in heterogene en diepverdeelde samelewings.




