LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan

Geo Quinot Academic research 2013-03-29

"Die doel met hierdie artikel is om te fokus op die regsreëls wat spesifiek gemik is daarop om korrupsie in staatskontraktering te beveg en deur ’n ontleding van daardie reëls probleme te identifiseer wat sodanige oogmerk ondermyn."

Die spies van die nasie: Die demokratiese rol van die populêre media en avant-garde kuns in Suid-Afrika

Gawie Botma 2013-03-26 "Die polemiek en oproer in 2012 rondom die kunstenaar Brett Murray se uitdagende kunswerk The Spear – wat Jacob Zuma satiries as korrupte diktator met ’n ontblote penis uitgebeeld het – het verskillende vlakke van spanning en verskil in die Suid-Afrikaanse samelewing blootgelê."

Perspektiewe op die Noagitiese wette by Paulus, en die belang daarvan vir Joods-Christelike dialoog

Philip du Toit 2013-03-26 "Enige aanspraak op die onderhouding van Noagitiese wette as voorwaarde om as “God se mense” gekenmerk te word, skep juis probleme in die Joods-Christelike dialoog in dié opsig dat dit Joodse meerderwaardigheid laat voortduur."

Aantekening: Om globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen te herbedink

Louis Kotzé LitNet Akademies (Regte) 2013-03-21

Die woord antroposeen beskryf ... ook die nuwe konteks waarin ons voortaan sal moet besin oor hoe ons die uitwerking van globale antropogene ekologiese verandering moet hanteer. In hierdie bydrae word aandag gegee aan hoe die samestelling, funksies en oogmerke van globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen moontlik herbedink sal moet word.

Afrikaanssprekende emigrante: verliese en verwagtinge

Maria Marchetti-Mercer, Louw Roos 2013-03-20 "Dié artikel, wat deel vorm van ’n groter navorsingsprojek, fokus op sommige van die ondervindings eie aan Afrikaanssprekende emigrante. Die groter projek fokus op die impak wat emigrasie op die Suid-Afrikaanse gesinslewe het."

Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en oortreders in geweldsmisdade met verwysing na die rolprent The secret in their eyes

Annette van der Merwe 2013-03-18 "Suid-Afrikaanse slagoffers van gewelddadige misdade soos verkragting en moord kan tans verwag dat lewenslange gevangenisstraf as die swaarste moontlike vonnis aan hul oortreders opgelê word. Na vonnisoplegging is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet word, nie net vir die oortreder van belang nie, maar ook vir die slagoffer."

Op pad van ’n verdeelde na ’n gedeelde toekoms in die Afrikaanse taalgemeenskap: Die rol van die Afrikaanse Taalraad in die proses van versoening

Wannie Carstens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-03-15

"In hierdie artikel kom die toekoms van Afrikaans ook ter sprake [...] vanuit [...] hoe die taal se toekoms verseker kan word deur die inklusiewe Afrikaanse gemeenskap hierby te betrek. In watter mate die Afrikaanse Taalraad (ATR) hierdie rol kan vervul, en die werk wat hierdie liggaam sedert 2003 gedoen het, word hier bespreek."

’n Verkennende ondersoek na die ervaring van Suid-Afrikaanse universiteitstudente as lesers van Rut 2 aan die hand van Ignatiaanse meditasie

Helen Efthimiadis-Keith , Graham Lindegger 2013-03-13 "Hierdie artikel beskryf ’n verkennende ondersoek na die belewenis van ’n groep teologiese studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) by die lees van Rut 2 aan die hand van Ignatius van Lojola se meditatiewe tegnieke."

’n Persoonlike waardering van Michelangelo Merisi da Caravaggio (1571-1610)

Jannie Pretorius 2013-03-12 "In hierdie studie benut die navorser die 5D-siklus van Waarderende Ondersoek om ’n persoonlike waardering van die lewe en werk van Michelangelo Merisi da Caravaggio, Italiaanse meesterskilder, te doen."

Die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël en die verdere ontwikkeling van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg

Thino Bekker 2013-03-06 "Die navolging van die Romeins-Hollandse reg sal dan ook meebring dat die ekstrinsieke-getuienis-reël wel afgeskaf word en dat die getuienis wat voorheen as irrelevant beskou is weens die werking van die reël, deur die howe as hoogs relevant beskou kan word."

Die uitbeelding van gay manlikheid in die werk van drie debuutdigters

Marius Crous Academic research 2013-02-26

"Manlikheidstudies fokus nie soseer op die man se biologiese manlikheid nie, maar eerder op die histories-spesifieke sosiaal-gekonstrueerde opvattings oor manlikheid. Mans is geneig om volgens Pronger man-wees met manlikheid te verwar."

Leerbestuurstelsels teenoor sosialenetwerk-omgewings: die ontwikkeling van ’n geïntegreerde tegnologiese onderrig-leer-model

Imelda Smit, Linda du Plessis 2013-02-20 "Deur die navorsing wat tot die artikel gelei het, is ondersoek hoe studente se persepsies van gesamentlike leer, sosiale teenwoordigheid en vlakke van leer mekaar beïnvloed."

Die invloed van ’n werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie op die diensverhouding met die werknemer, met die oog op ondernemingsredding as moontlike alternatief

Denine Smit, Veruschka Vergottini 2013-02-19 "Hierdie artikel stel eerstens ondersoek in na werknemers se regte met die likwidasie/sekwestrasie van hul werkgewer soos dit tans in die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op Insolvensie 24 van 1936 vervat is."

’n Ondersoek na die bevoegdhede en aanspreeklikheid van die ondernemingsreddingspraktisyn as maatskappydokter

Lézelle Jacobs 2013-02-12 "Die ondernemingsreddingspraktisyn is die sleutelfiguur in die reddingsverrigtinge en derhalwe is dit noodsaaklik om ondersoek na die werksaamhede van hierdie belangrike rolspeler in te stel."

’n Ondersoek na die waarde van historiese fiksie: drie geskiedkundige romans in oënskou geneem

Gerda Taljaard-Gilson 2013-02-12 "Skrywers herwin nie die verlede net om sekere gebeurtenisse in herinnering te roep nie, en lesers lees nie geskiedkundige romans net om vermaak en ingelig te word nie."

Rapport se beriggewing oor skoolgeweld 1994–2011: ’n multidimensionele sosiale probleem

Corene de Wet Academic research 2013-02-05

 "Berigte oor skoolgeweld wat in Rapport verskyn het, toon ’n redelik volledige beeld van skoolgeweld in Suid-Afrika"

Wat oor is, is die Self: verblyf in ’n boomholte in Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-01-28

"Die kremetartekspedisie bied op unieke wyse literêre uitdaging aan die Westerse instrumentele (diensbaarheid-) beskouing van die natuur."

“Transnasionale konteks” in die regspraak van die konstitusionele hof in Suid-Afrika: ’n variasie op die tema van grondwetsvertolking

Lourens du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2013-01-23

"Hoe geredelik is transnasionale wysheid tot dusver toegelaat om parogiale oorwegings in nasionale grondwetsvertolking in Suid-Afrika te verruim of selfs te troef?"

Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning?

Amanda du Preez 2013-01-21 "Die selfportret beleef tans ’n oplewing aanlyn en word deur sommiges selfs as die volkskuns van die digitale era bestempel."

Motorfietskultuur in Suid-Afrika: Van leefwyse tot leefstyl

Danie Jordaan 2013-01-16 "Die vryskutjoernalis Hunter S. Thompson se opspraakwekkende boek Hell’s Angels: A strange and terrible saga (1967) is waarskynlik die wêreld se eerste omvattende beskrywing van motorfietskultuur."
Top